Vervaardigers van skaars produkte gevra om aan te meld

Argieffoto (Foto: Hank Williams/Pixabay)

Die vervaardigers en verskaffers van tien produkte waarin Suid-Afrika ‘n tekort ondervind is gevra om dringend met die nasionale tesourie in aanraking te kom sodat dit spesifiek vir die bekamping van die koronavirus (Covid-19) bekom kan word.

Die nasionale tesourie het die versoek Dinsdagmiddag by wyse van ‘n mediaverklaring gerig. Die tien produkte is:
Weggooibare voorskote;
Beskermende mediese kleredrag;
Beskermende oogbedekking;
Mediese handskoene;
Skoenbedekkers;
Beskermende kopbedekkings;
Sakke vir die verwydering van skadelike middels (biohazards);
Ventilators;
Alkoholiese kliniese ontsmettingsmiddel; en
Venturi-maskers.

Voorkeur sal aan plaaslike vervaardigers gegee word. Ondernemings kan aanmeld by [email protected]

Alle aansoeke moet die naam van die vervaardiger/verskaffer, die maatskappy se registrasienommer, die Sentrale Verskaffersdatabasis-nommer (CSD-nommer) en ‘n aanduiding van watter van die tien produkte verskaf kan word, bevat.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eerlik

Dis vooraad wat enige normale mediese instansie in hordes moet aanhou. Hoe kan hulle glad nie by huidige vervaardigers regkom nie, seker nooit stock take gedoen nie.

Anel

En hulle moet seker bee, seb, ens wees!

Astrain

Bo aan lys : jy moet n vorige “benadeelde” wees…

Jeff

Nee dit is meld aan sodat ” ons” kan plunderskep. SOE’S kort fondse