Vervalste goedere by PE-hawe gevind

Ngqura-hawe (Foto: Source (WP:NFCC#4) via Wikimedia Commons)

Polisiebeamptes by die Ngqura-hawe het Maandag beslag gelê op vervalste parfuum, bordspeletjies en ongeregistreerde kiemdoders van ʼn winkel in William Moffettstraat in Gqeberha (Port Elizabeth).

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes, beamptes van die SAID, departement van landbou en patentregprokureurs het omstreeks 12:00 die winkel deursoek en beslag gelê op 809 bottels parfuum met verskillende handelsmerke; 83 bordspeletjies; en verskeie handelsmerke van ongeregistreerde kiemdoders.

Die totale waarde van die gekonfiskeerde items beloop byna R1,4 miljoen.

“ʼn 25-jarige man is ʼn boete van R5 000 opgelê en die goedere is aan die geregistreerde patentregprokureurs oorhandig vir berging by ʼn gelisensieerde pakhuis,” het Naidu bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tanja ·

Ek wens hulle wil strenger beheer toepas met al diè vervalste gemors wat van China af in SA in kom, en baie grooter boetes en strawe daarvoor gee

Tubac ·

Daarvoor is die bakhande te groot. Dit is ook te veel moeite om van die stoel op te staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.