Verwaarloosde honde vreet aan ander hond se karkas

Argief

WAARSKUWING: Die inhoud en foto’s van die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die DBV in Bloemfontein het ʼn saak van dieremishandeling aanhangig gemaak nadat hulle op ʼn kleinhoewe afgekom het waar honde uit hongerte aan ʼn ander hond se karkas vreet.

Reinet Meyer, senior inspekteur van die DBV, het Vrydag die kleinhoewe in Wilgehof as ʼn gru-toneel beskryf.

“Toe ons daar aankom het ons op twee honde afgekom wat nog besig was om aan ʼn boerboelkruising se karkas te vreet,” het Meyer gesê.

“Die twee vermaerde en uitgeteerde honde was so ondervoed en onversorg dat hulle vermoedelik vir weke sonder enige kos was om in so ʼn haglike toestand te verkeer. Net die kop van die derde hond het op die grasperk gelê. Die lyf en die bene was reeds opgevreet.”

Sy het gesê nog ʼn poot van ʼn hond wat opgevreet is, is op die erf gekry. Volgens Meyer was daar geen ander kos of water vir die honde beskikbaar nie.

“Toe ons verder in die erf ondersoek gedoen het, het ons ook op twee hondjies afgekom wat omstreeks agt weke oud is. Die hondjies was so erg vermaer en verhonger dat hulle glad nie kon opstaan nie. Hulle was totaal en al ontwater en die ribbebene van die honde het ver uitgesteek.”

Die DBV het al die honde na veilige bewaring geneem waar hulle deur ʼn veearts behandel word. ʼn Saak van dieremishandeling word teen die honde se eienaar ondersoek.

“Die DBV beskou die saak in ʼn ernstige lig. Dit is beslis een van die ergste gevalle van dieremishandeling wat ek in ʼn baie lang tyd gesien het. Om te dink jy is so verhonger dat jy aan jou maat moet vreet, is werklik onbeskryflik.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Aggenee ·

Ek dink nie ek moet kommentaar gee nie, dit is net een woord WALGLIK. Hoekom het sulke mense enigsins diere.

Helena ·

Ek stem 100% saam. Hoekom is sulke mense enigsins in die samelewing? Wens dieselfde gebeur met hulle.

Boerseun ·

Maar jaarliks gaan van julle in sekere gebiede in om die soort honde medisyne te gee sodat hulle net nog kan aanteel. MM gee ons asb die ras van daai honde.

not in wonderland ·

Hou ons op hoogte van enige vervolging hier asseblief. Julle sal nie my ander kommentaar wil publiseer nie.

Juliana ·

O my genade! Dis een van die ergste gevalle waarvan ek ook gehoor het. Dis hartverskeurend!!! Ek hoop die eienaar sit vir baie lank agter tralies!!!

Aggenee ·

Ek stem not in wonderland, myne sou ook nie publiseerbaar gewees het nie.

M'Lady ·

Wat ek vir hierdie sogenaamde eienaars wil se sal nie gepubliseer word nie. Wens ek kon hulle van aangesig tot aangesig ontmoet.

vytjie ·

Is daai eienaar (s) ook my naaste. EK stem SAAM not in Wonderland.

Lollie ·

Swaarder straf moet aan ”mense” gegee word wat aan ander lewende wesens, wat nie vir hulle self kan baklei nie, skade of trauma aan doen. Dit sluit in diere en baba’s.

blommetjie ·

oh my word! Mense wat diere so mishandel moet dieselfde ellende deurmaak. Die arme goed kan nie praat nie, God het hulle vir ons mense gegee om op te pas! Dis n absolute skande!! Ek word so kwaad as ek van dieremishandeling te hore kom, my bloed kook skoon. Hoop en bid die diere sal bly in veilige beskerming en hul hoef nooit weer in hul lewe sulke dinge deur te maak nie.

