Vervalste goedere van R26 miljoen gevind

Argieffoto (Foto:
(Foto: David Ritchie/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van ongeveer R26 miljoen en meer as R400 000 kontant tydens ʼn operasie in die Johannesburgse middestad.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê verskeie wetstoepassingsagentskappe, waaronder die Gautengse verkeerspolisie, Johannesburgse nooddienste, ER24 en personeel van Brand Managers Owners, het Vrydag die soektog uitgevoer in die middestad en beslag gelê op die vervalste goedere en kontant.

“Vier persone is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vervalste geld, en 202 verdagtes is in Ekurhuleni aangekeer in verband met verskeie misdade, van onwettige immigrasie, diefstal, ontvoering, moord, roof, verkragting en ander ernstige en gewelddadige misdade,” het Makhubela gesê.

Die polisie het inligting ontvang oor onwettige handel in ʼn gebou in Johannesburg op die hoek van Jeppe- en Von Willichstraat. “Polisie het op verskillende handelsmerkklere en skoene van internasionale sport- en luukse handelsmerke afgekom. Kenners het bevestig die handelsmerke op die klere is vervals. ʼn Voorlopige ondersoek beraam die waarde van die klere op R26 miljoen.”

Die verdagtes sal binnekort in verskeie landdroshowe in Gauteng verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Niné

Hoe het die vervalste handelsware in die eerste plek die land binne gekom? Wie is betaal om weg te kyk by doeanes en lughawens? Daar is waar die probleem le, maar ek hoor nooit dat hulle gearessteer word nie.

Johan Venter

Daar word die afgelope twee jaar so 190,000 rowe elke jaar by die polisie aangemeld, mens wonder wat die werklike syfer is as daardie wat dit nie aangemeld het nie bygetel word. As mens al die eise wat by die versekeraars aangemeld word tel, sal dit insgelyks ook nie vir ons die volledige prentjie gee nie, mens sal wel kan sien of dit en wat die polisie voorhou naastenby korreleer of dieselfde tendens het. Maar die versekeringsmaatskappye sal ook die totale waarde van eiendom geroof (roof/diefstal) wat hulle op rekord het kan verskaf. Dan wonder mens of die gewilligheid by… Lees meer »