Verwaarloosde weermag kan SA duur kos

Weens die voortgesette verval van die weermag word die land se grond-, lug- en seekapasiteit weggekalwe en indien dit nie nou bygehou word nie, gaan die kapasiteit mettertyd verdwyn. (Argieffoto: Krygkor)

Suid-Afrika is dalk nie in ʼn konvensionele oorlogsituasie betrokke nie, maar dit beteken nie die land kan dit bekostig om sy weermagkapasiteit in duie te laat stort nie.

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, sê Suid-Afrika maak hom toenemend weerloos en kwesbaar vir gevare omdat die land nie sy gevegsgereedheid en sy vermoë om dit deurlopend te verseker, onderhou nie.

Hy sê net omdat die land nie tans deur ʼn ander mag oorgeneem wil word nie – of konflik soos dié in Oos-Europa in die gesig staar nie – beteken dit nie daar is nie ander magte wat die land wil infiltreer en misbruik nie. Dit sluit in groepe soos die Islamitiese Staat (IS) wat tans in Mosambiek bedrywig is.

Maroela Media het vroeër berig die lugmag kan onder meer nie bekostig om sy vloot Gripen-vegvliegtuie te onderhou nie, aangesien Saab, die oorspronklike vervaardiger, se instandhoudingskontrak onbekostigbaar vir die lugmag se begroting is.

Die vliegtuie word al hoe ouer en het opknappingswerk nodig waarvoor daar tans nie geld is nie. DefenceWeb berig die Gripens moet ook toegerus word met missiele om dit meer doeltreffend te maak – maar hiervoor is daar ook nie geld nie.

Weens die voortgesette verval van die weermag word die land se grond-, lug- en seekapasiteit weggekalwe en indien dit nie nou bygehou word nie, gaan die kapasiteit mettertyd verdwyn.

Die gebrek aan weerbaarheid laat die land op ekonomiese vlak ook kwesbaar, sê Marais. Dit kan gesien word in vistreilers wat byvoorbeeld die land se gebiedswaters binnekom om op groot skaal vis te vang, met weinig wat die land se verdedigingsmagte daaraan kan doen.

“Skepe kom baie naby aan die land en dit is ideaal vir diegene met ander motiewe uit enige plek in die wêreld.

“Dit is deel van die beskerming van die integriteit van Suid-Afrika. Ons grense is nie net soos ʼn sif nie, dit is eintlik heeltemal oop en mense kom en gaan soos hulle wil.

“Dit gaan nie net oor konvensionele oorlogvoering nie; dit is ʼn ander soort stryd dié,” sê Marais. Dit sluit ook in die stryd teen byvoorbeeld perlemoenstropery of die smokkel van dwelms.

Wat betref die vierdegenerasie-Gripens, moet die land dringend ingryp om nie hierdie kapasiteit te verloor nie. Indien die vliegtuie en die vlieëniers wat dit vlieg nie ʼn minimum hoeveelheid ure handhaaf nie, verval hul sertifisering.

“Ons moet die Gripens in die lug hou,” sê Marais.

Suid-Afrika ontplooi ook nou sowat ʼn duisend soldate in Mosambiek om die insypeling in die noorde van die land te help stuit. Maar Marais waarsku as Suid-Afrika nie behoorlike steun aan sy magte daar – nes sy magte op die land se grense – kan gee nie, moet hy liefs daar wegbly.

Marais het vantevore al ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa, as opperbevelvoerder van die weermag, gedoen om in te gryp. Hy sê die regering moet begin besef dat die weermag anders as ander departemente bestuur moet word.

“Die skade wat jy kan ly deur nie na jou weermag te kyk nie, is groter en baie meer op lang termyn.”

Marais sê egter die weermag is nie ʼn “prioriteit wat stemme wen nie”. Dit beteken kwessies soos maatskaplike toelae of die persepsie dat gesondheidsdienste verbeter word, is ʼn veel groter prioriteit as die behoorlike instandhouding van die weermag.

Nietemin het Suid-Afrika dié kapasiteit nodig omdat dit as ʼn afskrikmiddel, of soos hy dit stel, ʼn versekeringspolis, teen die land se vyande dien. Die grootste gedeelte van die weermag se begroting – volgens Marais in werklike terme sowat 70% – word aan salarisse bestee. Nog sowat 30% van die begroting word aan militêre operasies bestee – wat min indien enige geld vir toerusting laat.

“As jy nie na jou bates kyk nie, het jy nie ʼn kat se kans nie. Suid-Afrika mag nie toelaat dat dit gebeur nie, maar ongelukkig word dit jaar ná jaar net erger.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

melaney ·

SA “mag nie toelaat dat dit gebeur nie” sê hulle, maar feite is feite. Dit het klaar gebeur. Ons almal weet wat het van die finansieële hulpbronne geword wat nou broodnodig is om die situasie om te draai.

