Verwoerd se gees teister steeds opleidingsbedryf, sê DA-LP

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die apartheidsera-beleid van Bantoe-opleiding wat deur die voormalige eerste minister Hendrik Verwoerd ingestel is, duur vandag nog voort in Suid-Afrika, het ʼn DA-LP Dinsdag in die parlement gesê.

Gavin Davis het Dinsdag tydens ʼn debat oor die begroting vir basiese opleiding gesê die beleid, wat daartoe gelei het dat swart Suid-Afrikaners baie min geleenthede tydens apartheid ontvang het, het nie saam met Verwoerd in 1966 gesterf nie.

“Hendrik Verwoerd het in 1953 die afstootlike beleid van Bantoe-opleiding ingestel. Hierdie beleid het die opleidingsgeleenthede vir swart Suid-Afrikaners beperk om ʼn bestendige vloei van ongeskoolde en semi-geskoolde arbeiders te verseker,” het Davis gesê.

“Dertien jaar later, in hierdie einste Kamer, is Verwoerd deur een van die parlementêre diensbeamptes doodgesteek. Die enigste tragiese ding oor daardie dag is dat Verwoerd se beleide nie saam met hom gesterf het nie.”

Davis het gesê 22 jaar ná apartheid tot ʼn val gebring is, en ondanks die feit dat meer as R200 miljard jaarliks aan basies opleiding spandeer word, bly die gehalte van onderrig swak. “En die ongemaklike waarheid is dat die gaping in die onderwysstelsel net groter word.”

Hy het gesê terwyl die slaagsyfer in armer skole afneem, bly die slaagsyfer in skole in meer gegoede woonbuurte bestendig.

Davis het die departement se planne veroordeel om ʼn drievlakstelsel te vestig waarvolgens opleiding in drie strome verdeel sal word, naamlik akademies, tegnies professioneel en beroepstegnies.

“Die DA ondersteun in beginsel die idee om tegniese en beroepsgerigte strome in te stel vir leerders wat nie ʼn aanleg het vir die tradisionele akademiese stroom nie,” het hy verduidelik. “Ons moet egter versigtig wees vir die teiken om teen 2030 vir 60% van die leerders bedryfsvakke aan te bied soos haarstilering, skoonheidsorg, naeltegnologie, stoffering en messelwerk. Ons moet veral seker maak dat individuele leerders in strome geplaas word volgens hul natuurlike vermoë en aanleg, en nie volgens die gehalte opleiding wat hulle ontvang het nie.”

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die nuwe stelsel verdedig en gesê dit word nie beskou as ʼn “stortingsterrein vir leerders” nie, maar om Suid-Afrika eerder in ooreenstemming te bring met dit wat internasionaal plaasvind. “[Die nuwe stelsel] is veronderstel om ons by te staan om die koloniale opleidingslandskap te verander waar daar ʼn klem geplaas word op akademie, terwyl die res van die wêreld ʼn balans vind tussen tegniese en beroepsgerigte vaardighede. Dit is dus nie alle leerders wat daarheen geneem gaan word omdat hulle leerprobleme het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Kellies ·

Interresant. Blameer dit op apartheid!!! As die Europeen (Blankes) nie na Suid Afrika toe gekom het in die vorm van Jan van Riebeeck nie, dan het hulle nou nog geen opleiding gehad nie. Apartheid is al 22 jaar verby en hulle gebruik nog steeds alles wat die Europeen gebring het soos Europese karre, selfone, klere, noem maar op. Sjame.

Loeis ·

Hoe presies verskil die DA van die ANC?

Hulle is nie jou stem waardig nie…

Blinde Sjambok ·

…suksevolle/onsuksesvolle kinder-opvoeding is relatief en ekwivalent aan die bekostigbaarheid en beskikbaarheid daarvan …EN die persentasie onbeplande en onwelkome babas met (meestal) ongehude ouers in ‘n spesifieke gemeenskap. In SA is die persentasie beslis te hoog en tot tyd en wyl dit verander …hou jou paspoort geldig!!

christine ·

Motshekga jy oordeel heel verkeerd. Verwoerd het kinders nie daar GEPLAAS nie. Hulle het SELF gekies. Kinders wat nie baie tussen die ore gehad het nie,was geplaas in hulpklasse. Veroordeel maar dooie mense vir julle onvermoe die een was julle jare terug al voor.

