Verwarring oor busstaking

Argieffoto: Pixabay

Berigte en gerugte dat die busstaking verby is, selfs met ʼn paar busse wat in die straat opgemerk is, is teenstrydig met die vakbond Numsa wat vroeër ontken het dat enige ooreenkoms onderteken is om die staking te beëindig.

Een bron het aan African News Agency (ANA) gesê Numsa is “in ontkenning”, omdat dit een van slegs twee vakbonde is wat ʼn loonaanbod verwerp het wat drie ander vakbonde aanvaar het. Die ooreenkoms is glo bindend, aangesien die meerderheid vakbonde dit onderteken het.

Numsa en Taswu het na bewering die 9%-loonooreenkoms verwerp.

Numsa, wat die staking lei, het Vrydagoggend in ʼn verklaring gesê geen ooreenkoms is onderteken met die betrokke werkgewers nie.

Die boodskap op grondvlak naby Rustenburg in Noordwes is egter dat Thari-busse op die pad in Lethabong opgemerk is. Autopax-busse is ook by Parkstasie in Johannesburg opgemerk en het kaartjies verkoop. Langafstand passasiers is gretig om hul bestemmings te bereik vir die Paasnaweek.

Die staking het Woensdag begin.

Die staking sal ʼn wye verskeidenheid busdienste affekteer, onder meer MyCiTi, Putco, Buscor, Golden Arrow, Megabus, Gauteng Coaches, ReaVaya, Greyhound en Great North Transport.

Lees alle vorige berigte oor die busstaking op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Antjie ·

My vraag: as Greyhound, bv, bestuurders het wat aan ander vakbonde as Numsa en Tuswa behoort, kan hulle nie met daardie werknemers die diens voortsit nie? Vakbonde bind werknemers, nie werkgewers nie. Kan ons nie minder bevooroordeelde joernalistiek sien nie, asb?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.