FM ·

Als in ons mooi land is ten gronde.

Wakker skrik!!!!!!!

” i did not apply my mind correctly” is die grondige verskoning wanneer daar rekenskap gegee moet word en is veronderstel om die saak af te handel.

Dis lankal nie meer snaaks nie.

GOD alleen kan doen wat geen mens kan doen nie.
Wat hier benede vir ons in die toekoms is, is nie bekend nie. Ons sal gelowig, geduldig wag.

Koen ·

Jy sê ” Wakker skrik” met honderde uitroeptekens. Dan sê jy ons moet geduldig wag. Dis van die geduldig wag dat die land lyk soos dit lyk. Haal jou hande uit jou broeksak en doen iets vir ‘n slag.

Koen ·

Dit het mos gebeur nadat amal baie ernstig gebid het voor ’94. Jy kan mos nou nie vir iets anders vra nie. God se geduld gaan opraak.

FM ·

ek is dankbaar dat ek daardie datum wat jy vermeld NEE gestem het.

Ek lees die Bybel en leer dat niemand SY gedagtes en besluite kan peil nie. Dit is vir my genoeg

Deon ·

Rusland is mos nou al 30 jaar lank die anc se vriende, hulle sal kom help as daar n paw paw is wat in die waaier beland het

Sean ·

Nee maat Hulle kom vat ons bloot net oor Ons land het rykdom en Putin gaan hom nie ophou met selfverykende korrupte skelms nie

annie ·

Cyril dink nou net aan oorlewing. Hy moet binnelandse vyande trotseer… Mense daagliks aan sy sy wat sy ondergang soek. Baie geld is nodig om in die ANC staande te bly en dit kos… baie. Afdreiging is die spel en big bucks al antwoord in Afrika. Alles verval maar dis totaal en al onbelangrik.

George ·

Cyril is deel van die binnelandse vyande. Hy is die grootste krimineel in SA

Nie Verbaas ·

Verstaan ek reg? Ons briljante regering het vegvliegtuie aangekoop wat nie toegerus is met missiele nie? Briljant, uiters briljant!!! Hoe onnosel kan iemand wees?

Groen Ghoen ·

En wie moet ons bedank? Die bekwame NP onderhandelaars wat die mees vooruitstrewende land in Afrika aan ‘n bende terroriste oorgegee het natuurlik!

Hasie ·

Hul dink oorlogvoering en verdediging is sooos Rambo se flieks ……geen opleiding word mos vereis nie. Jy spring uit die water en lyk ” tough” Almal sal dan vlug en woeps jy is die held van helde …..

JM ·

Ons moet ernstig bid vir ‘n ander regering. Dit kan net nie so voortgaan nie.

Anna-marie ·

Oppas waarvoor jy bid, daai ander regering kan dalk die EFF wees.

Trotse Boervrou ·

Suid-Afrika is nie net Weermagloos nie. Die Regering bestaan nie eens meer nie. Gepaardgaande daarmee is die hele land in sy peetjie in onder hierdie patetiese klomp se bestuur. Niks nuut nie.

Boer ·

Hulle wil mos die budget sny. Wat het die ANC gedink wat kos dit om vliegtuie te onderhou?

Twallie ·

Ja….Die tipiese patroon van Afrika lande neem wel bietjie langer in SA, maar ons volg dit duidelik.

Alles stort in duie, terwyl die regering hulself verryk.

Welcome to the Banana Republic.

Racheltjie Debeer ·

Om te dink ons het een van die beste weermagte ter wêreld gehad voor 1994. Krygkor het sy eie tenks en Atlas Vliegtuig korporasie sy eie vliegtuie ontwerp en vervaardig. Albei maatskappy het ten gronde gegaan in die “nuwe” SA. Behoede ons as daar ‘n oorlog in die land moet uitbreek. Ons verdediginsmagte kon nie eers verlede jaar die onluste beheer nie.

Di ·

Toemaar “our people” sal die land beskerm! Kyk hoe goed is hulle met die afbrand en beskadiging van eiedom in die land. Hulle is ook uitstekend met klipgooi hier

Blikkies ·

Hulle misbruik die begroting wat bedoel is om die SA Weermag te bestuur deur vir hulle self massiewe salarisse te betaal……..Sulke gedrag is ingebore. Hulle moet baie geld verdien, maar verstaan nie die waarde van geld nie. Hy moet ‘n Duur kar ry, maar verstaan nie dit moet gereeld gediens word nie, Hy moet in n Luukse huis bly, maar verstaan nie dit moet gereeld onderhou word nie?………..en gaan kyk maar, daardie Massiewe huise het geen meubels in nie. Dan dink hulle sekerlik daardie Gripens het nie onderhoud of brandstof nodig om te vlieg nie en die Pilots het mos ‘n lisensie……Idioties. So gaan dit orals wat hulle aan raak. Die beste is, dan verstaan hulle nie hoekom die SA Weermag nie geld het nie?

anniekiewiet ·

…. Kan SA duur kos… Dit gaan ons duur kos, dit doen reeds.
Niemand mag meer openlik sê hoe ‘n goeie wêreldklasregering tot niks in vertrap is nie… Maar dit vat niks weg van die werklikheid van waar dit was en wat nou daarvan oor is nie.
En geen goeie ordentlike regering sal hierdie mooi land in 3 dekades selfs weer kan opbou tot waar dit was nie. Dit sal n eeu vat.

