Verwarde motoris bars deur skoolheining

(Foto: Reaction Unit South Africa (Rusa)/Facebook)

ʼn 22-jarige man het matige beserings opgedoen toe hy Maandag met sy motor deur ʼn heining gebars en teen ʼn betonpilaar tot stilstand gekom het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die ongeluk het Maandagmiddag by die Dianthus Primary School in Brindhaven, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Inwoners het Rusa net voor 18:00 gekontak en bystand versoek vir die bestuurder van die motor. Hy was die enigste insittende.”

Die man het verward voorgekom en kan nie onthou wat voor die ongeluk gebeur het nie.

ʼn Ooggetuie het aan Rusa-beamptes gesê die Hyundai i10 het in die rigting van die T-aansluiting gery toe die motor skielik uitgeswaai en deur die draadheining gebars het. Die motor het oor ‘n skuinste gery en teen ʼn betonpilaar tot stilstand gekom.

Die man is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.