Veteraan-ekonoom sterf

Prof. Sampie Terreblanche (Foto: Uit ‘n onderhoud met Fazila Farouk van SACSIS)

Die veteraan-ekonoom en oudlektor prof. Johannes “Sampie” Terreblanche is Saterdag in die ouderdom van 84 dood.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), het dié nuus bevestig.

Terreblanche het volgens berigte ʼn stryd teen breinkanker verloor nadat hy ʼn jaar gelede met dié siekte gediagnoseer is.

“Dit is met groot hartseer dat ek namens die Universiteit Stellenbosch ons diepe meegevoel betuig teenoor die familie van prof. Sampie Terreblance,” het De Villiers gesê. “Ons eer hom as ʼn legendariese politieke ekonoom; geliefde inspirerende lektor vir duisende van ons studente, en een van die US se kritiese stemme.”

Die US het Terreblanche in Desember 2015 met ʼn eredoktorsgraad vereer vir sy “uitsonderlike bydrae as diepsinnige ontleder van sosiaal-ekonomiese stelsels, sy klem op sosiale verbetering vir almal in talle rigtinggewende publikasies en sy vreeslose voorspraak vir die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika”.

De Villiers sê Terreblanche se akademiese loopbaan aan die US het oor die helfte van die 90 bestaansjare van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) gestrek.

Terreblanche se klem op maatskaplike verbetering vir die groot gemeenskap is ʼn deurlopende tema in sy werk. Hy het in sy loopbaan meer as 12 boeke en meer as 30 artikels en bydraende hoofstukke geskryf.

Kyk Fazila Farouk se onderhoud met Terreblanche hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet Snot ·

Stil broers, daar gaan ‘n man verby …
Ek het baie, baie van prof Sampie verskil. Maar hy was steeds ‘n groot Afrikaner.

Jacques Venter ·

Wat ‘n groot gees. Hy was sy tyd ver vooruit. As die mense tog net eerder na hom geluister het.

Siener van Melbourne ·

vince, jou kommentaar is ietwat verbysterend en onvanpas. Wat het die man se kwalifikasies te doen met sy welstand? Ons word almal siek.

Hendrik ·

Prof Sampie het my geleer van “unbridled capitalism”. Die feit dat rykdom totaal buite proporsie verdeel is tussen die super rykes en die ander. EK het nie in alles met hom saamgestem nie, maar oor die foute van ‘n suiwer kapitalistiese stelsel sonder ‘n sosiale gewete, was hy reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.