Boerseun ·

As jy natuurlik n christen is dan glo jy dit. As jy as in sangomas glo is jou standpunt nie relevant nie

Mense is walglik ·

Ek is skaam om myself n mens te noem.
Mens – na God se beeld – om na God se skepping om te sien en versorg….
…en al wat die mens kan doen is vernietig en mishandel.
Baie hartseee

snoefie ·

beste idee nog.n register met fotos, adres en al. nee. nes die swernoot wat willens en wetens vroeer vandees week vyf honde dood gery het,moet hierdie ook stewige boetes opgelê word. addisioneel moet hulle gemeenskapsdiens by dbv doen en daagliks die oumense in hulle dorpe se honde se hokke, bakke en komberse gaan skoonmaak en daardie landmyne gaan optel.

m ·

Ek is te geskok om kommentaar te lewer of dalk moet ek eerder net niks se nie….. Hoe laat mens so iets toe en sien dit elke dag en doen niks nie…..

Ag nee ·

En wat gaan met die eienaar gebeur….niks of so n verspotte opgeskorte vonnis! Diere mishandeling is nie so n groot misdaad in SA nie…….

Mel ·

Sjoe dis hartverskeurend hartseer, genade!!!! My diere is deel van ons, inteendeel is hulle kos duurder as wat ons kos is!!!! Ek hoop di arme honde sterk gou aan en wen hul krag terug!!!!! Uiters swak van die eienaar, hoop sy gewete pla hom (as hy so iets het).

dolphine ·

ag siestog!mense worry oor nie diere nie moet toegesluit word as dit diere wil he moet dit sorg dit voel soos eie kids is.my hart gaan uit met daardie honde.

AdoptDon'tShop ·

Wilgehof is ñ woonbuurt in Bloem – nie plotte nie. Het die bure dan nooit enigiets agtergekom nie???

Di ·

Hoop hierdie gewetenlose mens word in die tronk gestop en die sleutel weggegooi!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! As jy nie na diere kan kyk kry die spca uit om hulle te verwyder sal laaik om te sien joe lyk die SKULDIGE ,seker self dik gevreet en verder worry nie oor hierdie verwaarloosde diere nie!!!!!!!!!!!!!!!!!! Sak my kop in skaamte wonder of hierdie MENS kinders het????????????????

Johanna Botha ·

Laat my dink aan die arme Wheimeraner wat n paar jaar terug in die Ooste van Pretoria gevind was sonder kos en water …die arme dier kon nie eers meer loop nie en is toe na die DBV in Centurion geneem. Hoe mens n dier wat nie kan praat en AFHANKLIK is van sy baas SO kan behandel en verwaarloos is net sielloos ! Ek dink altyd iemand wat n papier of n stompie by die ruit uitgooi so n vieslike mentaliteit het !

Johannes van Staden ·

Tog eienaardig dat in meeste gevalle is dit mense wat gladnie kinders of diere kan versorg wat juis die meeste kinders en troeteldiere het.

lynn ·

Kan nie glo mens kry sulke mense nie. Miskien moet ons aan hul doen wat hul aan daai honde doen.

Skapie ·

Leet hul ook honger lei. En ek bedoel tot hul net vel en been is en dan nog dan nog steeds niks kos nie. Dis ‘n skreiende skande.

Helene ·

Wat ek eintlik wil sê , sal nie gepubliseer word nie. Ek dink elkgeval elke kind moet van kleins af geleer word hoe om diere te versorg. Dit moet verpligtend gemaak word in ons skole. Maar nou ja ….. net baie bly die diere kon na ‘n plek van veilige bewaring geneem word. Som die moraal van ons land op. Tot op die been verrot!!

Hanna ·

Hartseer baie baie hartseer. Hoeveel nog sulke diere is daar waarvan ons nie weet nie.

Johannes Meintjes ·

Die Skrif leer (in Spreuke 12:10) dat die regverdige omsien na sy diere. Deels a.g.v. die verarming van ons mense beleef ek ook persoonlike dat bv. honde goed is om die werf op te pas maar afgeskeep word wat kos, water en meidiese versorging betref. Of, as mense verhuis, word die diere bloot agtergelaat. Is dit tekens van morele verval in ons samelewings of van groeiende apatiese sosiale onverkilligheid weens wetteloosheid vanuit die kerke?

Cindy Goosen ·

Die wat moet verander wat diere as besittings beskou! Dan kan swaarder strafmaatreëls toegepas word op oortreders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.