Verwoerd-kleinseun verwelkom verwydering van gedenkplaat by US

Universiteit Stellenbosch

Universiteit Stellenbosch

ʼn Gedenkplaat ter ere van die destydse eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd, is Woensdagaand van ʼn gebou by die Universiteit Stellenbosch (US) verwyder.

Die spasie waar die gedenkplaat verwyder is, is tydelik met die nasionale vlag toegegooi as ʼn simbool van eenheid. Die gedenkplaat sal in die universiteit se argiewe gebêre word tot daar besluit is wat om daarmee te doen.

Verwoerd se kleinseun, Wilhelm, het die geleentheid bygewoon en die skare toegespreek. “Ek kies salf in plaas van sout as ʼn Verwoerd. Ek sien die seer van swart Suid-Afrikaners,” het Wilhelm volgens die universiteit se Twitter-profiel gesê.

Wilhelm het gesê hy hoop die verwydering van die gedenkplaat dra ’n gevoel van genesing oor. Wim de Villiers, rektor en visekanselier, het tydens die verwydering studente genooi om “die pad van inklusiwiteit saam te praat en te stap”.

De Villiers het benadruk dat die universiteit ernstig is oor transformasie aangesien dit baie belangrik is vir onderwys. “Aan die een kant beteken transformasie die aanspreek en herstel van wat in die verlede verkeerd was; aan die ander kant beteken dit die bou van ’n beter toekoms vir almal.”

De Villiers het tydens die geleentheid ’n verklaring namens almal daar voorgelees, wat verklaar dat die verwydering van die gedenkplaat die universiteit se verbintenis tot regstelling illustreer sowel as die totstandkoming van ʼn kampus wat vir almal verwelkomend is.

Daar is ook verklaar dat die gebeurtenis gedien het as ’n bevestiging van erkenning van die universiteit se bydrae tot ongeregtighede in die verlede. Nico Koopman, dekaan van die fakulteit teologie, het gesê die verwydering van die gedenkteken is ʼn kwesbare daad in die sin dat party dit kan beskryf as “te min te laat”.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paula Fourie ·

Hy hoef nie aan sy oupa rekenskap te gee nie, net aan God.

SI ·

Ag siestog …. die seer Wilhelm …. ons is ook nou besig om in ‘seer’ te beweeg …. dink jy eendag gaan hulle sê : ” Die seer van wit Afrikaners ….”

Paula Fourie ·

Ja daar sal voorwaar mense opstaan van n ander velkleur en sê die seer van wit Afrikaners, want nie almal sien met die oë nie, maar met die gees van Christus.

elmarie swart ·

Dis so jammer dat mens jou voorouers so minag. Ek is n afstammeling van gnrl cronje. Destyds het mense gedink hy was n lafaard omdat hy oorgegee het. Is ek nog steeds trots op my oupa. Sies het geen respek vir so ‘n volksverraaier.

Michiel ·

elmarie – defineer volksverraaier! Net omdat hy ‘n plaatjie laat verwyder het het hy nie die “volk verraai’ nie! Genade julle mense raak darem opgewonde ne, en raak die grootste snert kwyt!

anet ·

Wilhelm, dalk moet jy jou naam verander na William. Ek dink nog steeds na al die jare dat jou oorlede oupa deur kommuniste vermoor is. Ons gee al hoe meer toe vir “sogenaamde beter
toekoms”maar met die huidige regering en hoe dit tans gaan in Suid-Afrika met al die moorde van blankes is daar geen toekoms vir ons nie. Die blanke buig die kniee, maar die swart mense gee nie ‘n millimeter nie.

rina ·

HF Verwoerd was ‘n sterk man waarop ons almal trots was en is. Ek dink daai gedenkplaat moet eerder voortrekker monument toe gaan en ‘n ere plek daar kry ipv swak gehalte plekke soos daai probleem universiteit

Juan Olivier ·

Mens is nie noodwendig ‘n Afrikaner hater as jy vir die ander kant opstaan nie. Onthou dit was 20 000 Afrikaners wat die 16 000 Boere en Afrikaners onderdruk het in die Boere rebellie. Afrikaner is net ‘n etniese groep wat ook deur die liberale breinkanker geteister word.