Se net ·

Jan van Riebeeck kom in die land aan wat doen hy begin werk om ‘n land op te bou. Almal het dieselfde geleenthede om op te bou. Wie het opgebou, ek hoef nie te se nie. Wie breek en brand, hoef ek ook nie te se nie. Kyk net nuus!! Nee wat elkeen vlieg sy eie vliegtuigie en as hy val kan jy niemand blameer nie. Brand af die skool oor vervoer dan gee hul vervoer dan brand jy dit oor daar nie ‘n skool is nie. Hahaha!!!!! Feite is feite gaan nie oor ras nie.

vierkleur ·

Van Riebeeck, Verwoerd, Apartheid, die wittes, bla bla bla.
Wie wil julle nog blameer vir iets wat julle nie kon reg kry nie. Julle het die land op ge……..,
nou moet iemand anders daarvoor blameer word.

As ons dan so groot probleem is,gee ons so stukkie van die land waar net ons kan gaan bly, en hou die res vir “julle”.Ons kyk dan weer oor 20 jaar hoe julle gedeelte van die land lyk, en vergelyk dit met ons deel. Ek is nie n profeet nie,maar aan julle kant sien ek honger mense, afgebrande strukture , geen water en geen elektrisiteit. Amper soos die huidige SA waarin ons woon

Pieter ·

Mnr Davis jy en jou kommentaar aangaande Dr. Verwoerd is verfoeilik. Die D A wil so graag swart stemme wen, dat hulle definietief nie my of enige van my familie of vriende se stem ooit weer sal kry. Jou aanmerking dat die enigste slegte iets wat nie saam met hom gesterf het, is sy swak beleid, is afkeuringswaardig.

Vicus ·

Ja nee DA, nou begin wys julle jul ware kleure. Weet dit, julle vervreemd al hoe meer mense.Sies, om te beweer dat dr Verwoerd se moord nie n tragedie was nie is absoluut walglik.

Loeis ·

Hulle doen lankal!!! Hulle het in 2014 in die parlement ten gunste van verskerpte swart bevoordeling gestem. Daarna het Anchen Dreyer selfs ontken dat haar party daai beleid ondersteun. Walglik.

Leendert van Oostrum ·

Wat Mnr Davis se kommentaar beteken, is dat hy dit nie as ‘n tragedie beskou wanneer ‘n regeringshoof in die nasionale wetgewer vermoor word nie.

Dit is anargisme, en plaas die DA in dieselfde kader as Mnr Losbek Malema.

alida ·

Lyk my hierdie man het iets gedrink wat hom aangetas het. Hy probeer nou hulle eie onvermoë om dinge reg te ruk na 22 jaar op Verwoerd plaas. Blameer altyd iemand anders vir hul eie swakhede. Altyd in onkenning soos Zuma sê “it was not me”

Otter ·

Tja, seker maar makliker om te blameer as om te doen wat Verword-hulle gedoen het: om dinge te laat werk. Die 1960’s wet op uitbreidibg van hoër onderwys het dit juis moontlik gemaak vir swartes om baskools te studeer. Waar dink hulle kom ouer swart gegradueerdes vandaan?

Hendrik ·

Gerda ek kan dit ook nie verstaan nie. Ons dink hoe kan die swartes na al die jare nog steeds vir die ANC stem as dit so vrot gaan met die land. Wat ek nog minder verstaan is hoe Afrikaners nog steeds wil stem vir die DA na al hierdie tipe uitsprake. Die DA volg die vryheidsmanifes, ondersteun BEE, grondherverdeling, rassekwotas. Is die mense dom? Weet hulle nie hoe werk die proposionele kiesstelsel in die land nie? Hoe kan jy vir die DA stem as hulle straatname veranderin die Wes Kaap? Dink die mense dat indien die DA wen in Pretoria dat hulle nie die naam gaan verander na Tshwane toe nie? Hulle gaan meer en meer radikale besluite doen in Pretoria, soos lae koste huisvesting in die oostelike gedeeltes en dit gaan wees om al hoe meer steun in Mamelodi te wen. Onthou al hierdie regstellende aksie mense sit al reeds in elke vlak van die Metro en hulle sal maar aangaan met hulle swak diens. Nee mense dink ‘n bietjie verder… My stelling is dat die DA gevaarliker in Pretoria is as die ANC omdat hulle meer stemme wil wen uit die swartgemeenskap en wit gemeenskappe gaan opoffer vir die pot lensiesop.

