Verwoesting by hospitaal veroordeel

Die toneel by die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg ná stakers op ʼn verwoestingstog gegaan het. Foto: ANA

Die ANC in Gauteng het gewelddadige betogings by die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg veroordeel en ʼn beroep op die owerhede gedoen om misdadige optrede te bekamp.

Hope Papo, provinsiale sekretaris van die ANC in Gauteng, het gesê die provinsiale uitvoerende komitee het met skok kennis geneem van die “ongekende toename in verwoestende en lewensbedreigende betogings” deur gesondheidsektorwerkers by die hospitaal. Volgens Papo is dit duidelik dat selfs pasiënte nou ʼn teiken geword het.

Dit volg nadat werkers by die hospitaal vandeesweek oor lone en bonusse begin staak het. Volgens mediaberigte het werkers Donderdag op ʼn verwoestingstog gegaan, vullisblikke en mediese voorraad in die gange uitgegooi en selfs pasiënte gedreig.

“Ons doen ʼn beroep op die owerhede om streng teen betogers en dié misdadige aksies op te tree wat die lewe van pasiënte in gevaar stel,” het Papo gesê. “Terselfdertyd doen ons ʼn beroep op die Gautengse departement van gesondheid en die vakbonde om dringend ʼn bevredigende oplossing te vind vir die huidige geskil oor bonusse in die beste belang van die pasiënte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Die ANC moenie nou huil nie. Dis mos die produk van Unies. Brand af ver woes as ek nie my kry nie. Niemand gaan in ‘n land van anargie kom belê nie. Hulle ontsien nie eers die sieklikes in die hospitaal nie, en boonop word die dade van die mense die wêreld in gestuur. Vandag brand ons die bus en more wag ons vir hom om ons werk toe te vat. Maar dit is die toedrag van sake.

John ·

Nee, gee groooot verhogings terugwerkend tot 1994 en geskenke ook en jumbo-bonusse en nog vuurhoutjies en en. Watter skande en wie gaan afgedank of gestraf word? Niemand.

Wurmpie ·

Bonus kry jy as jy werk nie as jy betoog nie. En wie by enige instansie wat deur die ANC beheer word werk?

HPV ·

Grap van die jaar, die anc veroordeel die anargie wat deur hulle geskep is! Lagwekkend om die minste te sê.

marous ·

Skok , teleurstelling ,beroep op owerhede en dan ry ons huis toe met ons blink motors maar gaan gou by die winkels aan om ontwerpersklere op te tel ….daar is geen “hope” vir hierdie ashoop nie!

Grassie ·

Tot hoe laag kan mense daal? Om ‘n hospitaal op te mors, vullis uit te strooi en versorging van pasiënte te belemmer, hul lewens in gevaar te stel is ondenkbaar in enige land waar daar nog ‘n greintjie van beskawing is. Ek wil weer herhaal wat ek vantevore hier gesê het – ons eens beskaafde, vooruitstrewende land is onomkeerbaar op pad na totale anargie van die dag af wat die huidige regering aan bewind gekom het.

D P J ·

Môre of oormôre moet hulleself behandeling in die hospitaal ontvang, wat da??? Gaan hulle uit die bedens opstaan en bed aan die brand steek???

Oom Kalahari ·

Dit is die normale “We Demand” tendens dwarsdeur Afrika. Skade en swak dienslewering gaan hierdie land nog heeltemal kruppel en lam le. Anargie raak buite beheer en soos groepies daarmee wegkom verhoog hierdie aktiwiteite net meer en meer.

Lulu ·

As a professional nurse for nearly 35 years it is sad/disgusting and heartbroken to see that nurses are going on like this. They are violating SANC ‘s ethical code, the Nightingale pledge (which they read out at graduation as well as the state’ code of conduct. Nurses who are act like this! utterly disgusting / unprofessional / unethical behaviour is bringing the name of the profession in disrepute. Training providers must seriously reook at their selection criteria-because there are far too many who are in the profession that not wants to be a nurse but because there is a national need to train more nurses everyone who met the criteria(based on their results) are trained and because some of them letargic and negative attitude they have no pride in what they are doing and sat at university/college for 5-7 years instead of 4 years to complete the course-our young people must please start reconsidering their career choice-nursing is a calling and if they not have empathy and a passion for what they are doing, they are more than welcome to leave/not enter the profession-the profession and patients dont need nurses who makes a mockery of nursing-nurses who display these unprofessional /unethical behaviour should be internally disciplined and their transgressions should be reported to SANC for a further discipline in terms of violating their as well as the International Nurses Code of Ethics

thinus ·

Ek moet dit net sê: Liewe Lulu, you dont need to be heartbroken – this is happening in every sector of the SA economy and state. No job is too profesional or ethical to be raped by “workers ” in SA. But yes, it is still disgusting and sad.

