Die nasionale en provinsiale regerings het in die 2018-’19-boekjaar ʼn allemintige R2,6 miljard van belastingbetalers se geld gebruik om bonusse aan “kaders en miljoener-bestuurders” te betaal.
Hiervan is R628 miljoen deur die nasionale regering uitbetaal en R1,97 miljard deur die onderskeie provinsies. “Dié bonusse word betaal aan kaders in bestuursposisies bo en behalwe hul gemiddelde jaarlikse salarisse van R1,4 miljoen per jaar,” het Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, gesê.
“In ʼn duidelike demonstrasie dat die regering onbevoegdheid en korrupsie beloon, het amptenare in tientalle departemente wat negatiewe ouditbevindings gekry het, steeds honderde miljoene rande se bonusse gekry.
Gauteng het R848 miljoen uitbetaal, Limpopo R396 miljoen en Mpumalanga R244 miljoen – dis die hoogste bedrae wat uitbetaal is, ten spyte van voortgesette swak ouditbevindings.
“Die nasionale regering se departement van water en sanitasie het R101 miljoen in bonusse uitbetaal om Suid-Afrika se waterinfrastruktuur te verwoes en krane landwyd te laat droog staan.
“Hoewel die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming aanhou om eiendomsreg te ondermyn deur te weier om ontluikende boere ook grondeienaars te maak, het sy bestuurders R41 miljoen se bonusse gekry.
“Die regering, wat nie enige geld kon kry om boere midde in ʼn moordende droogte te help nie, se nasionale departement van landbou het R27 miljoen aan miljoenêr-bestuurders betaal.”
Schreiber het gesê die minister van finansies, Tito Mboweni, het in sy mediumtermynbegrotingstoespraak aangekondig dat R50 miljoen van die begroting vir servikale kankerbehandeling gesny moes, terwyl R40 miljoen minder beskikbaar gestel is om puttoilette uit te wis. Intussen bestee die ANC miljoene op diegene in sy binnekring.
Hy het gesê die ANC beskerm sy skatryk kaders terwyl die mees basiese dienste van weerlose burgers ingeperk word.
Mboweni het in sy begrotingstoespraak ook gesê die regering moet minstens R150 miljard oor die volgende drie jaar bespaar om ʼn algehele, ekonomiese ineenstorting te voorkom. “As die regering ernstig daaroor is om burgers bo kaders te stel, sal hy dadelik die betaal van bonusse aan miljoenêr-bestuurders staak,” het Schreiber gesê.
Die DA sê die regering moet dadelik alle salarisse van bestuurders en administrateurs vir drie jaar lank vries en die getal miljoenêr-bestuurders met ʼn derde verminder. Dit sal onmiddellik lei tot ʼn besparing van R168 miljard, wat geld beskikbaar sal stel om fiskale ineenstortring te ontkom en basiese dienste te beskerm teen die “grenslose hebsug” van ANC-amptenare.
Bonusse uitbetaal in 2017-’18 | |
Nasionaal | R628 miljoen |
Provinsiaal | R1,97 miljard |
TOTAAL: | R2,6 miljard |
Provinsiale besteding | |
Gauteng | R848 miljoen |
Limpopo | R396 miljoen |
Mpumalanga | R244 miljoen |
Departemente (nasionaal) | |
Water en sanitasie | R101 miljoen |
Landelike ontwikkeling en grondontwikkeling | R41 miljoen |
Landbou | R27 miljoen |
iets om oor op tegooi. sieklik.
Ryk en lèkker!
Wat het hul gedoen om te kwalifiseer vir n bonus, viva
Gebore met ‘n donker gelaat en maak seker hulle stem vir hulle party…
Daag op vir werk = bonus
Hulle het ordentlik geknoei. Dis hoekom hulle bonusse gekry het. Trots op mekaar se streke.
Dis belaglik!!!!!
Ja die rugby oorwinning is nou verby en alles keer weer terug na “normaal” of is dit nou abnormal…… in Suid Afrika. Die kleefbroekies is weggepak en die WebEllis beker is nie meer vol brannas nie. Maar die party van ons ANC regering hou nooit op nie, al is dit die wynspan wat speel en dieselfde span wat nog nooit n game gewen het nie. Hulle gee egter nie regtig om of SA wen of verloor nie, Solank elke comrade kan vat wat hy kan terwyl die res van ons land bloei en spartel om te oorleef.
