Verwerping van Kaapstad-droogteheffing verwelkom

Die Stad Kaapstad. Foto: Phillip Bruwer

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag die verwerping van voorgestelde droogteheffing deur die Stad Kaapstad verwelkom.

Deon de Jager, AfriForum se streekskoördineerder vir die Wes-Kaap, het gesê tydens ʼn periode van openbare kommentaar het AfriForum kommentaar ingedien teen die voorgestelde droogteheffing, terwyl daar ook oorweldigende druk uit die groter gemeenskap was.

“Gevolglik het die Kaapstadse stadsraad die voorgestelde droogteheffing Vrydag tydens ʼn spesiale vergadering verwerp. AfriForum doen ʼn beroep op die Kaapstadse stadsraad om wys op te tree tydens die geweldige droogtetoestand in die Kaap.”

Die verwerping volg ʼn dag nadat die Stad Kaapstad nuwe noodmaatreëls aangekondig het aangesien dit lyk of Dag Zero onvermydelik is.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het verlede week gesê ondanks die feit dat Kapenaars maande lank gemaan is om water te bespaar gebruik 60% steeds meer as 87 liter per dag. “In dié stadium moet ons aanneem dat hulle nie hul gedrag gaan verander nie en dat die kans dat ons nou Dag Zero op 21 April 2018 gaan bereik baie waarskynlik is.”

Inwoners van Kaapstad se waterverbruik word van 1 Februarie tot 50 liter per persoon per dag beperk. De Lille het gesê die nuwe vlak 6B-waterbeperkings het ten doel om die nuwe mikpunt van 450 miljoen liter water per dag te bereik. “Dit sal vir 150 dae van toepassing wees waarna die stad weer die situasie sal evalueer.”

Sy het verlede week al voorspel dat die voorgestelde droogteheffing waarskynlik laat vaar gaan word weens die protes van Kapenaars dat dit onregverdig is. “Ek verstaan die reaksie en dit was ʼn moeilike les vir die stad. Die stad het die heffing voorgestel om seker te maak dat ons kan voortgaan om belangrike en noodsaaklike dienste te lewer tydens die krisis.”

Daar is intussen 200 plekke geïdentifiseer waar spesiale waterpunte opgestel gaan word waar mense ná Dag Zero water sal kan gaan haal. Dié plekke sal vandeesweek bekendgemaak word.

Volgens De Lille word daar hard gewerk om die noodplan, wat ontsouting, die gebruik van grondwaterbronne en die hergebruik van water insluit, gereed te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hoop

Hoop net almal se water word toegedraai. Daar is woon areas met gesamentlike water punte waar krane oop vergeet of gelos word. Daar is mense wat nie eens weet hul moet minder gebruik.

Avokado

Kan iemand asb vir my verduidelik hoe Kaapstad dit goeddink om midde die waterkrisis aan te hou met die aanbied van geleenthede wat duisende mense soontoe lok wat net nog meer druk op die skaars waterbronne plaas? Desember was dit die sewesrugby, toe die kriekettoets tussen SA en Indie en Maart is dit die fietstoer. Ek verstaan dit nie.

jaco

Die droogteheffing sou my R50 per maand gekos het. Toe word dit geskrap en watertariewe word eerder verhoog. R100 se water is nou op na R400. So eintlik het al die gekla teen die droogteheffing niks gehelp nie.

Cheetah

Daar sou al in november kabelkoppelings gedoen geword vir die betrokke ontsoutingsaanlegte.

Dit het tot my ore gekom dat dit gestaak is en tot op hede is geen koppeling gedoen nie.

Wie vertel nou leuens?
Is daar tender probleme wat nou uitdop?
Is daar impakstudies wat dit nou vertraag?

Wie gaan vir ons die waarheid deurgee?

Carina

Ek sê weer, net 200 water punte in die CBD is nie naastenby genoeg om almal van water te voorsien nie. In 2016 het net die CBD al 3.74miljoen mense gehad. Daar is nou al baie meer. Deel dit deur 200 water punte en elke punt moet 18700 mense bedien. Sê dit neem 2min om 1x25lit kan vol te maak, dit gee jou 623uur of amper 26dae om almal se kanne vol te maak. En dis net 1 keer se volmaak, jy het elke dag ‘n kan nodig, per persoon in jou huishouding. So dis heeltemal belaglik en onmoontlik om… Lees meer »