Vervoerdepartement bestee glo miljoene aan geskorste werkers

Dipuo Peters, minister van vervoer. Foto: GCIS

Dipuo Peters, minister van vervoer. Foto: GCIS

Die departement van vervoer en sy onderskeie entiteite het glo oor die afgelope drie jaar nagenoeg R24 miljoen bestee aan salarisse vir geskorste werknemers.

“Die bedrag is waarskynlik aansienlik hoër, aangesien die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) nie hierby ingesluit is nie,” het Manny de Freitas, DA-LP, gesê. Die inligting is verkry in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA.

“Die DA sal aan Dipuo Peters, minister van vervoer, skryf om haar te dwing om die inligting oor Prasa ook bekend te maak,” het De Freitas gesê.

Volgens die inligting wat bekend gemaak is, het die departement van vervoer nagenoeg R2 miljoen aan salarisse vir geskorste werknemers betaal. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het glo nagenoeg R3,5 miljoen betaal, die Burgerlugvaartowerheid R832 000, die Padongelukkefonds (POF) R7,9 miljoen, die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) R113 000, Agentskap vir Padverkeersmisdrywe (RTIA) R262 000, die Oorgrenspadvervoeragentskap R3,6 miljoen, die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) R145 000, die Lugverkeernavigasiemaatskappy (ATNS) R5 miljoen en die Spoorwegveiligheidsreguleerder (RSR) R560 000.

Die departement van vervoer het 12 entiteite wat aan hom rapporteer, waarvan nege salarisse aan geskorste werknemers betaal. Volgens De Freitas het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die Hawereguleerder van Suid-Afrika geen skorsings oor die afgelope drie finansiële jare aangemeld nie.

“Prasa is egter opvallend in sy afwesigheid en geen inligting is verskaf oor hoeveel werknemers in die laaste drie jaar met volle betaling geskors is nie. Dit is moontlik ʼn hoë getal en die minister is moontlik huiwerig om bekend te maak hoeveel hieraan bestee word,” het De Freitas gesê.

“Dit is welbekend dat Prasa in wanorde is. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het vroeër vanjaar bevind dat tenderkontrakte van R355 miljoen onbehoorlik toegeken is. Gegewe Prasa se geskiedenis, is dit baie belangrik dat ons inligting kry oor hoeveel aan geskorste werknemers bestee word.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Fanie ·

Mens het werklik waar nie die regte woorde om hierop komentaar te lewer nie. Verkeerde mense in diens gestel?

Dee ·

Verkeerde mense stel verkeerde mense in diens want verkeerde mense het beheer oor staatsgeld.

Johann ·

Nee Fanie, “herverdeling” van wat nog oor is. Jy stel jou ‘buddy” aan, hy gee vir jou 10% van sy pakket, word geskors, kry sy volle salaris, en tydens sy skorsing word iemand “tydelik” aangestel, ook vir 10% van sy vergoeding, (wat buitensporig hoog is). So word die trop gevoed en almal kry ‘n beurt. Voor 1994 was hierdie “skorsings-aksie” ongehoord……Jy het jou werk gedoen, en as jy aangejaag het, is jy afgedank. Punt. Nou werk dit nie meer so nie……’n Kollega van my sit nou vir ‘n jaar by die huis…..teen R70K per maand. Daar word geen bevinding gemaak nie, daar is basies geen klagte nie…..daar word net gesê daar is ‘n “ondersoek” aan die gang.

GES ·

Dit is wat gebeur as onbevoegde en integriteitlose mense ten koste van mense, wat nie aan die politieke en demografiese vereistes voldoen nie, aangestel word. Dit neem gewoonlik nie lank nie en die aanstelling word ‘n verleentheid vir almal. As gevolg van die onbekwaamheid en soms die onwilligheid van die amptenaar wat die aanstelling gedoen het, word die probleem aanstelling geskors met volle voordele vir ‘n onbepaalde tydperk. Die persepsie bestaan ook dat deur niks verder te doen, die probleem weg sal gaan.

NEL ·

Fanie stem saam. Hoe kan die staat soveel geld aan geskorste kaders uitbetaal. Wanneer word jy geskors….. Of jy is nie bevoeg om jou werk te doen nie of jy steel van jou werkgewer of alby.

As ek sien die antwoorde wat die agbare minister van vervoer in die verlede al gegee het , wil dit voorkom of sy haarself skuldig maak aan die bogenoemde faktore.Wil sien hoe ver die ANC land wil vat voordat alles in duie stort.

Gerhard ·

Dis te lekker om geskors te word met “volle voordele”. Hel, hoekom sal ek gaan werk as ek, so, by die huis kan sit. In my oogpunt, as iemand geskors word, moet hy geen besoldiging ontvang nie. Hy het moes droog gemaak.

Dawie ·

WOW WOW en WOW as ek na al die berigte kyk wat oor wanbesteding gaan net in die laaste 2 weke dan tap hulle nou die sous trein. Is hier nog n Griekeland oppad? Dit is skrikwekkend wat hier aangaan Dit is mos prioriteit as iemand geskors is om sy saak so gou moontlik af te handel om juis hierdie bestedings te minimaliseer maar ja ons ken mos daardie kwaal wat hul Afrika Tyd noem.Dit is hoekom Ons n derde wereld land is.Hierdie traak my nie agtige houding waarmee take in ons land aangepak word glo ek begin sy tol nou eis. En dan wil Ons nog vliegtuie koop ? WOW Ek raak deesdae skaam as ek reis om te se ek is n Suid – Afrikaner want ons klomp leiers laat ons lyk soos “n klomp “un educated” skape.

Riaan ·

Die geld kan gebruik word om vir arm studente se studies te betaal!

shirley ·

My man is ‘n Speur Kaptein vir die SAPS en as ‘n blanke geskors word is die sonder betaling maar nie as dit ‘n ander kleuringe is nie. Hoekom? Ek se almal ongeag jou vel kleur moet geskors word sonder betaling totdat die saak afgehandel is, dit sal dalk voorkom dat daar soveel bedrog gepleeg word.

HELENA ·

Hoe tragies, daar sal eerder vir geskorste lede voorsiening gemaak word. Wat van die arme pensionarisse wat hulle getroue diens gelewer het wat werklik swaar kry, hoekom kan daar nie vir hulle ook voorsiening gemaak word nie. Van die pensionarisse se maandelikse pensioen moet net so gaan vir die mediese bydrae en dan is daar nie eens genoeg geld oor om ‘n brood te koop nie. HOE PATETIES KAN TOP BESTUUR WEES!!!!!!!! SORG NET VIR HULLE SELF

neelsie ·

Peters , sonder enige tikkie skaamte bedrieg jy die mense wat jou salaris betaal, weet jy kan nie bloos nie , maar wees net eerlik!!

Lewies ·

Dit is ongelukkig die effektiewe uitwerking van die labour law stert swaai die hond rond…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.