‘Vervolg man vir fietsryer se dood’ – AfriForum

Nino en sy vrou, Daleen (Foto: Facebook)

Die burgerregteorganisasie AfriForum se privaatvervolgingseenheid het die direkteur van openbare vervolging (DOV) in Gauteng versoek om die persoon wat daarvan verdink word dat hy Nino Oppel (41) in 2018 doodgery het, te vervolg.

Dit volg nadat die betrokke motorbestuurder in 2018, skaars ʼn maand ná die voorval, in hegtenis geneem is, maar oënskynlik weer vrygelaat is.

Oppel is byna vier jaar gelede een Saterdagoggend vroeg in Muldersdrift deur ʼn motor getref toe hy besig was om op te warm vir die Berge en Dale- fietswedren. Die bestuurder van die motor het glo van die toneel weggejaag.

Ten spyte daarvan dat ʼn ambulans Oppel byna dadelik te hulp gesnel het, het hy ure later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Oppel se familie het in 2020 omvattende vertoë aan die DOV gerig, nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aangedui het dat hulle nie die verdagte strafregtelik gaan vervolg nie.

Die DOV het in Augustus van daardie jaar aangedui dat daar wel ʼn prima facie-saak teen die man is en dat hy wel vervolg moet word.

Desondanks het aanklaers in Krugersdorp tot op hede steeds geen vervolging ingestel nie.

Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê dit is skokkend dat dit lyk asof die aanklaers in Krugersdorp bloot versuim om ʼn opdrag van die DOV na te kom deur nie die verdagte te vervolg nie.

“Boonop is die verdagte in 2018, dae nadat hy in hegtenis geneem is, op bevel van die senior aanklaer in Krugersdorp, vrygelaat,” sê hy.

“Die aanklaers in Krugersdorp se volgehoue versuim om die verdagte te vervolg blyk na ons mening niks anders as blote onbevoegdheid te wees nie. Dit het ons genoop om weer eens die DOV te nader ten einde te verseker dat geregtigheid geskied en die verdagte uiteindelik vervolg word.”

Volgens Leask dien dié geval weer as bewys dat die NVG skynbaar onwillig is om sake wat moontlik ingewikkeld kan wees te vervolg.

“Dit is verbysterend dat die aanklaers na redes soek om nié te vervolg nie, veral nadat die DOV reeds beslis het dat vervolging ingestel moet word.

“Dit is nou vier jaar sedert die tragiese dood van Oppel en die familie wag steeds op geregtigheid.”

Die dood van ʼn Suid-Afrikaanse driekampatleet, André Piehl (51), het onlangs opslae gemaak nadat sy vermeende moordenaar aanvanklik in hegtenis geneem is, maar later aan gebrek aan bewyse uit aanhouding vrygelaat is.

Dié motorbestuurder was glo onder die invloed van alkohol toe hy Piehl en Jéan du Preez (60) naby Lanseria getref het en wou glo ook van die toneel vlug.

Hy is egter weer in hegtenis geneem en word nou deur aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, strafbare manslag en dronkbestuur in die gesig gestaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elizabeth ·

Is dit geld wat praat, ñ hooggeplaaste of favouritism? Take your pick.

Di ·

Weereens nog ‘n geval waar agriforum moet intree en die useless NVG moet dwing om hulle werk te doen! “Our people” kom mos weg met moord. Alle sake waar hulle betrokke was, word daar deur die NVG besluit om hulle nie te vervolg nie . Raak ontslae van die hele spul onbevoegdes in die NVG, hulle net so pateties soos die korrupte ANC regering.

Hennie ·

Dankie tog daar is nog organisasies wat Westerse standaarde probeer handhaaf .

Jr ·

Nee dis net eenvoudig “WLDM – white lives don’t matter” in SA. AFRIFORUM sal die saak wen, no two ways about it

Nico ·

Waar was die ambulans gewees dat dit so vinnig op getree het, het die man die fiets ryer raak gery of nie, hoekom die woord gebruik “glo raak gery het”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.