rudi ·

Eeue se agterstand en ongeletterdheid is deur Verwoerd uitgewis deur skole te bou vir swart mense. Dit verwonder my hoe DA liberaliste dink Afrika was geskool gewees voor apartheid. In pleks dat hul die skole gebruik het, het hul dit afgebrand soos nou

cr ·

In die goeie apartheids jare sou die vandaliste vasgevat geword het.

Chrisjan ·

En die wat wou leer, kon leer, al was dit met SAW en SAP in die klaskamers.

John ·

Wow! Verwoerd is vermoor oor die huidige swak onderwysstelsel. Dis nuus. Onderwyskolleges vir die opleiding van goeie onderwysers is deur die ANC geskraap en goeie wit onderwysers is in die pad gesteek. Onopgeleide mense is in hul plek aangestel, Mense kan ook glo hul poste koop. Dan was die …. ….. ! . Die DA-leier is nou net so angstig om die ‘baas van die plaas’ te word en is duidelik nie meer gepla of enige Afrikaner vir die party stem of nie. Ons bly in ‘n land met ‘n massa burgers wat deur die huidige regering en hulself in armoede en onkunde gehou word. Skole word afgebrand en geld word vermors. Is dit Verwoerd se skuld? ‘All chiefs en no indians’ is die droom van Afrika; almal wil bo wees en niemand wil die werk doen nie. Die wittes moet nou, om te oorleef, bereid wees om, soos in die tyd van Moses, die werk vir die Egiptenare te doen. Ten minste het die Faro’s besef hulle het die Joodjies bitter nodig. By ons gaan dit te laat gebeur.

Theuns ·

John, jy is in die kol met die onderwysers wat plek moes maak vir die onopgeleides! Het jy gehoor wat Lesufi vanoggend gese het? Wit onderwysers moet in die swart skole gaan werk sodat almal die beste onderwys in die land kan kry?

Blinde Sjambok ·

Theuns …na die Anglo Boere oorlog het Wit onderwysers begin skool hou in die uitgebrande ruines van skool-geboue …en help skep aan ‘n Eerste-Wereld land binne 2 geslagte! Nou dat daar teen Wit mense gediskrimineer word op ‘n ras-basis (bv. AA en BEE in die werkplek en sport boikots) wonder ek of hulle sal belangstel om weer uit te help?

TvA ·

Nou ry die DA ook op apartheid! In skole waar hardwerkende en opgeleide onderwysers werk, sal die leerlinge presteer. Maar moenie veel verwag waar die onderwysers vinniger as die kinders by die hek uitstorm as die klok lui nie. Voeg daarby die onwerkbare onderwysmodelle waarmee daar sedert 94 gespeel is en verstaan dan waar die probleem is.

Frik ·

Die gaping in die onderwysstelsel wat steeds groter word volgens Davis na 22 jaar is seker ook Verwoerd se skuld Moenie julle onvermoe en wanbestuur en korupsie voor die deur van n ander gaan le nie Sulke uitlatings kos jou stemme Ek het DA gestem maar nie weer nie want julle begin die mentaliteit van die ANC aanneem Probeer julle swakhede op ander afskuif As mens na 22 jaar nog nie n verskil kon maak nie sal jy nooit daartoe instaat wees nie

Jan maak n Plan ·

Dit is duidelik soos daglig dat hierdie twee sogenaamde lede van die parlement nie n idee het wat fout is nie. Dis duidelik dat hulle nog nie die materiaal wat die kinders in die sogenaamde armer skole moet doen onder oe gehad het nie. Daar is nie n manier dat die kinders die werk sal kan verstaan nie want die vlak is heeltemal te hoog en dit geld selfs vir baie kinders in die sogenaamde ryker skole ook. En dan praat ons nog nie eens van die departementele eksamen vraestelle nie – 9 uit 10 keer is dit n groot gemors.

