Veteraan DA-LP oorlede

Dene Smuts. Foto: Flickr/The Democratic Alliance

Dene Smuts. Foto: Flickr/The Democratic Alliance

Dene Smuts, voormalige DA-LP, is in die ouderdom van 67 dood.

James Selfe, die voorsitter van die party se federale uitvoerende komitee, het die nuus bevestig. “Die DA het met hartseer verneem van Smuts se skielike afsterwe,” het hy gesê. Sy het vermoedelik ʼn hartaanval gehad.

Smuts, ʼn voormalige tydskrifredaktrise, het in 1989 die politiek betree en tot 2014 as ʼn LP gedien. Sy was betrokke by die skryf van die Handves van Menseregte en het as die DA se woordvoerder van justisie gedien totdat sy, net voor die laaste nasionale verkiesing, afgetree het.

David Maynier, die DA se finansies-woordvoerder, het Vrydag aan African News Agency gesê Smuts het hom alles geleer wat hy weet. “Sy het daarvan gehou om dit die wiskunde van wetgewing te noem,” het hy gesê.

Selfe het Smuts geloof vir haar toewyding en hoë standaarde. “Sy sal onthou word as ʼn ware groot parlementêre afgevaardigde, wat onwrikbaar gestaan het vir ʼn saak soveel groter as haar eie persoonlike voortuitgang – ʼn blywende stel waardes en oortuigings,” het hy gesê.

“Of dit haar werk met die wetgewing van die Waarheid en Versoeningskommissie was, ʼn moderne kommunikasiebeleid, haar werk vir die onafhanklikheid van die regsprofessie of haar heldhaftige werk oor die Wet op Beskerming van Staatsinligting, Dene het altyd ongelooflik hard gewerk met totale toegewydheid aan die Grondwet en die beginsels wat dit verskans.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dirk Kroonstad ·

My innige meegevoel aan die familie. Sy was ń besonderlike dame wat ń reuse positiewe bydrae gelewer het aan Suid Afrika op joernalistieke-,regs- en politieke terriene. Alhoewel later in die lewe nie meer kontak gehad het nie. Ek en haar vader Regterpresident F.S. Smuts het n ver pad saam geloop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.