Vertroue in polisie, howe neem drasties af

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Suid-Afrikaners se vertroue in die polisie hou aan om drasties af te neem, maar nietemin vertrou hulle die polisie meer as die howe.

Dit is die bevinding wat blyk uit ʼn meningspeiling deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) oor hoe Suid-Afrikaners misdaad die afgelope boekjaar ervaar het.

Luidens die peiling het die persentasie huishoudings wat meen die vlak van gewelddadige misdade het die afgelope drie jaar gestyg, toegeneem. Minstens 20% van Suid-Afrikaners voel nie veilig om deur die dag in die omgewing waar hul woon rond te loop nie.

Suid-Afrikaners se tevredenheid met die polisie en die howe neem steeds af. Net sowat die helfte van Suid-Afrikaners is tevrede met die polisie in hul omgewing terwyl slegs 40% van Suid-Afrikaners tevrede is met die manier waarop howe beskuldigdes hanteer.

Tevredenheid met die polisie het in al die provinsies, behalwe die Wes-Kaap en die Vrystaat, afgeneem terwyl tevredenheid met die howe in al die provinsies, behalwe Noordwes, afgeneem het.

Luidens die peiling ervaar respondente dat eiendomsmisdaad met 5% toegeneem het. Die items wat die meeste in 2017/2018 ten tyde van huisinbrake gesteel is, is klere (32%), selfone (24%) en kos (22%).

In die Wes-Kaap is die grootste daling in misdaad teenoor individue aangemeld terwyl eiendomsmisdaad en misdaad teenoor individue die grootste styging getoon het in Noordwes.

Suid-Afrikaners se persepsie neem ook toe dat gewelds- en eiendomsmisdaad die afgelope drie jaar gestyg het.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA. Foto: Twitter

John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het in reaksie op die bekendmaking van die peiling gesê Suid-Afrikaners verloor nou teen ʼn kommerwekkende tempo vertroue in die polisie. Volgens Steenhuisen word Suid-Afrikaners ook al hoe meer daarvan weerhou om hul lewens ten volle te leef weens ʼn vrees vir misdaad.

“Volgens die verslag meld meer as die helfte van Suid-Afrikaners nie inbrake by die polisie aan nie omdat hulle nie glo die polisie kan iets daaraan doen nie.”

Een uit drie Suid-Afrikaners besoek nie oop ruimtes nie uit vrees vir misdaad. “17% van huishoudings wil nie hul kinders buite laat speel nie as gevolg van dié vrees. Dit het ook tot gevolg dat 14% van respondente nie winkel toe wil loop nie.”

Volgens Steenhuisen is daar ook bevind dat slegs ʼn kwart van huishoudings glo dat die polisie binne 30 minute op ʼn noodgeval sal reageer terwyl een uit tien mense dink die polisie sal glad nie opdaag nie.

“Suid-Afrikaners verdien om in buurte te woon wat veilig is en om in ʼn eerlike polisiemag te glo. Die ANC-regering het versuim om die fundamentele regte aan Suid-Afrikaners te bied en het bewys hulle kan nie misdaad bestry nie,” het hy bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

PJC ·

Hierdie meningspeiling weerspieël presies my mening ook. Ek hoop maar ek beland nooit in ń hof nie want ek het geen vertroue in die regstelsel meer nie.

alida ·

Sommige SAPD lede is dan self die kriminele en betrokke by misdaad. Nie almal nie maar 80% het nie die nodige opleiding of klaringstoetse gedoen nie. Skrikwekkend hoe die regering werk skep.

Koos B ·

Ek vertrou hulle glad nie.Ek het ‘n dief op een dag twee keer gevang en oorhandig.Die eerste keer het hy ontsnap terwyl ek hom in hul sorg gelaat het.Die twede keer het hy na een nag in die selle 11Hoo die volgende oggend verby my kantoor geloop gelag en vir my gewaai. Op navraag by die polisie stasie reken hulle ek moet by die hof gaan hoor hoekom is hy vrygelaat.Het tot nou toe vyf jaar later nog niks van die saak gehoor nie.

