
Die mans is glo ontdek en het reddingsbaadjies en ‘n tuisgemaakte vlot gekry voor hulle beveel is om die skip te verlaat. (Foto: IPSS Medical Rescue)
Twee Tanzaniërs wat glo op ʼn boot geskuil het wat uit die Durbanse hawe vertrek het, het naby Zinkwazi op die strand uitgespoel.
Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê hulle is na die strand ontbied ná berigte dat die twee verstekelinge daar uitgespoel het.
Hulle is op die strand behandel.
“Die mans het beweer die bemanning van die boot [waarop hulle weggekruip het] het hulle ontdek en gedwing om die skip te verlaat nadat hulle vir die verstekelinge lewensreddingsbaadjies en ʼn geprakseerde vlot gegee het,” het Herbst gesê.
Die mans het drie dae lank op die see rondgedobber voordat hul bootjie naby Zinkwazi uitgespoel het.
Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem.
Herbst het gesê die polisie was ook op die toneel en sal die kwessie verder hanteer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
So dis hoe mens jou land verlaat: jy versteek jou op ‘n boot. Wat dan nou van ‘n paspoort kry, vir ‘n visum aansoek doen en by ‘n ander land se grenspos ingaan?
“No ticket to ride” – (Geleen by BeeGees)
Wat maak 2 Tanzaniese burgers in die Durban hawe ,en ek wed hulle was nog onwettig daar.Die land word nou n lê plek vir al wat n verlore afrika siel is….scary
ek weet , waar ek werk in bank, ons kry baie onwetige mense in sa, het so twee weke terug iemand gehad wat laas wetting in sa was 2007, en toe vertel hy ons hy gaan gereeld huistoe zim toe…..en dis maar net een …. daatr is miljoene ander
Die mrk moet dadelik na die boot toe roei wat so onmenslik optree en hulle beboet ….