Vervolging eindelik ingestel ná jong verloofdes sterf

Ruan Coen en Jessika Kennedy.

Meer as drie jaar nadat Ruan Coen (26) en Jessika Kennedy (25), twee jong verloofdes, in ʼn motorongeluk dood is, gaan die bestuurder van die ander voertuig eindelik vervolg word.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het AfriForum se privaatvervolgingseenheid in kennis gestel dat hy die motoris op ’n aanklag van moord gaan vervolg.

Coen en Kennedy het op 23 Desember 2017, kort ná hul verlowing, met die N4 van Witrivier na Pretoria teruggekeer. Die beskuldigde het in die teenoorgestelde rigting gery, glo beheer oor sy voertuig verloor en met hulle motor gebots.

Albei jongmense is op slag dood. Die ander motoris het geringe beserings opgedoen en het volgens ooggetuies met polisielede op die toneel geskerts. Die beskuldigde was glo tydens die ongeluk vermoedelik sowel dronk as bedwelmd.

Ursula Kors, Coen se ma, het AfriForum oor die saak genader waarna hulle navraag gedoen het oor vordering in die saak en ingelig is dat die dossier teen die beskuldigde na bewering by die Silverton-polisiestasie verlore geraak het.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het baie nou met kol. Werner Everson van die Silverton-speurtak saamgewerk, asook met sers. Piet Ferreira van die Sinoville-speurtak, om die dossier weer saam te stel sodat die beskuldigde vervolg kon word.

Die motorwrak.

Die beskuldigde moet nou vir die eerste keer op 29 April in die Pretoriase landdroshof verskyn.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid is dankbaar vir kol. Everson en sers. Ferreira se harde werk en samewerking om te verseker dat geregtigheid geskied,” sê Natasha Venter, adviseur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

“Dit is egter betreurenswaardig dat dossiere só maklik kan verdwyn en dat die beskuldigde skotvry daarvan sou afkom as ons nie ingegryp het nie – dít nadat hy na bewering twee jongmense se dood veroorsaak het.”

Volgens Kors en Desmond Coen, Ruan se broer, is die familie dankbaar dat die saak uiteindelik voortgaan.

“Ek wil ons Hemelse Vader en ook alle partye betrokke uit die diepte van ons harte bedank. Danksy AfriForum en die ondersoekspan se moeite, en hul harde werk vir amper meer as drie jaar, is die nuwe dossier nou saamgestel.

“Hul toegewydheid en deursettingsvermoë het tot gevolg dat die beskuldigde nou uiteindelik moet verantwoording doen vir twee kosbare jong lewens wat hy van ons gesteel het. Ons het nie woorde om ons dankbaarheid aan almal betrokke te betuig nie, want wat eens onmoontlik gelyk het, het nou uiteindelik moontlik geword,” het Ursula Kors gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zacahara

Mag reg & geregtigheid geskied & seëvier – dis die minste vir die bedroefde geliefdes wat agtergebly het.

Misky

Meer as 3 jaar later en nog nie eens aangekla nie – dis skokkend!!!! Dankie Afriforum en weereens is julle daar om te help. Sterkte aan die gesin en hopenlik sal julle berusting nou vind

Anel

As fit anders om was, was die land afgebrand en die bedtuurder al in die tronk, lewenslank sonder die keuse van parool en die sleutel weggegooi!!! Sterkte aan die familie van die 2 jongmense.

Stefan

Maar skop jy nou net iemand se asblik om!

E

Dankie Afriforum. Kom mense bring julle ou sake, ek het self al ‘n baie ou saak aangegee en na Afriforum gehelp het is die persoon baie vining gevind en werk gemaak van die saak.