Human ·

Vergelyk bogenoemde artikel met die SA Parlement, dan kan dit nie normaal in SA gaan nie.

ne ·

SAP is korrup, lui, betekenloos! Dit is moeite om hul dag taak te verrig. In ons dorp is ‘n hele paar polisie dames wat nie eers hul vuurwapen lisensies kan kry nie. Nou wat soek hulle in die SAP? Kry net maandeliks die geldjies…

Chris Ws ·

In die NP bedeling was ‘n polisieman beskou as jou vriend.Dis verby.Ek beskou huidiglik ‘n polisieman (tensy ek hom/haar persoonlik KEN) as ‘n vyand tot hy anders bewys.Ek en my vrou vertrou GEEN polisieman meer nie.Mens kan vir jou eie veiligheid eenvoudig nie anders nie.

zoom zoom ·

Die enigste lid van die polisie eat werk is Beki Cele. Sy werk is om van winkel tot winkel te gaan om hoede te pas en dan gaan maak hy lee beloftes en so is sy dag om tot môre.

leser ·

wat help dit om ‘n inbreker te vang
tot 6 uur later daag sapd op of glad nie
more loop jy die inbreker weer raak, vraag aan polisie, waarom is hy uit, hy het vrye borg gekry, VRYE BORG, nou vra ek jou, wat help dit om misdaad te probeer bekamp
as gpf lid is ek deel van die oë en ore van die polisie, ongelukig het ek doof en blind geraak

Jerry ·

Solank as wat daar wantroue heers tussen die verskillende groepe, vir solank sal daar nie vertroue wees in enige diens wat enige groep lewer nie. Die wat die diens lewer en die wat die diens ontvang sal fokus op die negatiewe. Wantroue tussen die verskillende groepe is die kern van diepliggende probleme al van oom Paul se tyd af en dieselfde probleme is nog steeds met ons agv wantroue! Ons sien elke dag dat dit maak nie saak of n groep n goeie of slegte intensie openbaar nie, beide intensies word deur ander groepe met minagting bejeen agv totale wantroue! Dis hoe dit was, is en sal wees tot in lengte van dae. Wantroue veroorsaak dat mense hardhorende blind en doof is teenoor mekaar se menswees behoeftes, verskille en belange en in sommige gevalle teenoor selfs hulle eie mense! Ons sien ook watter groot rol wantroue speel onder die politici in verskillende faksies van dieselfde politieke party! Ons sien hoe dat wantroue politieke haatspraak en diskriminerende beleid tot gevolg het en hoe wantroue lei tot weerstand en ondermynende optredes. Daar word baie aandag gegee aan baie ooglopende probleme soos bv rassisme, maar net nooit nie aan wantroue wat eintlik die diepliggende kern van al die probleme is!

Willem ·

Welkom in Damaskus. Dis omdat ons nie kan versoen met dit wat teen ons ingesteldheid en waardesisteem is.

AW ·

“In those days, the relationship between police and prosecutors was very close. Now, there is no relationship between them.” (Page 44)

“You also learned that policemen are just people. Often, what was thought of as police brutality was just people losing it in circumstances where most people would have lost it. Police see such terrible things. They go to the scene of the crime and pick up the bits and pieces. They have their dogs stabbed or killed in front of them. And if that gave them nightmares, then they drank brandy until they no longer had nightmares.” (Page 45)

(Rule of Law by Glynnis Breytenbach with Nechama Brodie : 2017)

AW ·

“I wouldn’t want to go back now, to how it is now. The criminal justice system is dysfunctional. There are no consequences to not doing your job. It is very sad to see.” (Page 33)

(Rule of Law by Glynnis Breytenbach with Nechama Brodie : 2017)

AW ·

“Daily we witness the spectacle of people in high office escaping judicial scrutiny and retribution because they are able to manipulate the levers of office to deflect any scrutiny of their action.

In South Africa, the ruling party under Jacob Zuma has routinely manipulated the National Prosecuting Authority to deflect the criminal trail of Zuma for fraud.