Swerwer ·

Raak ontslae van die huidiges en stel bevoegde opgeleide personeel aan en bring diensplig terug dan kan daar weer hoop wees vir ons land. Op die huidige manier van opleiding en indiensneming weet almal by hierdie tyd dat niks meer werkbaar is nie.

VaalDonkie ·

Ek is eintlik bly ons is maatjies met al die vrot lande in die wereld. Want hulle sal ons nie aanval nie.

VaalDonkie ·

Wat wil Amerika of Ukraiene of enigiemand in die EU ons voor aanval?

Andrew ·

Verdediging en vir wie? Daar is meer onwetiige aanvals wapens en plofstof op straat as wat Zim, Moz en SA weermagte saam het. Solank die Congo en daai klomp nie iets van die subsahara soek nie dink ek nie die DA hoef oor n inval te bekommer nie

Heinrich ·

Die ANC kan nie eers ‘n makro beskerm nie, wat nog van die land teen ‘n inval. Die tipe aanval wat die land huidiglik ondervind is hoeka van die kant van ANC en EFF lede.

Francois ·

Hier in Potch word die sg weermaglede op betaaldag in uniform na die mall toe aangery om geld te kom trek en “shopping” te doen. Ander tye het ek hulle sien stap met swart plastieksakke en sjirurgiese handskoene besig om papiere en rommel langs die pad op te tel. Die skietbaan buite Potch se skietwal raak al meer toegroei met gras en inwoners word nie meer wakker van skietoefeninge in die veld nie. Die sinkdakke van die geboue van n eens prestige arillerie eenheid is al bruin geroes. Die een hek se skarniere is los gebreek en die hek hang skeef in n half oop posisie. Ek dink die RSM’s en bevelvoerders van 30 jaar gelede draai in hulle grafte om as hulle die huidige toestande sien. Hartseer – baie hartseer…

Martin ·

Wel daar is jou probleem daai sinkende gevoel die skip vat te veel water. Jy moet ‘n sinkende skip se gate eers toeprop voordat jy die water uit die sinkende skip kan tap… Dalk moet die klomp Kubane weer ‘n span tegnici en “kundiges” stuur om ons regering te kom help.

Mallie ·

Wat kan mens verwag van al die kaders. Alles is tot niet, dit gaan nie gebeur nie, dit het klaar gebeur.

Louis ·

Nie net die weermag nie maar als in SA is verwaarloos deur die Anc

Jakes ·

Met SA se powere kennis op militere vlak sedert 1994 sal dit eerder bevordelik wees om n vloot mikroligte vliegtuigies te koop.

MakersMark ·

Eskom, Poskantoor, Petrosa, Denel, SAA, en 80% van munisipaliteite bankrot. Weermag, mediese dienste en omtrent alle staatsinfrastruktuur vervalle. Hoekom is dit waar die mense ‘n spoor los gaan alles om dit ten gronde?

Janee ·

Absoluut lagwekkend! Almal…en hulself… weet waar al die miljoene is. Vra maar vir Rusland..ek verstaan daar word ook n paar miljoen gebêre….

Jacobus ·

Loop weer gevaar om gesensor te word! Soos menige siekte toestande is die Denel simptoom bepalend. Familie juwele verkwansel en spekvet kaders wat steeds floreer. Hoe op aarde dink hierdie breinsjirurge in bevel van alles wie gaan tegniese insette doen. Sê weer – oudits en tronk toe!
OK, het darem saam met Russe ‘n glasie geklink – terwyl Rome brand!

Di ·

Nee wat dink Rampie gee nie om dat als verval in die land nie – Hy het mos a BACKUP, Rusland, sy kommunistiese vriende wat sal help as oorlog hier uitbreek. Hulle ondersteun die ANC al van apartheids jare af, hulle het selfs opleiding, wapens en ammunisie aan “our people” verskaf

Niklaas ·

Ons moet tog net hoop dat Eswatini en Lesotho ons nie skielik wil aanval nie. Ons stryd sal verloor wees binne 3 dae . Die weermag van SA is nou een sirkus. Maar die offisiere kry top salarisse en dit sal nooit eindig nie.

SomeOne ·

ramaparra kan nie eers ‘n bevelvoerder van die skole se puttoilette wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.