Uvonka ·

Unfortunately ethics and / or code of conduct means nothing to them. The attitude of a job is a job is the main problem. I have often heard people saying that nurses are born, not taught! SAD, SAD, SAD!!!!!!

Reguit ·

Maar net nog ‘n skitterende voorbeeld van Afrika se permanente “sukses en vooruitgang”. Wie wil hulle kinders in daardie hool groot maak? Beste opsie is om te emigreer.

Rina v heerden ·

Dissiplinere verhore moet begin realiseer. Skande. Gee werk vir betroubare staf. Prestasie belonings is n vergunning. Nie pasiente se skuld nie. Tree ferm op.

Maro ·

Vandag breuk hulle af, môre moet hulle jou drup vervang…wat n joke! Sal geen personeel daar kan vertrou nie.

Dean ·

it will be interesting to see if the South African Nursing Council takes any action against the nurses?

Wilma ·

Sal wragtig nie weer veilig voel met so persoon om my te verpleeg. Waar is die dae tu die hospitaal vloere geblink het soos spieels en die beddens n presiese manier opgemaak was. Dis vir ewig ini verlede

Katy ·

Mese se opvoeding laat veel na wense. Die personeel moet groot word en beskaaft. As hul regtig vir hul medemens omgee in hart en siel sal hul so mors of siekes los nie. Dis ‘n eer on sulke diens te lewer en die beste te doen waar kan. Werk en geld is skaars en almal sukel . Plaas dat hul iets doen om geld in te samel vir beter diens. Wonder waar gaan als eindig.

jaco ·

NEHAWU staak.
NEHAWU is by COSATU geaffilieer.
COSATU is in ewigdurende alliansie met die ANC.
Die ANC kla oor en veroordeel die staking.
So eintlik kla die ANC oor die ANC.
Iets maak nie sin nie.

Willem ·

Pragtig dat julle veroordeel, soos met als, maar wat doen julle daaromtrent????

Ook soos met als ….. niks.

Jannie ·

Dit is die produk waarvoor die meerderheid gestem het meer as 20 jaar gelede.

jd ·

Breek alles vernietig alles julle sal niks oorkom nie pay sal julle kry dit gaan lekker in Suid afrika .”””’Daar is miljoene mense wat graag wil werk.

Louis ·

Dit is al wat die ANC en hul volgelinge ken. Vernietiging. Môre staan die selfde spul daar om behandeling te ontvang. Dit gaan maar oor opvoeding. Na 23 jaar is daar nie meer verskonings nie. Emosionele onstabiele spul. Geen goeie storie nie.

Andre ·

Dit is hoe ANC en EFF demokrasie en vooruitgang lyk… Goeie werk. Ek hoop die dag kom dat julle lede daar vir behandeling gaan wanneer dit so gaan…

GM ·

Dank almal af, en kla hul aan vir poging tot moord. Indien enige pasiënte sterf, kla hul aan vir moord. As ‘n lewe vir hul so min werd is, moet hul nie in ‘n hospitaal werk nie. Ek wil nie hê so ‘n persoon moet my versorg nie.
Ek glo dat díe tipe gedrag stilletjies goedgekeur word. Hoe groter die vrees om in staatshospitale behandel te moet word, hoe meer mense sal hul begroting tot op die been sny, maar ‘n mediese fonds/hospitaalplan sal hul kry. Sodoende maak die regering ook geld.

Alida ·

Die tronke is VOL. Daar is mos nie beplan om meer tronke, skole en klinieke te bou nie want hulle het nie die geboortesyfers nagegaa nie. Eish nou sit hulle in tamatiestraat.

snoefie ·

die anc is so besig om die “geweldadige stakings” landwyd te veroordeel dat hulle nie ryd her om daarteen op te tree nie. verpleegsters wat geweldadig vir meer geld optree? hoe kan hulle n mens in pyn behandel? nee anc! jaag weg

Vegter ·

Ramaphosa kan nie die job doen nie die land is buite beheer

t ·

Ramaphosa kan niks doen nie want: sy hande is vasgebind met 2 afsonderlike geheime ooreenkomste tussen die Zuma en Mabuza faksies, en hy wat CR is het nie die geheime stemming eers gewen nie. Dit is ‘n groot kompromie bedrogspul!

sarie ·

van al die afbrand maak hulle die land arm,daar gaan nie geld wees vir herstel,teen die einde van die dag is alles gelyk met die aarde,daar word nie streng op getree nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.