‘Verwerp entstof-klag teen Mogoeng’ – LFN

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: Flickr/GovernmentZA)

Die drukgroep Liberty Fighters Network (LFN) het Maandag die kommissie vir geregtelike dienste versoek om die gesondheidsorganisasie African Alliance se klag teen hoofregter Mogoeng Mogoeng van die hand te wys. Dit omdat die persoon wat die beëdigde verklaring by die kommissie ingedien het, nie as manlik of vroulik identifiseer nie.

Tian Johnson, hoof van African Alliance, het verlede week ’n klag teen Mogoeng namens die organisasie by die kommissie ingedien nadat die hoofregter vroeër in ’n gebed daarop gesinspeel het dat die Covid-19-entstof van die duiwel is. Dié organisasie is ten gunste van die entstof en voer aan Mogoeng se uitlatings is nie net vals nie, maar ook uiters gevaarlik.

Maroela Media het vroeër berig die hoofregter het verlede maand tydens ’n dankseggingsdiens by ’n hospitaal in Tembisa in Gauteng die volgende gebid: “Indien daar ’n entstof is wat van die duiwel is en bedoel is om die lewens van mense met 666 te vul en hul DNS binne te dring, mag dit in die naam van die Here God met vuur vernietig word.”

LFN beskryf egter nou die klag as “wanfunksioneel” omdat die wet vereis dat ʼn persoon wat ʼn beëdigde verklaring opstel, as manlik of vroulik identifiseer.

Die drukgroep sê in ’n verklaring Johnson het ter ondersteuning van die klag blykbaar ’n beëdigde verklaring ingedien waarin hy na homself as ’n “nie-binêre volwassene” verwys, eerder as om aan te dui of hy manlik of vroulik is.

LFN sê dat dit volgens wet nie toelaatbaar is om ’n beëdigde verklaring af te lê indien die persoon nie in die verklaring as ’n man of ’n vrou geïdentifiseer word nie. In die lig hiervan kon die kommissaris van ede nie die identiteit van Tian Johnson vasstel nie, beweer LFN.

“Hoewel die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, onlangs sy voorneme aangekondig het om voorsiening te maak vir ander geslagte deur die departement se amptelike beleid vir identiteitsbestuur, verwys die wet met betrekking tot die aflê van beëdigde verklarings nog slegs na ‘manlik’ of ‘vroulik’,” lui LFN se verklaring.

Die drukgroep ondersteun enige inisiatief wat diskriminasie teen geslag en/of seksuele oriëntasie teëstaan, maar wys daarop dat Johnson nie behoorlik geïdentifiseer kan word as die persoon wat die eed aflê nie en dit dus ongeldig is.

Dit is om dié rede dat die kommissie vir geregtelike dienste die klag van die hand moet wys, voer LFN aan.

“Ons vind dit vreemd dat wie ook al die verklaring geskryf het, skynbaar die feit oorgesien het dat ons wet slegs ’n manlike of vroulike volwassene toelaat om ’n beëdigde verklaring af te lê,” sê Reyno de Beer, president van LFN.

African Alliance is van mening dat Mogoeng deur middel van “ongegronde bewerings” op ’n wyse opgetree het wat onversoenbaar is met hoe iemand in ’n regterlike amp behoort op te tree.

Johnson sê Mogoeng se gebed as ’n hooggeplaaste staatsamptenaar ondermyn die publiek se vertroue in ’n entstof wat wetenskaplik goedgekeur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jaco ·

As hy regtig so ‘n “weergebore” Christen is, waarom bly hy dan stil oor regstellende aksie, wat openlike rassisme teenoor wit mense is? Dobbelary, aborsie en pornografie is ook alles wettig in SA. Hoofregter Moegoeng is ook stil daaroor. Ek wonder maar net… Hy is maar net ‘n Christen waar dit hom pas.

Indien die Antichris agter dié hele Corona ding sit, dan is dit maar swak beplan. Ek het regtig beter verwag. In die Bybel sê Openbaring 13:3b “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.”
‘n Nuwe wêreldorde onder die Antichris, met permanente mondmaskers, alewige hand sanitizer, geen toneelopvoerings, geen simfoniekonserte, geen kunstefeeste, TOE biblioteke (ja dis waar), bitter min toerisme, min internasionale vlugte en verpligte coronatoetse om internasionaal te reis, gaan maar erg vervelig wees. Selfs al sou ek ‘n atheïs wees, verwonder dié dinge van die Antichris my nie.

Jenny ·

Hierdie is die begin van om die mense voor te berei vir die merk van die dier. Hulle maak die mense vrees en dan sal hulle doen soos die regering sê uit vrees dat hulle nie kan kos koop ens. ens.

Human ·

Die Toring van Babel? Wat van `n babelse verwarring van die grystof tussen die ore.

Dirk Mostert ·

“dan is dit maar swak beplan” Inteendeel die beplanning was briljant. Die hele mensdom (met enkele uitsonderings) het die ‘pandemie” gesluk. Regerings wereldwyd tree in tandem op. Lugrederye. o.a. oorweeg reeds ‘n inenting-paspoort. Wat as alle besighede verplig word om niemand in te laat sonder die paspoort nie. Die ooreenkoms tussen die huidige situasie en die Openbaring-voorspelling is kommerwekkend.