niel ·

moenie ander agter die deur soek terwyl jy self daar staan nie Die kinders wil nie opleiding en dissipline aanvaar nie brand af steek brand het geen respek vir eiendom nie

Blinde Sjambok ·

…dis waarom ek aanbeveel dat skole, klinieke, biblioteke en burgemeesters-huise voortaan met goedkoop papier-pulp (vanaf ashope herwin) gebou word wat lekker vining afbrand met ‘n petrol-bom of 2 en gou en baie goedkoop weer herbou kan word na elke staking deur die tenderpreneurs. Sinkplate kan gelukkig nie brand nie en kan her-sirkuleer …’n Suid Afrikaanse oplossing vir ‘n eg-Suid Afrikaanse tradisie!!

lynette ·

En hoe meer skole afgebrand word en toegelaat word om afgebrand te word, hoe slegter sal die kwaliteit geletterdheid word. Maar toemaar, daarvoor het hulle altyd n verskoning gereed, apartheid!!!

wilma ·

Los die ou geeste kyk vorentoe dis nou gedane sake. Glo in GOD en vertrou op HOM

Lucas ·

Nou is ek net meer oortuig om nie vir die DA te stem nie!! Ek skaam my morsdood as ek moet erken ek ondersteun so ‘n party!!

Oupa Neels ·

Mnr Davis, nou weet ek hoekom alles in hierdie land in gaos gedompel is. Met mense in die parlement wat dink soos jy kan dit nie anders nie. Ek sal vir julle bid. Want jy hoort nie daar nie. Jy is n skande vir enige DA ondersteuner. Dankie dat jy weereens ons oë oopmaak.

Irene ·

Die mensdom moet seker maak wat n gees is daar is net een Gees op aarde wat rond teister en dit is God sin. Julle moet reg kom in SA julle baklei elke dag oor gemors SA bekoort aan geen een maar net aan God pasop mense

Piet ·

Die onderwysgaping is nie deur vakkundige onderrig veroorsaak nie maar deur uitkomsgebasseerde onderwys. Nou gaan die gaping veral in Limpopo vergroot word deur woedebasseerde optrede.

Stefaans ·

En intussen is nog 25 skole afgebrand. Mense wat dit doen, is bestem om vir altyd houthakkers en waterdraers te wees. Verwoerd het die geleentheid vir selfbeskikking daargestel d.m.v. die selfregerende state, maar hulle kon nie die mas opkom nie. Matanzima, met die brein van ‘n kind, het daarop aangedring om ‘n Boeing straler te ontvang. Daardie vliegtuig het nooit weer opgestyg nie en is later as skroot verkoop. Malema wil grond met geweld by die blankes afneem – toe hulle grond gratis gekry het, het hulle dit nie benut nie en in plakkerskampe, gerieflik naby die blankes gaan bly.

Mielie ·

Hulle kan dit noem net wat hulle wil, einde van die dag is dit keuses en commitment. Jy het n keuse om skool toe te gaan, leerder of opvoeder, commitment om jou beste te gee en te lewer, jou keuses om eerlik en eerbaar op te tree. Die onderwysers is Dan self ongedissiplineerd ,alles omtrent hierdie mense se op leiding word verkeerd aangepak. In Bergville is n klein skool met onderwysers en leerders wat hulle keuses reg uit oefen, n skool hoof met commitment Wat die onderwysers dept net van kan droom, dis jammer hierdie skool word nie meer as voorbeeld gebruik by ander skole nie van Wat bereik kan word as sy werklik wil. Miskien moet hulle n die leerders gebruik as motiveerders by ander skole waar die kinders nuwe ander insigte kan kry buiten om net op te gee of te heel tyd iets kry om oor te protes