The ruling party has saturated the bench with minions and political cronies often of mediocre talent in order to achieve its political will. (Page 170)

(Justice Denied – The Role of Forensic Science in the Miscarriage of Justice by David Klatzow – 2014)

AW ·

“One of the major problems in dealing with prosecutorial conduct is that there is no accountability. It is rare that a prosecutor is charged for dishonesty in his or her conduct of a case. The reasons for this are quite clear. Prosecutors thrive in their own environment by winning cases, not by seeing to justice.” (Page 197 & 198)

(Justice Denied – The Role of Forensic Science in the Miscarriage of Justice by David Klatzow – 2014)

AW ·

“There is no doubt that Sir Robert Peel deserves credit for the development of the modern concept of police organisations.
However, his pronouncement in 1829 that the primary function of the police is crime prevention – although understandable for the time – created a number of dilemmas for the police.
Although Sir Robert’s contribution to policing is acknowledged, it is this pronouncement (or dictum) of 175 years ago that is challenged in this book
Extensive research has shown that the police do not prevent crime.
The body of knowledge now available in relation to criminology and policing proves that the 1829 dictum can no longer stand.
But, precisely because this dictum is so ingrained in the public mind, is contained in legislation, and is supported by the police themselves, it will be a difficult task to change it.” (Page 140 & 141)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

“Although the police cannot really prevent crime, they can affect crime, both directly and indirectly.” (Page 58)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

Max Berg ·

Die handhawing van maatskaplike orde wat versoenbaar is met die grondwetlike aansprake van elke individu in die RSA kom nie op die pligstaat van polisiebeamptes voor nie.

Johanna Botha ·

Staatskaping of Life Esedimeni …iemand al in die tronk ….uummm NEEEE !

Johanna Botha ·

Staatskaping of Life Esedimeni …iemand al in die tronk ….uummm NEEEE ! Polisie en NVG = USELESSSS !

Ben ·

Wat pla is waneer regters buite hulle jurisdiek optree en hy/sy word nie gekorigeer deur hulle instansies of peers nie. Ander wat pla is die teenstrydige uitsprake wat betref die ” K” woord en Haatspraak. Dit is asof daar daar rassisme onder die regsbank is. Een stel reels vir die een groep en ander stel reels vir die ander groep. M.a.w hulle is nie konsekwent nie. Die “K” woord mag miskien ‘n belediging wees vir sommiges maar van die haatspraak is oproep tot “genocide”. Dit is erenstig. Met ons beperkte Polisie bronne behoort belediging sake nie eers aangehoor te word nie in die lig gesien van die Massa Verkragtings, Diefstalle, Moord, Vandalisme en Korrupsie.

Asjas ·

Ek moes vandag hoor “jy kan ‘n saak by die polisie gaan maak maar jy mors jou tyd, hulle gaan dit nie ondersoek nie” Hoeveel SA’ners moet dit nie daagliks hoor nie. Dus jul crime stats is hopeloos verkeerd en so by the way, ek vertou ook nie SSA nie!!

Sons ·

Ek het my vertroue lankal in die polisie verloor en die regstelsel.

JV ·

20% is te bang om in hulle omgewing rond te stap? Daardie persentasie is heeltemal te laag. Hierdie statestieke lyk nie geloofwaardig, dit is heeltemal te laag.

Israel ·

Gaan vra enige polisiebeamte volgens watter artikel , regulasie of wie gee hom die bevoegtheid om iemand te arresteer ,hy nie vir jou sal kan sê nie.Dis skrikwekkend wat party van hulle weet .

AW ·

“We” as the general public / community “know” that Section 39 (The Manner of Arrest) and Section 40 (list the verious categories of arrest without a Warrant) of the Criminal Procedure Act, (Act 51 of 1977) are applicable !!!

The CPA lists four methods of securing the attendance of an ‘accused person’ in court.

The methods of securing attendance in court are:
1. arrest;
2. summons (for lower courts only);
3. written notice in terms of section 56 of the CPA (for magistrates’ courts only); and
4. indictment (for the High Court only).

Arrest must be the Last Resort,
However most people with in South Africa Do Not carry with them Legal Regogniced Identification (example: Green ID book / Smart Card ID / Valid Passport / Valid Driving Licence); Therefore the arresting official has no Choice but to take the Suspect / Person of Interest, to the police station to confirm, that suspects / person of interest’s – positive identification and correct physical residential address!!

However, just doing that has its own Unique Challenges.

When you are Arrested, you are also Detained !!

However, when you are Detained, you are not necessary Arrested!!

We as the citizens of South Africa DO KNOW “our rights” ….even the non South African people know their rights.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.