Vervolging teen Dlamini gaan voort

Bathabile Dlamini (Foto: Facebook)

Die saak van meineed teen Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike werk, gaan voort. Dit volg nadat die landdroshof in Johannesburg Vrydag haar aansoek om die saak ter syde te stel, van die hand gewys het.

Dlamini pleit onskuldig op die aanklag van valse getuienis in 2018 voor die Konstitusionele Hof. Sy het die landdroshof genader om die saak ter syde te stel, aangesien sy meen die staat geen bewyse het dat sy onder eed gejok het of valse getuienis afgelê het nie. Sy voer ook aan die staat het daarin misluk om te bewys dat sy ʼn misdadige bedoeling met haar getuienis gehad het en dat sy getuies nie daartoe bygedra het om die staat se saak te staaf nie.

Hierop het die aanklaers gereageer dat die staat inderdaad ʼn waterdigte saak het en ondeurdringbare getuienis voor die hof gelewer het, wat enige redelike hof in staat sou stel om ʼn skuldigbevinding te maak. Hulle het bygevoeg dat die hof dié skuldigbevinding op die enkele getuienis van Thokozani Magwaza sou kon maak, aangesien dit ook nie deur die verdediging weerlê is nie en ooreenstem met ander bewysstukke voor die hof.

Landdros Betty Khumalo het gelas dat daar teenstrydige verklarings is wat die hof nie moet ignoreer nie en gelas dat die saak moet voortgaan. Dlamini se regspan het gevolglik hul eerste getuie geroep en die saak duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Perdeby ·

Kry maar vir jou nog ‘n paar bottels wyn en kyk maar dieper in die bottel gaan dit nodig kry. Sy gaan ook seker binne kort terminaal siek wees van te diep in die bottel kyk.

jzjz05 ·

Reg gesê.die terminaalle siekte vat gewoonlik kwaai vlam as daar nie meer ontkenings is wat werk nie.tronkdeure is een groot oorsaakke wat die siekte aan blaas.

Di ·

100 persent in die kol! Goeie genade daai gesig spreek boekdele

Hendrik ·

Dit is net die verrotste regring wat so n persoon in die staatsdiens kan aanstel.

Samuel ·

Dlamini hoort in die tronk. Sy is egter ‘n Zuma aanhanger en dit is te twyfel of enigiets met haar sal gebeur.

annie ·

Onthou WIE hierdie liewe antie-tannie se x-zwaar is? Verstaan tog dis nie maklik vir so ‘n beroemde familie nie… En sy skryf sekerlik ook aan haar lewensverhaal oor die dik en dun van haar lewe op maat van die bekende Hold-me-Closer-deuntjie… Wat sy dalk vertaal het as maak-die-deure-toe en nou is ons amper daar. In Afrika word geen onderskeid getref tussen slim en dom, wys en dwaas of skuldig en onskuldig nie. Glo Afrika net hulle mag in die Paradys vertoef?

Esme ·

Hou die saak dop en glo dit gaan weer op ‘tegniese punte’ uit gegooi word. In die land is sommige mense skuldig terwyl ander met onreelmatighede kan wegkom.

Di ·

Ja nee kyk, met daai gesig lyk dit of sy self dringend hulp nodig het! Seker haar gewete wat haar ry

Spyker ·

Die saak gaan saam met Zoepies sin uitgestel word tot AVBOB oorneem.

Nie Verbaas ·

Kyk net na die ou gesiggie. Tipiese ANC onbevoegdheid in hoofletters.

Yvonne ·

Snaaks hulle het nie geskrik vir misdadige handelinge nie maar keer vervaard as dit in die hof bloot gele word…pfff

SjN ·

As sy tronk toe gaan, gaan sy seker in die rehab afdeling geplaas word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.