Hendrik ·

My suster is ‘n onderhoof by ‘n swart skool. Sy hardloop die skool want die hoof is weg op sy privaatsake. Haar hooftaak na pouse is om te kyk of die swart onderwysers na hulle klasse toe gaan. Sy moes die onderwyser en die kinders leer om die papiere in die klasse op te tel. Die onderwysers gee skool in Engels en praat baie swak Engels. Sy kan nie ‘n skoolhoof word nie omdat SADOU ‘n swart hoof daar wil he en dit kos ongeveer R50000 om ‘n skoolhoof te word. Die onderwysers koop hulle poste asook hulle verplasing na ander skole deur die amptenare om te koop. Hulle het vier jaar gelede eers krag in die skool gekry van die owerhede. Voor dit moes hulle ‘n onwettige krag konneksie na een van die hop huise vir krag. Dit is die stand van swart onderwys. Dit is nie Verwoerd se skuld, dit is hule eie skuld DA!

Xa ·

Hendrik, Dankie vir die duidelikheid. Ek wens meer mense kon die boodskap sien.

Koos Rustenburg ·

Mnr Davis DA vergeet gerieflik van Britse oorlogmisdadigers (Rhodes en baàie ander) wat sederd 1800 oor die hele wereld hul koloniale vertrapping van kulture bedryf het. Davis kom die Afrikaner by deur Verwoerd bashing. In 1953 was die Afrikaner n verarmde volk. Verwoerd het ons help opstaan. Ons het opvoeding gedryf en nie misbruik soos ANC wat 1900 skole afgebrand het nie. Vandag se DA doen niks vir Afrikaner opvoeding behalwe om ons soos Nazis te laat lyk in skoolhandboeke.

Sus ·

Wat was erger aan Verwoerd se sogenaamde verdoemende onderwysstelsel as die totale mislukte onderwysstelsel van vandag?? Nou word daar na die moord van Verwoerd verwys as ‘die enigste tragiese ding is dat Verwoerd se beleid nie saam met hom gesterf het nie’. Ek neem ten sterkste eksepsie teen hierdie uitlating. Die huidige regering/parlement is almal netso korrup soos die president want hulle het onlangs gekies om hom te behou. Met al die belastinggeld tot hulle beskikking kan hulle geen suksesse wys nie, veral nie in onderwys nie. Die mens wat nie kan sien die gemors is besig om te ‘snow-ball’ en gaan eindelik in totale anargie eindig nie, is blind.

Nerine ·

Davis, jy slaan jou naam en jou party met ‘n plank.
Angie, hoekom het julle die tegniese kolleges gesluit? Jy slaan ook jou naam en jou party met ‘n plank.

Nerine ·

Davis, jy slaan jou naam en jou party met ‘n plank.
Angie, hoekom het julle die tegniese kolleges gesluit? Jy slaan ook jou naam en jou party met ‘n plank.

E ·

Ou koeie sal geen probleem oplos nie.
Stem vir tegnies en bedryfs onderwys.
Baie kinders veral seuns sal baat by tegniese opleiding.
Almal is nie akademies nie.

Net jammer vir die wat afbrand en wandaliseer, dit veroorsaak dat die kids wat wel iewers wil kom gebriek word.

Hendrik ·

Tegniese gedeelte is tien jaar gelede uit die skoolstelsel gaan haal. Die departement wil dit weer volgende jaar in bedryf stel maar daar is nie meer opgeleide onderwysers vir daardie vakke nie.

Done ·

DA het nou n swart party geword, wat reg is. Die enigste party wat nog aan witmense dink is die VF+

pieter ·

NET N DWAAS REDENEER SO.KYK EERS NA VERWOERD SE NAVOLGERS EN SIEN DIE SE SUKSES IN BLANKE SKOLE MISKIEN WORD JY WYS DAVIS.OEPS, DA DAAR GAAN MY EN MY GESIN SE STEM,DOWN THE DRAIN.

susan ·

Die ANC is al 20 jaar aan bewind. Die DA is al 20 jaar die amptelike opposisie. Hoekom het hulle nie al die perfekte onderwysstelsel uitgebring nie. Hou op om mense wat al jare terug dood is die skuld te gee vir julle mislukkings.

