Veteraan-akteur Danny Keogh sterf

Danny Keogh. (Foto: http://www.apm.co.za)

Die Suid-Afrikaanse akteur Danny Keogh is in die ouderdom van 71 oorlede.

ʼn Vriend van Keogh se seun, Tyrone, het sy afsterwe aan Maroela Media bevestig. Die oorsaak van Keogh se dood is nie onmiddellik bekend gemaak nie.

Keogh is in Uganda gebore, maar was ʼn bekende akteur in Suid-Afrika. Hoewel Engelssprekend het hy ook gespeel in Afrikaanse reekse soos Sleurstroom, Drome van gruis en Binnelanders toe dié sepie nog ʼn reeks was.

Keogh was onder meer te sien in die rolprente Invictus, The Poseidon Adventure en The Piano Player.

Hy was voorheen met die aktrise Michele Burgers getroud. Sy seun, Tyrone, is ook ʼn akteur en televisie-aanbieder, onder meer bekend vir sy rol in die sepie The Wild en die rolprent Blood Diamond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Alwyn ·

Hoed af vir die plaasbestuurder dis hoogtyd dat alle boere parraat raak soos ons almal was die die 70 jare

Lynne ·

Verbeel ek my of het hy nie ook in The Villagers gespeel nie? Baie sterkte aan die familie. R.I.P

Louise ·

Dis seker nie hier die regte plek om dit te bespreek nie, maar dink jy nie dalk aan Dale Cutts nie?
RIV Danny. Het jou altyd as akteur bewonder.

Chris Ws ·

Innige simpatie met sy naasbestaandes.Danny ,jy was ‘n baie goeie akteur – dankie vir die genot wat jy ons, as onbekendes vir jou ,verskaf het.RIP.

Mereze ·

Danny Keogh – een van my gunsteling akteurs. Rus in vrede. Sal nooit vergeet hoe ek op ouderdom 13 ‘n ” onderhoud” met hom gevoer het in Tygervallei Sentrum net sodat ek my eerste “crush” kon ontmoet het nie. Hy was so vriendelik, geduldig en bedagsaam.

Heksie ·

Na die afsterwe van Paul Ehlers het ek gewonder waar in die lewe Danny homself bevind … en kyk nou …
Innige simpatie met sy vrou en seun.
RIV Danny, die man met die mooi blou oë.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.