Vervalste goedere, dwelms van meer as R8 mil. by OR Tambo gevind

Argieffoto

Doeanebeamptes het beslag gelê op ʼn beduidende hoeveelheid vervalste goedere en dwelmmiddels by OR Tambo Internasionale Lughawe.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het gesê die goedere weeg in totaal 1998 kg met ʼn geraamde waarde van meer as R8,3 miljoen. Die goedere is die afgelope naweek gevind tydens ʼn klopjag op verskeie vragskure by die lughawe. Doeanebeamptes het verskeie vragte van Hongkong oopgemaak wat bestem was vir residensiële adresse in Gauteng.

“Daar is beslag gelê op selfone, tekkies, T-hemde, sweetpakbaadjies en goedere van luukse handelsmerke in verskillende vragskure,” het hy gesê. “Dit sluit 13 besendings van ʼn bekende klerehandelsmerk in. Die goedere het in totaal ʼn geraamde waarde van R3 240 000 en weeg 775 kg.”

In nog ʼn voorval oor die naweek het ʼn snuffelhond ʼn vroulike passasier van Sao Paolo voorgekeer wat met 6,945 kg kokaïen gereis het ter waarde van R1 998 000. “Haar bagasie het verskeie pakkies ingehad wat as ‘Brasiliaanse koffie’ gemerk is. Die stof het positief vir kokaïen getoets.” Die vrou was op pad na Mosambiek. Die Suid-Afrikaanse Polisie het haar in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Lekker maklike deurgang en toegang vir en van blatante moderne terroriste. Verspry met gemak die Wêreld vol van wat ook al hulle wil. Hoe anders met n Internasuonale Lughawe wat SKOKKEND is as dit by sekuriteit en veiligheid kom. Jy word rot en kaal.gesteel as jy vir n oomblik nie op jou bagasie sit nie. En kom jy buite…word jy oorval deur n massa ongewenste karaters wat jou oorweldig met hulle arrogante aandrang tot “hulp” rondom jou bagasie. Weljom o Afrika Attitude in ons geliefde land!

Showerhead ·

Die feit dat een of twee mense of vragte gereeld onderskep word beteken dat OR Tambo sterk geteiken word vir die inbring van ongewenste materiaal – veral dwelms. Die vraag is hoeveel keer word hierdie dwelms gemis? Ek glo heelwat!

John ·

Weer en weer en weer… Hier moet ‘n groot afsetgebied wees. SA is verrot van kop tot tone en die regte rotte wag hul kans af…

Wonder maar net ·

Ons sit tans met ‘n paar Suid Afrikaners in die buiteland wat of lewenslange tronkstraf uitdien of ter dood veroordeel is weens die smokkel van dwelms, wat maak ons land anders. Dis dalk tyd dat hier nog strenger opgetree word, ander lande stel ‘n mooi voorbeeld, hoekom nie ons nie.

Willie ·

Terwyl hulle die 1 gestamp het, het die grote by die ander hek uitgery…. dit werk gewoonlik so.

Scalla ·

Hierdie is slegs enkele gevalle wat uitgewys of gekry word, die smokkelaars buit die onvermoe van die reg uit, wonder hoeveel vragte gaan dus ongesiens deur. Lekker in die nuwe RSA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.