Verstrengelde jong boggelrugwalvis gered

Foto verskaf deur SAWDN

ʼn Jong boggelrugwalvis is Saterdagoggend naby Miller’s Point, tussen Simonstad en Kaappunt gered nadat hy verstrengel geraak het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse walvis-ontknopingsnetwerk (SAWDN), het gesê ʼn boot in die omgewing het die organisasie in kennis gestel van ʼn 7 meter lange walvis wat vermoedelik verstrengel geraak het in vislyn en drywende boeie wat aan die seebodem vasgemaak is.

“Lede van SAWDN, aan boord twee vaartuie van die NSRI Simonstad, is na die toneel ontplooi. Die boot, wat alarm gemaak het, het ook op die toneel gebly en hulle word geloof vir hul bystand,” het Lambinon bygevoeg. Die walvis se lyf en vinne was in die vislyn en boeie verstrengel. “Tussen tien en twaalf snye moes gemaak word om die walvis te ontknoop.”

ʼn Groter walvis, vermoedelik die jong boggelrugwalvis se ma, het ook in die gebied gebly en hulle het ná die ontknoping saam weggeswem.

“Ons is vol vertroue dat dit ʼn suksesvolle operasie was.”

Die boeie en vislyn is van die toneel verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oceanminded ·

Verwyder die idiote wat nette aan die seebodem vasmaak ook asseblief! Van die aarde af , as dit moontlik is!

Rudolph van Wyk ·

Hou op om seediere te eet dan sal daar nie vislyn en nette in die oseane rondlê nie. See diere bevat geen voeding wat ons nie elders kan kry nie

Jan Brand ·

Ai, die arme seelewe wat blootgestel is aan die mens se aksies

Anne ·

Dankie tog vir goeie nuus. Dankie aan die nsri vir alles wat julle doen. Ek bly langs die kus en julle het al baie lewens gered en help ook seelewe soos hierbo. Baie dankie nsri.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.