Vervolgings kom binnekort oor skending van Kruger-standbeeld

Die standbeeld van Paul Kruger is in April 2015 verlede jaar met groen verf getakel. Foto: Twitter

Die standbeeld van Paul Kruger is in April 2015 verlede jaar met groen verf getakel. Foto: Twitter

Die Vryheidsfront Plus het Donderdag gesê individue sal binnekort vervolg word vir die skending van die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in die Pretoriase middestad.

Anton Alberts, die party se burgemeesterskandidaat vir Pretoria, het in ʼn verklaring gesê die Valke het aan die party bevestig dat sy ondersoek na die saak afgehandel is en dat hulle in die proses is om die betrokke persone aan te kla. Dit kom nadat die VF Plus klagte van saakbeskadiging en vandalisme by die polisie aanhangig gemaak het.

Die standbeeld van Paul Kruger is in April verlede jaar met groen verf getakel. Die voorval het gekom nadat die EFF in Pretoria gesê het hy sal standbeelde van alle “apartheidsikone” in die stad vernietig, insluitend die Kruger-standbeeld. Die EFF het kort daarna ʼn optog na die standbeeld gehou om te eis dat die stad Tshwane die standbeeld verwyder.

Die standbeeld moes uiteindelik met doringdraad omhein word in ʼn poging om dit teen vandale te beskerm. Dit was net een van talle standbeelde en gedenktekens regoor die land wat in hierdie tyd onder vandale deurgeloop het.

Alberts het Donderdag gesê die VF Plus het deurentyd nou met die Valke saamgewerk in hul ondersoek en het die ondersoekspan van “belangrike inligting” voorsien. “Die EFF het mense opgesweep om sogenaamde ‘koloniale standbeelde wat aan apartheid herinner’ te verniel of af te breek, en dit het direk gelei tot die opsetlike beskadiging van Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein,” het hy gesê.

“Die klagtes wat die VF Plus ingedien het, is gegrond op die oortreding van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne. Die boodskap moet hiermee hard en duidelik uitgestuur word dat Suid-Afrika steeds ʼn regstaat is waarin boewery soos die EFF gewys het, nie geduld sal word nie, en dat niemand in ʼn grondwetlike demokrasie bo die wet verhewe is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

Sal ons tog so gelukkig wees dat behoorlike geregtigheid geskied? Tyd sal leer. Intussen moet ons hard probeer.

Lance ·

Sal maar sien of die hof tande gaan he ….dink al meer die uitspraake word net geignoreer

Frik Lotz ·

Goed gedoen deur VF Plus. Nog n rede om VF Plus te stem. DA was tjoepstil en het niks gedoen nie. Net nog n bewys hul voel niks vir die Afrikaner se erfenis nie. En sommige Afrikaners stem nog DA! Maak jul oë oop!

Anti DA ·

Frik die DA het net een saak met ‘n wit en bruin vel en dit is hulle stem by die komende verkiesing daarna word hulle aan hulle eie genade oorgelaat met net Solidariteit/Afriforum en die VF+ wat hulle sal help as hulle demokratiese regte vertrap en verkrag word

Lida ·

Die DA fokus nou om stemme te werf om die ANC uit te kry. Dit is al wat ons almal wil he. Die DA is die enigste party wat sterk genoeg is om dit te doen al stem ons nie altyd saam met hulle nie is dit nou van kardinale belang om vir hulle te stem. Volgende keer stem ons vir wie ons wil. Maar nou moet ons DA stem om hierdie skelms uit te kry.

AW ·

Skuif die Paul Kruger standbeeld na die Voortrekker monument gronde. Waar mens in vrede en in veiligheid daarna kan gaan kyk.

Koos ·

Of na een van die toekomstige Akademia kampusse saam met die ander wat moes weg oor een ☻groep nie die ander groep se geskiedenis en erflating respekteer soos daai☺doen nie.

snoefie ·

oog vir n oog. groot mandela
standbeeld op sandton square. oeps ek vergeet. daar sal van eerlike tuin en huiswerkers verwag word om names hulle wit werkgewer te retalieer.

Kleintjie ·

Mooi so VF+!!!! Trots op julle. Wonderlik dat julle die ruggraat het om hierdie soort wangedrag van baloekas aan te vat!!

Theresa ·

Kan nie wag dat die belhamels uitgewys word nie. Barbaarse optrede word wêreldwyd geminag. Dankie dat die vandalisme nie net daar gelaat was nie, VF+.

Frik Lotz ·

Lida, die DA en ANC ondersteun regstellende aksie, BEE en grondhervorming. As jy DA stem kan jy netsowel ANC stem. Jy stem teen jou eie toekoms. Wat help dit jy vervang een party wat jou benadeel met n ander een wat jou ook benadeel? Hul beleid is dieselfde, net die naam verskil. Stem VF Plus vir n beter toekoms en maak sodoende die party groter en sterker.

Kevin B ·

Die standbeeld van Jacobus & Andteis Pretorius by die Staadsaal is weer bedkadig. EFF het hulle poster op die staandbeeld vas gegom. ANC het ook posters vas gegom op die hoof ingang se sandsteen muure by Paul Kruger St.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.