ʼn Fetus is Woensdagaand in ʼn drein in Birchleigh in Kempton Park ontdek nadat loodgieters uitgeroep is om ʼn verstopte drein oop te maak.
Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die fetus is omstreeks 18:00 deur die loodgieters ontdek.
“Ons paramedici is na die toneel ontbied toe loodgieters op die liggaam afgekom het nadat hulle uitgeroep is om ʼn verstopte drein oop te maak,” het Siddall gesê.
Volgens haar het paramedici by hul aankoms op die toneel omstreeks 22:00 die fetus op die sypaadjie aangetref. “Dit was duidelik die fetus was al ʼn geruime tyd dood,” het sy gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.
Sjoe dis grieselrig. Wonder of hul kan bepaal of dit van een van die huise in die straat kom.