Berhalet Beukes ·

Wilhelm, ek is siek en sak om my hardverdiende salaris te deel met mense wat betoog oor standbeelde wanneer hulle veronderstel is om te leer, wat in KFC dit en eet terwyl hulle ons moet beskerm, wat R50 vir ‘n huishouding se elektrisiteit betaal terwyl ek vir twee mense se gebruik R1000 + betaal. Ek is moeg om te sien hoe korrupsie seëvier en apartheid holrug gery word. Ek is moeg om in die nuus te lees hoe weerlose oumense vermoor word, boere uitgewis word, vrouens ontvoer en verkrag word. En ek voel net so erg oor moorde op weerlose ou nie-blankes oumas, vrouens en kinders. Jy verwelkom die algehele uitwissing van ons geskiedenis want daardie universiteit se mure is met witmense se geld gebou! Dan moet ons maar elke universiteit tot op die grond afbreek, ja? Wie ookal daar studeer het GEEN reg om die uitwissing van die stigters se “legacy” te verwyder nie. Dan moet hulle hulle eie universiteite, met hulle eie geld nou en dit enige naam gee wat hulle wil! Die “hartseer” wat jy sien is verwronge en leuenagtig sodat ruggraatlose mense soos jy vir die kinder tantrums val en hulle stook in hulle kwaad. Ek stel voor jy vat elke sent was jy het, begin aan al die hartseer mense wat jy raaksien uitdeel en voorsien. Dalk voel jy beter. Maar jy, is ‘n verleentheid vir ons nasie.

Spikkels ·

Ja dis reg Wilhelm, steun die afhaal van gedenkplate en monumente in ons land. Suid-Afrika het mos nie ‘n geskiedenis nie en ek wonder wat jy eendag vir jou kinders en kleinkinders gaan vertel oor ons land??? En jy mag dan niks oor jou Oupa vertel nie want jy het gekies om hom te verloon. Sterkte jou arme mens..!!

HF Vervoerd ·

HF Verwoerd was die beste Eerste Minister wat Suid-Afrika ooit gehad het. Hy was ook die eerbaarste. Hy het geregtigheid vir alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika nagestyreef, en nie die rasse diskriminsasie (Regstellende Aksie, Swart Bemagtiging, ens) wat die ANC voorstaan nie.

Ek stem egter saam dat Verwoerd se gedenkplaat verwyder moet word. Die Universiteit Stellenbosh was ‘n Eerste Wereld universiteit wat ‘n eerste wereld minister vereer het. Nou word Universiteit van Stellenbosh getransformeer na ‘n Derde Wereld se gemors. Verwoerd kan nie met so ‘n gemors en agterlikheid verbind word nie. Dit is beter dat ‘n agterlike plek, ‘n agterlike ANC figuur moet kry. Die naam moet ook sommer na ‘n ANC rassis se naam verander word, want die Universiteit van Stellenbosh se naam moet beskerm word- en ‘n nuwe agterlike naam, sal die agterlikheid van transformasie beter pas.

Bart ·

WILHELM JY IS N SKANDMERK OP JOU FAMILIE EN JOU OUPA SE NAGESLAG!!!

Tommy ·

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid Afrika
On sweet hy’s die seël van ons Vryheid en reg
Vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
Die pand van ons erfnis, geslag op geslag,
Om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
Ons nasie se grondbrief van eiendomsland
Uitgegee op gesag van ons Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra.
Die vlag van ons eie Suid Afrika.

Malinda ·

Soek hy nou aandag ? So jammer dat hy hom met die plaag en goddeloses vereenselweg.

Paula Fourie ·

Welgedaan Wilhelm, jy hoef vir geen oomblik terug te staan oor hoe jy voel nie. God sien jou dade. Moenie skerm om jou sê te sê nie. God het almal geskape, en ons betaal nou vir die sondes van ons voorvaders.

Paula Fourie ·

Chris, ek is geregtig om my sê te ê. Wat jy glo is jou saak, wat ek glo is my saak. As jy my insetsel insien as onsin, dan is dit jou opinie, net soos wat ek my opinie het oor mense wat heeldag oordeel, maar nie hulle eie foute kan raak sien nie. Wilhelm is ook geregtig om sy sê te sê. Wat maak enige een van julle beter as hy of ek om te oordeel oor ons sieninge oor die lewe. Nerens sê ek dat die regerende party reg is nie, dis jou verwronge opinie van wat jy lees omdat jy met blinde oë jouself vasstaar na net jou opinie. En ek sal God by enige van my stellings inbring net wanneer ek wil, want ek het die reg net soos wat jy die reg het om my sê te sê. As my stelling belaglik is in jou of enige ander leser se oë het dit rerig niks met my te doen nie.

Elfie ·

Ag tog die wat die Wilhelm so sleg sê… asof hy nou julle goed lees!En Maroela hoe laat jul darem soms vorme van haatspraak en vieslike persoonlike aanmerkings soos bv hier oor mnr Verwoerd toe? Sou dieselfde aanmerkings oor bv Steve gemaak word dan sal dit dadelik verwyder word. Onverstaanbaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.