Verwoestende Limpopo-brande geblus

Foto: Verskaf deur Joe Balt

Foto: Verskaf deur Joe Balt

Ná brande in Limpopo vir dae gewoed het en derduisende hektaar bosveld en weiding verwoes het, is al die vlamme uiteindelik geblus.

Sam Maepa, algemene bestuurder van Working on Fire, het Donderdag aan Maroela Media gesê al die vlamme is uiteindelik geblus en daar word nog plek-plek opruimingswerk gedoen. “Ons het gister [Woensdag] reën gekry waaroor ons baie dankbaar is,” het hy gesê.

Foto: Verskaf deur Joe Balt

Foto: Verskaf deur Joe Balt

Maepa het vroeër gesê die brande het meer as 80 000 hektaar verwoes en miljoene rande se skade is aangerig. Plase, weiding, landerye, geboue en voertuie het alles onder die verwoestende brande deurgeloop. Die brande het rondom Alma, suid van Vaalwater, begin en van daar wyd versprei. Altesaam 260 brandbestryders is na 20 verskillende brande in die Waterberg ontbied.

Intussen het Zolile Nqayi, woordvoerder van die departement van omgewingsake, gesê min. Edna Molewa sal Vrydag die familie van die brandbestryder besoek wat in die brande omgekom het. Modikwe Samuel Ramokgaba het brandwonde opgedoen terwyl hy ʼn brand in die Northam-gebied bestry het. Hy is per helikopter na ʼn hospitaal in Bela-Bela geneem, maar is Sondagaand in die hospitaal dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.