dries ·

Ja so is Mandela al 20 jaar uit die parlement en hoeveel jaar dood, net jammer kortsigtigheid en ” parlementere dwaasheid” het nie ook saam met hom doodgegaan nie

m ·

Ag asb DA begin julle nou ook met die strooi praatjies. Hoeveel skole is nie onlangs deur swartes afgebrand nie so hulle wil nie geleerdheid he nie. …….. Ons verwag intelligente praatjies van julle nie strooi nie. Gewonder wanneer gaan apartheidskaart uitgepluk word…. O ja en nog ‘n ding, vergeet ma van my stem. Julle is net so rassisties………..

m ·

ek wonder wie gaan blameer word vir die groot sukses in wit onderwys. Ons kinders presteer, leer hard, geniet hulle sport………..en swart onderwys is een baie donker prentjie…………..

Mielie ·

Die blankes gaan blameer word. Hoe Dan anders, daar is net een ras Wat verantwoordelik is vir die land se probleme . Maak nie saak wie aanjaag nie…… dis wittes se skuld.

Chris ·

Die DA het nie meer wit stemme nodig nie, hulle vry na die swart middel klas wat al dubbel die toetale wit bevolking in getalle is.

Jf van Rooyen ·

Wat almal geriefliksheidshalwe vergeet is die feit dat die ANC vroeër jare sy mense af geraai het om te leer dit was mos westerse gemors wat afrika nie nodig het nie en dit was voor en na verwoerd gepropageer

Koos ·

Maroela nuus, stuur ASB hierdie kommentare na die DA sodat hulle die boodskap kan kry oor hulle ondeurdagte uitsprake

Lee ·

Stem 100% saam met jou Tom. Hulle is in elk geval al wat vir ons baklei. Ons kinders brand nie hulle skole af en saai verwoesting sovêr hulle gaan nie. Blame ons vir als al is dit julle eie skuld. My kind is ook in ‘n arm blank skool wat nie soos Waterkloof en al daai smart skole is nie en glo my hulle het top presteerders. Mnr DA gaan doen bietjie ondersoek voor jy jou mond oopmaak. Dit gaan nie oor die skool nie maar of die leerders wil leer of nie. Ek dink jy het daar klaar jou antwoord. Totsiens DA. Julle is defnitief nie my vote werd nie!!!

Grassie ·

Enige Afrikaner wat nou nog vir die DA wil stem moet verseker sy of haar kop laat lees.

gatiep ·

Se ek ook Grassie maar daar gaan baie afrikaners stem vir hulle wat nog in n dwaal is.

hans brits ·

Hulle die (rassis partye) moet Verwoerd,Jan van Riebeeck en al die ander se lyke gaan opgrawe en vir hulle vra wat gaan aan,nie ons wat geensens niks met hulle te doen gehad het nie.Ek is blank en het nie myself gemaak nie.Hoekom haat hulle al wat blank is dan.

Francois le Cochon ·

Die hele onderwysstelsel is op idologie gebasseer, om so veel as moontlik leerders deur die skool systeem te sit, met die laagste moontlike slaagsyfer. Tien Europese lande het laat in die 1990’s tot ongeveer 2002 hul gratis onderwys advies aan SA geggee. Daar is gereeld in Nederland vergader. My vriend in die onderwys met 2 Doktors grade was een van SA se afvaardigings. Die meeste van SA het nooit die vergaderings bygewoon nie en net ge-shop. Potte panne en komberse gekoop. Die SA afgevaardigdes het ook die Laptops wat tydelik tot hul beskikking daar in Nederland was gesteel. Op die ou einde het die Europese lande onttrek, en aan SA genoem dat hul onderwysstelsel gedoem is.

Tertius ·

Hierdie trawante blameer álles en álmal behalwe hulleself.

Ben Prinsloo ·

Dankie vir die link Henk ek het gebruik gemaak daarvan. HF Verwoerd en Advokaat JG Strydom se portrette hang nou nog in my sitkamer. Ek is baie trots op hierdie 2 manne inteendeel daar was min soos hulle. Laat ek nie verder praat nie. Vir die wat wil DA stem vra ek net baie mooi, maak seker van jou besluit en kyk waar kom die DA vandaan en kyk wie is die leiers van die DA. Doen bietjie huiswerk asseblief, alles is op die net.

