Verstekeling moontlik in Johannesburg by vliegtuig ingekruip

Foto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die manlike verstekeling wat verlede Sondag uit ʼn Kenya Airways-vliegtuig getuimel het kort voordat dit op die Heathrow-lughawe in Londen geland het, het moontlik in Suid-Afrika by dié vliegtuig ingekruip.

The Sun berig die man het moontlik gedurende ’n vorige vlug vanaf Suid-Afrika na Kenia in Johannesburg by die vliegtuig se onderstel ingekruip en geskuil.

Dié vlug van vier ure en sowat 4 800 km ver het Sondag in die vroeë ure uit die Goudstad vertrek waarna die vliegtuig omstreeks 07:00 plaaslike tyd in Nairobi geland het.

Dié vliegtuig het ʼn paar uur later na Londen, sowat 6 400 km verder, vertrek.

Volgens The Mirror beteken dit dat die man moontlik 15 ure in die vliegtuig se onderstel weggekruip het voordat hy in Engeland uit die vliegtuig getuimel het.

Maroela Media het vroeër berig die liggaam het onderweg na Heathrow-lughawe in ʼn tuin in Lambeth in die suide van Londen te lande gekom. Volgens die polisie het die persoon waarskynlik in die vliegtuig se onderstel geskuil.

Die vliegtuig is deursoek nadat die liggaam ontdek is en ʼn sak met kos en klere is naby die landingstoerusting gekry.

Volgens Charles Owino van die Keniaanse polisie was daar glo vantevore gevalle van verstekelinge wat op vlugte tussen Suid-Afrika en Kenia weggekruip het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

lewies ·

Ek vertou en hoop dat ons en ons kinders nooit aan hierdie HOOPLOSE EN DESPIRATE pogings om weg te kom, blootgestel sal word nie. Ons dink ook aan hulle wat met bootjies uit die oorlog-getysterde lande in die Midde Ooste vlug om ‘n nuwe lewe elders te probeer vind . SKRIKWEKKEND!!

Attie ·

Dit gebeur net te gereeld!! Iewers gaan ‘n vliegtuig probleme ontwikkel wat passasiers se lewens gaan kos.

Annemarie ·

Hoe is dit moontlik dat enige iemand deur al die sekuriteitstelsels op ñ lughawe op so manier op ñ vliegtuig kan klim nie! Iemand moet hom mos dan help.

Feit ·

Die probleem begin by oorbevolking! Om te ontsnap van die onmenslike, abnormale toestande, sal mense die ondenkbare doen. Met al die kennis wat die mensdom nou het, gaan dit nou die slegste wat dit nog ooit gegaan het met die meerderheid mense! Arm, honger , werklose mense is desperaat!

Pieter ·

It is raining men. Nooit gedink die liedjie sal werklikheid word nie, en toe val die reën ook nog in ‘n tuin.

Gert van Wierdapark ·

Met die Haas en ernstig Ondersoeke waarop die OB fo-kus, lyk dit pasgemaak dat sy die voorval ondersoek en ‘n bevinding maak!! He-he-he!

Manna labuschagne ·

Daar is video meteriaal wat wys waar die man ingeklim het dit was in Kenya en nie in S.A. nie

SjN ·

Tragies , wou seker wegkom agv al die onwettige vreemdelinge wat uitgenooi word in SA en al die jobs kry

George in Bloem ·

Swak en slap sekuriteit. Kon net sowel ‘n selfmoordbommer gewees het……..

Hennie ·

Die vliegtuig vervaardigers kan gerus kameras aanbring in die wiel stoor gate!

Pretty ·

fantastiese SEKURITEIT by OLIVER TAMBO Sien ek .. NEE dis jou eie skuld as jy sulke dom dinge doen .moenie verskoning maak vir hierdie man nie … Dit kon ‘n TERRORIS gewees het wat ‘n hele vliegtuig se mense se lewens kon geneem het .. HOU OP SIMPATIE soek ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.