Vervolgingsgesag vra redes vir besluit oor borgtog in Kroonstad-moord

Gert en Martie Burger.

Die nasionale direkteur van openbare vervolging het ʼn verslag aangevra na die redes waarom besluit is om borgtog aan ʼn Vrystaatse moordbeskuldigde toe te staan.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het ook gesê hy hét Phehello Temperance Rakake se aansoek om borgtog in die hooggeregshof in Bloemfontein teengestaan. Rakake (19) word aangekla van die moord op Gert Burger (65) wat in Februarie vanjaar by sy huis op Kroonstad vermoor is.

FC Schilling, wat ʼn waaksaamheidsopdrag van Burger se familie gekry het, het Dinsdag gesê die familie het hom aangestel omdat Rakake (19) se pa ʼn polisielid is en daar vrese bestaan dat moontlik by die saak ingemeng kan word.

Rakeke en sy medebeskuldigde, ʼn minderjarige wat vroeër in die sorg van sy ouers vrygelaat is, is kort ná Burger se moord vasgetrek.

Rakake se aansoek om borgtog is aanvanklik van die hand gewys en die saak is uitgestel. By sy hofverskyning verlede week is egter vasgestel dat Rakake intussen op borgtog vrygelaat is. Burger se familie was onbewus van dié wending.

Schilling het gesê Rakake is van ʼn skedule 6-misdryf aangekla – moord met voorbedagte rade – wat beteken daar moet buitengewone omstandighede bewys kan word voordat borgtog toegestaan word. Volgens hom was daar nié sulke omstandighede nie.

“Die NVG het die appèlaansoek teen die besluit van die Kroonstad-landdroshof teengestaan, maar die hooggeregshof het hom vrygelaat op borgtog van R3 000. Die hof besluit oor borgtog en in dié geval, selfs met teenkanting van die NVG, het die hof borgtog aan die beskuldigde toegestaan,” het Phaladi Shuping, woordvoerder van die NVG in die Vrystaat, aan Maroela Media gesê.

“Die direkteur van openbare vervolging het die advokaat wat die aansoek hanteer het gevra om ʼn verslag vir haar te skryf, omdat die hooggeregshofuitspraak nie redes verskaf het vir die toestaan van borgtog nie. Eers nadat ons die verslag ontvang het, sal ons weet op grond waarvan die regter besluit het om borgtog toe te staan.”

Burger se dogter, Linette Erasmus, het destyds op sy liggaam afgekom nadat ʼn veiligheidmaatskappy nie haar pa of ma, Martie, in die hande kon kry nie. Burger is die oggend vroeg vlooimark toe en het medisyne vir Martie gaan koop, waarna hy terug is huis toe. Hy is daar oorrompel.

Erasmus, het destyds gesê die aanvallers het moontlik gedink die afstandbeheerder op die bos sleutels is die motor sʼn. Dit was egter die paniekknoppie en hulle het dit twee keer gedruk. Nadat die veiligheidsmaatskappy nie haar ouers in die hande kon kry nie, het Erasmus na die huis gejaag.

Sy het haar pa se liggaam onder ʼn swart plastiekseil ontdek. Martie is vroeër vanjaar ná ʼn kort siekte dood. Sy was tydens die aanval in die huis en is nie beseer nie.

Rakake en sy medebeskuldigde verskyn weer op 14 Augustus in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

pieter ·

Hy gaan nie verskyn nie,hys lankal weg,goeie werk SA howe.Dis hoe puik ons regstelsel is.Die mense wat borg moet kry,kry nie,en die moordenaars kry borg van n paar rand.

Sarel ·

Regstelling ‘Ruiklont” was nie die OB nie maar die Direkteur van die Nasaionale Vervolgings Gesag

Cherokee ·

As ek die vorige berig reg gelees het, het die betrokke sekuriteit die kliënte paar keer gebel, en toe die kliënte se dogter gestuur om ondersoek te gaan instel. Ek hoop dit word raak gelees. Indien reg berig is, behoort hulle nie sekuriteitsdienste aan te bied nie.

Lees ·

Cherokee; nee, jy het jou eie gevolgtrekkings gemaak. Jy het beslis nêrens gelees dat die veiligheidsmaatskappy die dogter na haar ouers se huis toe gestuur het om ondersoek te gaan instel nie. Hulle was by haar ouers se huis en het haar van daar af gebel toe hulle nie haar ouers in die hande kon kry nie.

George in Bloem ·

Skandalig. Wie was die regter wat die stuk skuim vrygelaat het en op grond van wat? Dit is hoog tyd dat die hierdie regters wat hierdie onnosele twyfelagtige duidelik korrupte besluite neem pa staan daarvoor en aanspreeklik gehou word. Maar pfffffft wat is die kanse tog? Almal ‘n spul ANC kaders en almal kop en een mis. Skandalig en belaglik. En so fletter dit voort want absoluut bokkerol word hieraan gedoen nie,veral as die slagoffer wit was en die oortreder swart. Waar is Gerrie Nel en Afriforum?

Jan ·

Vind uit wie is daai pa wat ‘n polisieman is en gaan doen bietjie “gemeenskapswerk” op hom

jakes ·

Veskaf asb die regter se naam sodat daar vasgestel kan word op watter voorwaardes die drek borgtog gekry het?

Nic ·

Die twee mans wat ñ ander man in ñ kis sit, sonder om hom te dood, kry tronkstraf, die een pleeg moord en word met borg vry gelaat, wat ñ regstelsel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.