Wat se bonuses??? Sommige staats amptenare is dan langer as 15 jaar op dieselfde “level”, Is veronderstel om oor te gaan na volgende “level”, maar daarvan kom “dadels”. Ag nee, sies man!!!
Daar is een les wat die Nasionale Party nie wou leer nie en dit is dat die ANC die eenheid van die party bo alles stel,al moet die lojaliteit so op baie plekke in Afrika met gewone burger se ‘bloedgeld’ gekoop word.
Daarom was die eerste vraag deur die kaders’tydens die samevoeging van Munisipaliteite , nie hoe kan ons die lewensomstandighede van mense verbeter nie,of wys ons hoe dit gedoen moet word,maar ‘hoeveel geld is daar in die kitty’.
En steeds wou De Klerk en sy saamlopers en diegene wat handegeklap het nie luister nie.Nou pluk die land en sy mense die wrange vrugte en word daar gereeld so ‘n bietjie
aan die beeld gepoets met ‘ons kon nie anders nie’.
Op Munisipale vlak het ek gesien hoe vinnig sekere Departementshoofde gou vriende
geraak het met onderhandellaars.So moenie kwaad word nie maar Afrikaners het op baie vlakke Afrikaners uitverkoop terwille van die behoud van hul eie posisies en is op die ou einde deur die ANC uitgeskop.
@Frans – Baie ware woorde wat jy sê. Die soustrein gaan doodeenvoudig nie ophou loop totdat die ekonomie totaal vernietig is nie (onthou Zim). Dan volg anargie. De Klerk en sy meelopers se nalatenskap.
Dis maar die norm van n Afrikaner….om sy mede mens in die rug te steek. Hy kyk jou letterlik in die oë terwyl hy jou skoene nat maak.
En daar is die rede hoekom ek nou al 3 na 4 maande wag vir my uitbetaling van SARS af.
Ja en so wag ek en my vrou nou al n jaar vir geld wat sars gevat het, nie een van ons is eers naby die R500000 wat jy belasting vry op geregtig is nie,
Dit is juis optrede soos die wat die land sink.Duisende werkers kry nou bestuurders se salarisse en bonusse.Niks gaan die die bus stop nie.Die privaat sektor se salaris skaal lyk primitief teenoor die salarisse wat die staatsdiens die werkers betaal.Die geld kom met komplimente van die belasting betaler.As die belasting betaler vir net EEN maand nie belasting betaal nie sink die LA -LA land skip van die staatsdiens.So kom ons kry ons reelings in plek.Kom ons maak dit gebeur.
En so sal dit voort gaan totdat daar niks meer oor is nie.
Mens met ‘n gewete sal sleg voel om sulke bonusse te kry en daar is droogte, moorde en mense wat honger ly. Sies dit is ‘n skande.
Ek moes vanoggend R200 leen vir petrol want kos is so duur en die ouens het n tyd van hulle lewe. Siek!!!!!!
Hieraan sal nooit n verandering kom nie. Soos seker n paar jare terug in n nuuskommentaar of debat geskryf is die kulture is eenvoudig te wydeenlopend. Aan die eenkant n eerstewereldkultuur wat inherend n opofferende selfverwesnlike drang het en aan die anderkant n kultuur met n inherente grypsig, n verbruikersdrang wat nie in sigself slaag nie en dus onversadigbaar is. Watter selftrots en selfrespek kan hoegenaamd in so n lewensuitkyk gekweek word. Op die manier sorg die regering vir sy voortbestaan, Maar kweek dan ook leiers wat in die toekoms meer en meer ondoeltreffend is met n eindelose selfverrykkinsdrang en matelose selfsug.
Skandelik!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Siek!!!!!!!!!!!!!!!
Ek gaan liewers my mond hou regtig.
En intussen is alles opgemors en werk nie en is bankrot ….dankie anc !
Verander die bonusse na Performance Key Incentives, presies wat die woord beteken. Bonusse vir Bankrot SAA, Eskdom, SAUK en en en.
Wie was dit nouweer wat gese het “we did not fight this revolution to be poor.”