Theuns ·

ANC en DA is sinoniem. Baie min verskil. Die ANC blameer Jan Van Riebeeck en die DA vir Hendrik Verwoerd? Maar kom ons gee toe. Voor die witmense hier aangekom het in 1652 was daar in die Kaap en die hele land die mooiste hoofpaaie. Krag sentrales wat gesorg het vir genoegsame krag, die pragtigste wynplase wat deur die koisan besit is en so kan ons voort borduur. Tjhaka het selfs die eerste Atoom bom in die wereld vervaardig. Die witmense het alles vernietig! Toe kom Oom Hendrik en hy vernietig alle opleiding fasiliteite vir swart mense soos tegniese kolleges, universiteite en in die plek daarvan word die skoolkinders in ‘n kombuis taal geleer onder bome. Toe nou mense! Dit was darem baie onregverdig.

Corné ·

Wat’n pot onsin praat die man nie! Gaan soek die skuld vir die “gaping” in die onderwys by die HUIDIGE regering. Handboeke wat nou al vir jare nie afgelewer word nie. Stajende onderwysers (nie almal nie) en ook onderwysers wat DALK nie oor voldoende kwalifikasies beskik nie. Fondse wat vir onderwys aangewend moet word vir beter geriewe, maar dalk ook nie korrek aangewend word nie agv tenderpreneurs. Apartheid was vir seker nie reg nie, maar daar was beter dienslewering, paaie en meer positiewe ekonomiese groei as die afgelope 7 jaar. Werkloosheid onder alle bevolkingsgroepe was ook nie so hoog nie. Selfs met BEE en regstelkende aksie waar die blankes se werk “afgevat” word tot voordeel van ander groepe, is die werkloosgeidsyfer onder daardie groepe STEEDS baie hoër as ooit.

John ·

Theuns jy verdien ‘n bottel Maroela. Ek hoop jy het altyd goeie punte vir jou opstelle gekry!

Hahahehehiehie tjietjie ·

John ek stem saam, thanks vir die lekker laggie manne! Cornè jy het ook ‘n uitstkende samevatting!

Theuns ·

Corne, John, natuurlik is dit ‘n pot onsin wat ek praat. Maar die “verdomming” wat Herman Toerien van praat het dit spesifiek ten doel om ons enige tjol te laat glo as jy nie tussen die lyne lees nie! Verdomming beteken ook propaganda! So terloops my opstelle is nie baie goed ontvang nie! Dit is verkeerd geintrepeteer! Groete.

Xa ·

Lees asb Hendrik se aanmerking heelwat boontoeer (na Mielie sn), dit is n perfekte antwoord.

Oom Kalahari ·

Mnr Davis, asb jy het darem nou nie met dommetjies te doen met jul manupilasie opleidings strategie nie. Vir jou inligting was Dr Hendrik French Verwoerd een van die bes opgeleide en regverdigste Presidente ooit wat die land nog kon oplewer en wat na elke volksgroep se belange en strukture omgesien het. Laat hom met rus en kyk na jul eie swak beplannings en optredes. Opleiding begin by respek, dissipline, begrip verantwoording, eerlikheid en verantwoording wat die blanke Onderwysers met jare se studies weldra toegeien is, maar word misbruik om bystand te gee en dan verjaag word. Alles op alle vlakke kwyn, want DA jul oogklappies op alle gebiede begin ook deurskemer en jul hammer gedurig oor die Kaap en hoe wonderlik, want dit is net deur goeie gehoorsame burgers wat omgee en self wil opbou. Werkskepping is mos om 24 skole af te brand en dan ander te dwing om mee te integreer waar verlaagde opleiding volg. Indoktrinerings strategieë werk nie met almal Mnr Davis. My familie is trotse VF+.

Geesie-Sweef ·

Wel kyk, as ek my nie verbeel nie…..bly ‘n gees mos maar vir altyd/ ‘n baie lang tyd teenwoordig?! Ou Jan is seker weer iewers opgemerk?!
Sterkte dan maar in daardie geval!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.