Verwelkom Mej. Wêreld tuis

Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014 Foto: www.doisongphapluat.com

Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014 Foto: www.doisongphapluat.com

Die publiek word genooi om Rolene Strauss, wat Sondag in Londen as Mej. Wêreld gekroon is, tuis te verwelkom.

Die 22-jarige het 120 deelnemers uitgestof om uiteindelik met dié gesogte titel weg te stap. Sy is die eerste Suid-Afrikaner sedert Anneline Kriel in 1974 om as Mej. Wêreld gekroon te word.

Rolene se vlug land Saterdagoggend, 20 Desember 2014, om 10:00 by OR Tambo Internasionale Lughawe. Sun International en Cell C in vennootskap met die departement van sport en ontspanning, Lead SA, Brand SA en OR Tambo Internasionale Lughawe nooi die publiek om deel te wees van dié geskiedkundige oomblik. Die publiek word genooi om plakkate en baniere, Suid-Afrikaanse vlae en vuvuzelas saam te bring om haar op eg Suid-Afrikaanse manier terug te verwelkom.

Die Gautrain gee ook 100 retoerkaartjies na OR Tambo Internasionale Lughawe weg vir 100 gelukkige wenners. Volg @lead_sa op Twitter vir besonderhede hoe jy dié kaartjies kan wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bruno Stef ·

Dit is n geleentheid wat werklik n goeie verwelkoming verdien maar groot ASB n Agtersitplek vir Politiekuste /regerings Amptenare/ eersoekende Ministers en Presidente.Dit sal ook waardeer word as die moroontrompette nie so n geleentheid tot n sirkus reduseer nie wat al die prestige in so n geleentheid ongedaan sal maak.

Marie Jacobs ·

Ek sal nou nie daar wees nie maar …… “welkom terug”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.