Polisiebeamptes by die Ngqura-hawe het Maandag beslag gelê op vervalste parfuum, bordspeletjies en ongeregistreerde kiemdoders van ʼn winkel in William Moffettstraat in Gqeberha (Port Elizabeth).
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes, beamptes van die SAID, departement van landbou en patentregprokureurs het omstreeks 12:00 die winkel deursoek en beslag gelê op 809 bottels parfuum met verskillende handelsmerke; 83 bordspeletjies; en verskeie handelsmerke van ongeregistreerde kiemdoders.
Die totale waarde van die gekonfiskeerde items beloop byna R1,4 miljoen.
“ʼn 25-jarige man is ʼn boete van R5 000 opgelê en die goedere is aan die geregistreerde patentregprokureurs oorhandig vir berging by ʼn gelisensieerde pakhuis,” het Naidu bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Ek wens hulle wil strenger beheer toepas met al diè vervalste gemors wat van China af in SA in kom, en baie grooter boetes en strawe daarvoor gee
Ou nuus…wat is nuut?