Veteraanjoernalis Allister Sparks sterf

Allister Sparks.

Allister Sparks.

Die skrywer en veteraanjoernalis Allister Sparks is Maandag in die ouderdom van 83 oorlede.

Sparks het in ʼn hospitaal in Johannesburg gesterf waar hy die afgelope 12 dae vir ʼn infeksie behandel is. Sparks se seun, Michael, het die nuus in ʼn verklaring aan die media bevestig.

Sparks was ʼn bekroonde skrywer en kommentator, maar is sekerlik veral bekend as redakteur van die Rand Daily Mail waar hy as nuusmaker opspraak gewek het met die sogenaamde “Muldergate”-storie in die laat 1970’s. Hy het verskeie boeke geskryf, onder meer The Mind of South Africa (1991) en Tomorrow is Another Country (1996).

Hy was ʼn Nieman Fellow by Harvard University en het as korrespondent vir internasionale publikasies gewerk, onder meer The Washington Post.

Pres. Jacob Zuma het Maandag in ʼn verklaring gesê Sparks was aan die hoof van die Rand Daily Mail, ʼn publikasie “wat sy stempel afgedruk het deur die euwels van die apartheidstelsel te ontbloot”. “Sparks het naam gemaak in die stryd vir ʼn vry Suid-Afrika en het bewys die pen is magtiger as die swaard. Ons spreek ons diepste medelye teenoor sy familie uit,” het Zuma gesê.

Sparks se gedenkdiens sal Vrydag 14 Oktober in die Braamfontein-krematorium gehou word. Hy word oorleef deur sy vier seuns, Michael, Simon, Andrew en Julian.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theuns ·

Wat Zuma nalaat om te se in sy huldeblyk is dat Alister Sparks ook glad nie tevrede was met die Nuwe Suid Afrika van Jacob Zuma nie.!Suid Afrika was nooit so groot gemors wat hy nou is voor 1994 nie! Daar word bereken dat daar ongeveer 4 000 000 moorde in Suid Afrika was sedert 1994! Meer Boere is vermoor as wat daar in Amerika se 9/11 omgekom het! Meer mense word daagliks in Suid Afrika vermoor as wat daar per dag in enige van die oorlog zones in die midde ooste gebeur! Ek sal nie verbaas wees as Sparks dood is van nalatigheid in ‘n vuil en besmette hospital nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.