Veteraan-politikus waarsku oor Gauteng en NGV

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Die veteraanpolitikus Jack Bloom het gewaarsku dat daar geen manier is dat Gauteng gereed is om enigiets anders as ‘n totale mislukking van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te maak nie.

Bloom, wat al 25 jaar lank die DA (en voor dit die DP) in die Gautengse wetgewer verteenwoordig en daardie volle kwarteeu as gesondheidswoordvoerder vir die opposisie dien, se kennis van die provinsiale gesondheidstelsel, en spesifiek oor hospitale, word oor partygrense gerespekteer.

Op grond van die Gautengse gesondheidsdepartement se eie jaarverslag het Bloom die volgende redes aangevoer waarom Nasionale Gesondheidsversekering in Gauteng vir inwoners lewensgevaarlik sal wees:

* Onvoldoende sorg vir geestesieke pasiënte;
* Toename in sterftesyfers vir moeders in kraam, babasterftes en kleutersterftes;
* Hoë sterftesyfer weens MIV- en tuberkulose-infeksies;
* Finansiële verliese weens regseise;
* Bedrog en korrupsie;
* Verouderende infrastruktuur en gesondheidstegnologie;
* Tekorte aan farmaseutiese voorrade;
* Sorgwekkende menslike hulpbronbestuur; en
* Gedurige onvoorsiene rampspoedige gebeure.

Bloom het gesê veral die feit dat die Gautengse gesondheidsdepartement een van die traagste betalers van rekeninge in die land is, maak dit onverantwoordelik om Nasionale Gesondheidsversekering in die provinsie in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.