Vertel ʼn grap en wen ʼn vakansie na Mauritius!

Grappe is so eie aan Afrikaans soos koeksisters, biltong en pannekoek. En veral in ʼn tyd waarin peste en pestilensies ons almal pê het, is ons Afrikaanssprekendes mos bekend daarvoor dat ons vinnig-vinnig ʼn gepaste (en soms onvanpaste) grappie uitdink om mekaar beter te laat voel. So haal jou beste grap uit en laat jou mede-Maroela-lesers skater tot hulle lê. Lag is immers die beste medisyne!

Ter viering van Maroela Media se tiende verjaardag in 2021 is ons op soek na die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye. Boonop staan jy die kans om een van twee vakansies na Mauritius te wen met die komplimente van World Leisure Holidays*!

Maroela Media se lesers het in 2012 vir Paul Kruger aangewys as die Grootste Afrikaner van Alle Tye, en daarna, in 2013, die liedjie “Kinders van die Wind” (Koos du Plessis) as die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye. Nou is dit jou beurt om ons te help om die Grootste -tradisie voort te sit, en ons te help om die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye te vind. Dis ʼn ernstige saak dié.

Wat moet jy doen?

Besoek grootstegrap.co.za en stuur vir ons jou snaaksste [skoon] grap voor 26 September. Dit hoef nie jou eie grap te wees nie, want wie sal dan nou tog weet wie eerste met dié grappie vorendag gekom het?! As die grap Afrikaans, (skoon) en snaaks is, dan kom hy in aanmerking om as die grootste grap aangewys te word! Enige grap – van Jan van der Merwe- en klop-klop-grappe tot skoolgrappies, grappies met ʼn woordspeling en storiegrappe kan ingeskryf word. Jy kan ʼn maksimum van drie grappe inskryf.

Dié grappe gaan dan deur ʼn paneel beoordeel word sodat ons die top-50 grappe kan saamstel waarvoor jy kan stem. Die top-10 grappe word dan aangewys, en jy sal nog ʼn keer vir jou gunsteling kan stem voor die wengrap aangewys word.

Grappe in beide rondes sal ook deur die beoordelaars – almal gedugte grapvertellers – beoordeel word.

skryf in

Hoe kan jy wen?

Onthou: Jy wen nie omdat dit jou grap is of omdat jy die beste grapverteller is nie, maar omdat jy die wengrap ingeskryf het.

  • Die persoon wat die wengrap heel eerste ingeskryf het – maak nie saak in watter formaat nie – sal uiteindelik as die wenner van een van die Mauritius-vakansies aangewys word.
  • Een persoon wat aan die stemproses vir die top-50 en die top-10 grappe deelgeneem het, se naam sal lukraak getrek word en die tweede vakansie na Mauritius wen.

Wat kan jy wen? 

Eerste prys: ʼn Vakansie vir twee na Mauritius ter waarde van R70 000 

As jy eerste die wengrap ingeskryf het, wen jy ʼn vakansie na Mauritius* met die komplimente van World Leisure Holidays ter waarde van ongeveer R70 000 – afhangende van die seisoen.

Dit sluit in:

Sewe nagte vir twee persone wat ʼn kamer deel, by die vyfster- Sugar Beach Resort, insluitend die volgende:

  • Retoervlugte tussen Johannesburg en Mauritius in ekonomiese klas
  • Sewe nagte in ʼn Deluxe-kamer
  • Ontbyt en aandete
  • Retoer na en van die lughawe in Mauritius met hotelvervoer
  • Alle komplimentêre water- en landsport soos uiteengesit in die hotelbrosjure
  • Reisversekering.

Let op: Die prys is geldig tot 31 Desember 2022.

Uitgesluit:

  • Jou vervoer na en van die lughawe in Suid-Afrika
  • Lughawebelasting van ongeveer R4 400 per persoon (afhangend van die lugredery)
  • Alle drankies en items van persoonlike aard, soos byvoorbeeld wasgoeddienste ens.

Tweede prys: ʼn Vakansie vir twee na Mauritius ter waarde van R50 000

As jy aan die stemmery vir die top-50 of top-10 deelneem en jou naam word uiteindelik lukraak getrek, wen jy ʼn vakansie na Mauritius* met die komplimente van World Leisure Holidays ter waarde van ongeveer R50 000 – afhangende van die seisoen.

Dit sluit in:

Vyf nagte vir twee persone wat ʼn kamer deel, by die vyfster- Longbeach Resort, insluitend die volgende:

  • Retoervlugte tussen Johannesburg en Mauritius in ekonomiese klas
  • Vyf nagte in ʼn Junior Suite
  • Ontbyt en aandete
  • Retoer na en van die lughawe in Mauritius met hotelvervoer
  • Alle komplimentêre water- en land sport soos uiteengesit in die hotelbrosjure
  • Reisversekering.

Let op: Die prys is geldig tot 31 Desember 2022.

Uitgesluit:

  • Jou vervoer na en van die lughawe in Suid-Afrika
  • Lughawebelasting van ongeveer R4 400 per persoon (afhangend van lugredery)
  • Alle drankies en items van persoonlike aard, soos byvoorbeeld wasgoeddienste ens.

Nou toe – moenie op jou laat wag nie, skryf nou in by grootstegrap.co.za! Ons gaan tog te lekker lag.

*Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nie Verbaas ·

Geen korrupsie deur ANC nie en korruptes kry lewenslank tronkstraf en EFF word welsynsorganisasie vir wit kinders.

Prontuit ·

Dinge gaan beter word in Suid Afrika! wha ha ha ha ha ha grootste grap ooit

Ockert ·

Hi. Ek het verskeie kere probeer om in te skryf vir hierdie kompetisie, maar dit bly die heel tyd se dat alle velde voltooi moet word, alhoewel ek alles ingetik het. Naam en van, e-pos adres, sel nommer en grappie. ek het elke boksie getik. kan ek hierdie grappie eerder vir julle e-pos?

Nie Verbaas ·

Klink my dit is die grappie en dit is nie eers 1 April nie.

Belinda ·

Feit dat hulle dink daar is mense wat Zuma gaan help met sy regskostes….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.