Veteraan-fotograaf van Hector Pieterson-foto sterf

Die ikoniese Hector Pieterson-foto (Foto: Wikipedia)

Die veteraanfotograaf Sam Nzima, al vir dekades lank bekend as die fotograaf wat die foto van ʼn sterwende Hector Pieterson tydens die Soweto-onluste geneem het, is Saterdagaand by die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit dood. Hy was 83.

Die ANC het dié nuus Sondagoggend bevestig.

Pres. Cyril Ramaphosa het in ʼn kort verklaring sy medelye aan Nzima se naasbestaandes oorgedra.

“Sam Nzima was enig in sy soort. Sy kamera het die volle wreedheid van apartheidsonderdrukking en die geskiedenis van die Soweto-onluste vasgevang,” het hy gesê. “Ons sal veral sy ikoniese foto onthou van ʼn sterwende jong Hector Peterson wat ʼn simbool geword het van weerstand teen die oplegging van Afrikaans as ʼn onderrigmedium in die swart skole. Ons hartlike meegevoel aan sy familie. Mag hy in vrede rus.”

Sam Nzima (Foto: ANA via SA History Online)

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, sê Nzima was deel van ʼn generasie wat die apartheidsregime die stryd aangesê het. Mabe sê sy ikoniese foto het vir altyd die manier verander waarop die onluste van 1976 vertel word.

Die foto van Hector Pieterson het die fokus op die 1976-onluste in Soweto geplaas toe Nzima se nuusfoto van die sterwende Hector wat deur ʼn ander Soweto-inwoner gedra word terwyl sy suster langs hulle hardloop, wêreldwyd gepubliseer is. Pieterson is op 12-jarige ouderdom (byna 13) dood toe die polisie op betogers losgebrand het.

Nzima is in 2011 met die die Orde van Ikhamanga vereer. Hy verskyn ook op die tydskrif Time se lys van die 100 mees invloedryke foto’s wat ooit geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oom Kalahari ·

Die Afrikaanse taal en sy beleidsrigting sal altyd in die spervuur bly en alle pogings sal aangewend word om dit totaal te vernietig met negatiewe verwysings van die verlede. Die Eendrag maak Mag, booitjie is besig om te sink onder die massiewe water verdrukking.

Jannie ·

Dit is jammer dat apartheid alleen geblameer word vir die lewensverlies gedurende die apartheidsjare. Volgens my het die polisie deur hulle optrede daardie tyd opgetree om Wet en Orde te handhaaf soos wat dit vandag nog van hulle verwag word.
Betogers van daardie tyd en vadag nog intimideer mense selfs kinders om hulle getalle tydens betogings op te jaag en stel dus onskuldige mense en kinders se lewens in gevaar want dit word van die polisie verwag om op te tree indien ń betoging hand uitruk.
Dit is vir my hartseer om te verneem dat ons staatspresident ook die blaam vir onskuldige mense/ kinders wat gedurende apartheid gesterf het net op apartheid wil blameer.
As ek na die hedendaagse rassespanning kyk kan ek nie anders as om te glo dat apartheid ń goeie ding was nie. Daar was volgens my nie verdrukking gewees nie inteendeel ek voel die ou regering het goed gekyk na alle rasse, dat daar sekere tekortkoming was is ook so maar ek is seker met tyd kon dit op ń beskaafde manier opgelos word.

Wanda ·

Dit was n vieslike tyd daardie. Ongelukkig moet die hele wit volk daarvoor betaal. Skuldig of onskuldig. Ons kan vergeet dat die haat vir ons sommer oornag gaan verdwyn…..nooit!

DHK ·

Dis ‘n veel viesliker tyd nou. En die haat was altyd daar, lank voor die gewaande foto ooit geneem is. Slaan bietjie die geskiedenis van 17 Februarie 1838 oor die Bloukransmoorde gerus na. Straks sal jy ‘n ander deuntjie sing.

willie ·

Wanda duidelik ken jy nie die omstandighede wat ter plaatste was tydens hierdie gebeure nie! Fokus eerder op wat huidiglik gebeur tov die misdaad teenoor ons boere en alle rasse in die sogenaamde Nuwe Suid Afrika!

Andre ·

Die dood van Hector Pietersen is die gevolg van kinders wat misbruik was deur die lafhartige ANC organiseerders wat agter geloop het.

Misbruik ·

ABSOLUUT hulle het hulle kinders opgeoffer om hulle vuilwerk te doen want hulle het geweet as EEN kind sterf kan hulle die nuus vir ewig MISBRUIK in die buiteland en ook in die land self om RASSEHAAT aan te wakker ~!!

Oom Kalahari ·

@ Andre, jy het die perfekte en ware beskrywing hierbo deurgegee.

Haan ·

Namate mens die geskiedenis naslaan en jou opinie deur verskeie bronne aanvul, besef mens die houvas wat propaganda op n nasie kan hê. Herinner ons konstant aan apartheid terwyl julle ons soos honde uit ons eie land verdryf vermoor en vermink… Siek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.