Dit klink asof hulle geveg en gewen het. En hulle klop hulself op die skouer.
Hulle het niks gewen nie. Hulle het bloot iemand gevind wat bereid was om te verkoop.
Belaglik die mense in hierdie land gaan dood van die honger en die kaders leef in weelde, Ons met net ophou om belasting te betaal. Geen wonder hulle is almal so mooi rond nie.
Dit is om van siek te word.
En om alles te kroon hulle werk nie eers nie.
Shame en die Wes Kaap kry niks en dan wonder n mens hoekom.
IMF lening wag …..
Dit is net die amptenare in hoë posisies wat daai tipe salarisse en bonusse kry, beslis nie die outjies op grondvlak wat lewenslank op dieselfde vlak bly nie.
Miljoeners kry bonusse en niks werk meer nie, selfs SARS sukkel! Moenie leef om te werk nie, werk om te leef ! Dan kan die staat maar hul belasting by die miljoenerbestuurders gaan vat!
N vetter soustrein sal jy nerens vind in die wereld as hier in SA nie. Ten spyte van hierdie geweldige salarisse en bonusse is die algemene kultuur van swak en wan betaling onder sommige van hierdie ‘fat cats” eerder die norm as die reel. Gaan doen maar navraag by motorhandelaars, verbandpaaiemente, versekeringspremies, elektrisiteit en grondbelastings invorderaars. Die balju het hul hande vol met ons ryk staatsamptenare.
Hierdie berig is misleidend… Dit begin oor bonusse wat uitbetaal is in 2018/19 boekjaar maar die tabel onder wys syfers van 2017/18 boekjaar. In 2017/18 was die 5e Administrasie nog in bewind. Ek sal graag wil weet wat is werklik in 2018/19 uitbetaal en dan wat in hierdie boekjaar uitbetaal gaan word (projeksies)? Nasionale Tesourie het duidelike riglyne gegee wat die uitbetaling van bonusse betref. Gaan heeltemal afgeskaf word….
Nou kla julle. Maar tog wil julle ook “bly en bou”. Dinge gaan nooit verbeter nie. Stig af of emigreer.
Tog te lekker hier op die Titanic!!!!!
I told you so, long ago. The ANC is flying the ANC flag, continuing their struggle and maintaining their state capture status quo, because what the ANC is busy with is for the ANC only. It is not for South Africa!
En so word die gulsige Draak elke dag net sterker terwyl hy heerlik met belasting gevoer word.
Eerste artikel wat opkom as jy Maroela media oopmaak is groot skrif “AA stel donker tye voor vir vakansiegangers”. Dan die volgende vang my oog Water & Sanitasie R102 miljoen en Landbou R27 (bonusse). WDH gaan aan in SA? Boere kry nie hulp of beskerming maar hierdie “mense” kry bonus. S5$&t stroom ons riviere en see in, daar is nie water in baie stede maar ons kry R102 miljoen bonus!!!!!! Ek hoop hierdie bonus happies hou lekker Kersfees en mag julle n rustige vakansie hê. Julle is geregtig daarop (sarkasties natuurlik).
Net soos in Zim wat die “krokodil” erger is as wat Mugabe was is CR ook baie erger as wat Zuma was. Ons moeilikheid word net al groter by di dag
Dit is hoekom ek al in 1994 plan gemaak het om te trek. Het my sewe jaar gevat maar het dit tot in Amerika gemaak. Bly al 20 jaar in hier en verruil dit vir niks. Al my geld uit SA getrek. Die regering gaan eendag vir die pensioen fondse kom.
Nie eendag nie, beplan alreeds die plundering daarvan.
Nou ja, hou op tjank en ons verder uitroei! Pay back the money en sort hierdie land uit wat julle in so gemors gedruk het. Julle kan nie, julle is te onbevoegd!
So plunder hulle indirek voort. Da moet nie net praat nie, dwing julle voorstel af, dit is tog julle plig as oposissie.
Waarop betaal ons nie belasting in een pot nie tot dat daar besluit word om ons geld korrek te spandeer, dit is ‘n skande dat die president hierdie bonusse goed gekeur het, die land val in mekaar, mense benodig huise, droogte is nie meer te keer nie en ons belasting word vir die vet hoog geplaastes gebruik……dit is ‘n skande.