Phillip ·

wel hy is mos n regter weet waar die vang plekke is en die poliesie het dalk nog hand by gesit by die verklaaring

Sonia ·

Dis ‘n EKSPERIMENT-entstof! Ek sal nie ‘n eksperiment of proefkonyn vir niemand wees nie

Piet ·

Jy gaan nie wees nie, die hele wereld gaan in geënt wees voor dit by jou uitkom. Haal asem, alles gaan OK wees

Donene ·

Mmmm….interessante stelling Jaco. Ek onthou so oomie wat onder die wreedste koning moes diens lewer in die bybelse tye, Daniel. Nebuchadnezzar het baie wette en reels in plek gesit wat Daniel nie kon vernader nie, maar hy het opgestaan vir wat reg is daar waar hy kon. Tog deur Daniel se diens aan Babylon het hy ‘n koningryk se toekoms verander. Ons is almal in posisies waar ons nie altyd onmiddelik die beleide kan verander na Abba se Hand nie, soms neem dit tyd. Regter Mogoeng kry my ‘standing ovation’, vir my is hy ‘n awesome voorbeeld van ‘n man van God in ons parlement.

A ·

Die Merk van die Ondier is 616. Nie 666 nie.

Bron: Papirus 115 en Kodeks Ephraemi Rescriptus.

Deon ·

Kan nie wees nie, 616 is die kode vir ‘n ou Mazda hier uit die sewentiger jare

annie ·

Lees tog asseblief wat die hoofregter presies gesè/gevra het. Sy woorde begin met “Indien…” In ‘n hof sal sy spesifieke woorde tel, nie ons woorde nie. En dalk het hy ‘n punt beet want wat Pfizer betref word die menslike DNA betrek en baie mense het van die entstof negatiewe reaksies getoon. Miskien moet ons eerder bly wees dat die hoofregter bedag is op dinge wat ons siele skade kan laat ly… die essensie van menswees.

Persheks Adri ·

Yeah!!! Ek staan bankvas agter die regter. Hierdie entstof is nog nie eers behoorlik getoets nie en as mens gaan lees wat daarin is sal jy skrik! My lyf my keuse so tekkie met daai gemors ver van my gesin af!

Nici ·

Die regter beoefen seker net sy grondwetlike reg op vryheid van geloof en vryheid van spraak of hoe? Hys nie nou in die hof nie en ek dink die klag is ‘n persoonlike aanval van ‘n onvolwasse persoon wat nie kan besluit of hysy ‘n seun of meisie is nie maar ten spyte van hierdie basiese onvermoe in dit se eie lewe wil dit vir die regter se wat hy mag dink en glo.

Andrew ·

Met name soos liberty fighters network en african alliance kan jy net n nar spul verwag soos met die freedom fighters.

Fedup ·

When mogeong made that statement in his prayer, didn’t anyone wonder why he actually said it?
Yes, he is not the best we know, but think about what happened to make him add that in a prayer.

Casper ·

Nee Jaco verkeerd,die regter is veronderstel om neutraal aan die regbank te wees en daarom mag hy nie betrokke raak by die politiek of uitlatings maak rakende politieke kwessie nie.Tian Johnson, jy en jou African Alliance is seker nie bewus van die baie blakend gesond mense wat dood is na hulle die entstof toegedien is nie.Dit maak my bekommerd en onseker of ek die entstof sal neem.Regter Moegoeng het gebid “indien” daar ‘n entstof is.Mnr.Johnson wat is jy ‘n man of ‘n vrou of ‘n dit.Mnr. Johnson hoe veilig is die entstof.

Anel ·

God het die mens gemaak, na sy beeld. Toe sien Hy dat die mens alleen is en maak vir hom ‘n maat, sy gelyke. Hy het nie nog’ n mens na Sy beeld gemaak nie. Wat vir my sê dat dit ‘n vrou moes wees. So, as jy’ n man is, is jy ‘n man en’ n vrou is ‘n vrou. God het jou geskape wie jy is. Wil jy nou vir God sê dat Hy’ n fout gemaak het? Daar staan ook dat geen man by ‘n ander man sal lê nie. As dit gebeur moet hulle gestenig word. Of julle nou die Bybel aanpas om by julle onheilighede te pas? Net soos wat lyfstraf deur die Bybel goed gepraat word maar die mens sê dis verkeerd. Aanvaar wie jy is en gaan elke dag op jou knieë en sê dankie vir jou Skepper dat jy die voorreg het om die aarde te bewandel. Onthou, Hy het jou met ‘n doel geskape, of jy dit nou wil weet en aanvaar of nie.

Samuel ·

Hoofregter het my steun. Ten minste het hy beginsels en is nie ‘n geheime agent van Jesus nie.

Francois ·

Na die terugtrekking van sottigheid teen hoof regter Mogoeng weet dat die HERE n legioen van ENGELE sal stuur om hierdie saak teen hoof regter te beveg

Dirk Mostert ·

Nou kan mens sien watter soort persone (a la die Hansa-bier advertensie) die entstof steun en teen die regter wil optree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.