Vervroegde mosie teen Zuma nie onmoontlik

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die nasionale vergadering, het namens Baleka Mbete, speaker, gereageer op die versoek van Julius Malema, leier van die EFF, om die EFF se mosie van wantroue na 13 Februarie te vervoeg.

“In ʼn brief aan Malema en die prokureurs van die EFF sê Mbete sy is tans besig om te konsulteer oor die versoek om die mosie te vervroeg en sal terugkom na Malema. Die reëls van die nasionale vergadering vervat konsultasie met relevante strukture, insluitend die hoofsweep van die meerderheidsparty en die leier van die regeringsbesigheid.”

Dié mosie is oorspronklik vir 22 Februarie geskeduleer.

“Die berigte dat die speaker die EFF se versoek om die mosie van wantroue te vervroeg verwerp het, is dus vals,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ben ·

As Zuma dmv mosie uit sy amp verwyder word.. word die hele kabinet insl CR onthef van hul ampte.. dus word almal gewone LPs.. daar word dan vir n nuwe president gestem en ons is nie gewaarborg dat dit CR sal wees nie. Ek dink dis Zuma en sy skelm bondgenote se plan om dan vir Dlamini-Zuma te stem.. want daar is meer as die helfte van hulle wat eintlik maar net so hard aan hul sitplekke klou as Zuma.. dus hoop ek dat vroee verkiesing ons eindelike ‘verandering’ sal meebring..

Kobus ·

As daar aan die mosie van wantroue se vervroegde datum oorweging geskenk word…dan is daar n radeloosheid te bespeur by die ANC…hul strukture en Cyril kry die lagende nar nie beweeg uit sy stoel…te lank geneem vir aksie…homself in gegrawe in sy loopgraaf van agterbaksheid en speel sy troefkaart op elkeen wat teen hom opstaan…hy was nie verniet hoof van intelligensie van MK…hy weet van elkeen se vergrype en geraamtes….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.