Veteraanjoernalis gekap oor krieket-twiet

Retief se twiet

Retief se twiet

Krieket Suid-Afrika (KSA) het gesê hy het “sterk aanstoot” geneem oor ʼn twiet deur die veteraan-sportjoernalis Dan Retief.

Retief het nadat die Proteas die eendagreeks oor Engeland beklink het, getwiet: “Suid-Afrika tot oorwinning gedra deur twee wit Afrikaners . . . politici en mediakommentators neem kennis . . . vir wat dit werd is.” Dit het gevolg nadat kaptein AB de Villiers en David Wiese die wenlopies geslaan het.

Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van KSA, het gesê die twiet was “onsensitief en uiters teleurstellend”. “AB de Villiers het die ontevredenheid wat die twiet vir die Protea-span veroorsaak het aan my oorgedra.”

“Enigiemand wat die spel van krieket en veral die Proteas verstaan, sal weet dat die oorwinning moontlik gemaak is deur ’n groot spanpoging. Ons is bevoorreg en baie trots om ’n diverse groep van spelers te hê wat soos één speel.”

KSA het gesê hy neem kennis dat Retief intussen om verskoning gevra het vir die twiet. “Haai, almal. Ek vra onvoorwaardelik om verskoning indien ek julle ontstel het. Dit was ʼn lomp manier om die Suid-Afrikaanse gesprek te betree. Ons is almal een. Jammer,” het Retief later getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Dawie ·

Ag hou tog net op jammer se. Hoekom in die eerste plek iets se net om later jammer te se. Dis hoe jy oor die saak gevoel het en as iemand nie gelukkig is met dit nie is dit hulle probleem.

Wat-ek-lees ·

Twee krieketspelers geklee in pienk lei SA tot oorwinning . . .

Trots Afrikaans ·

Maar jy mag ‘n T-Hemp dra waarop geskryf staan “F@$K WHITE PEOPLE”????

Die reg tot verwysing na kleur in KSA is oopgestel toe KSA die kwotastelsel ingebring het.

amanda de figueiredo e sa ·

Ek stem saam. Dit is ‘n span poging. Ons het ‘n paar goeie swart spelers ook en saam maak hulle ons wenspan. Gee kans, daar wag nog baie oorwinnings vir hulle.

Michael ·

Vryheid van uitdrukking en Dan sê reg om dit te sê,ek stem saam en as ek ‘n rassis genoem word tell someone that care

Trolle ·

Michael jy is reg ek gee ook nie meer om om n rassis genoem te word nie,want maak nie saak hoe jy voel nie jy gaan elkgeval een wees omdat jy wit is.Dis verkeerd vandag om die waarheid te praat.

Leo ·

Wat het Dan verkeerd gese. 2Wit Afrikaans seuns wat die game klaargemaak het.dit is reg gaan kyk na die opnames.Dit bevestig wat Dan gese het….

Herman ·

Stem saam met Dan. Kwotas gaan ons sport op alle vlakke soos sokker maak…pateties.

Skep Ties ·

Ek deel jou mening Herman. Nie dat ek my tot die rasdebat wil byvoeg nie, maar ‘n mens kan maar net jouself die vraag afvrae, indien dit twee swart Suid-Afrikaners was wat die knoop vir die Proteas deurgehaak het Sondag, sou ons ooit die einde daarvan gehoor het? Hoog geplaasdes sou to vervelens toe dit gebruik het in die argument dat transformasie in die nasionale krieketspan drasties versnel moet word, kyk dan net hoe goed presteer die nie-blanke spelers. Dubbele standaarde is die hoofrede waarom SA haarself in die huidige verknorsing vind. Kyk dan net die ophef wat gemaak is toe Bavuma ‘n honderdtal in die toetsreeks teen Indië aangeteken het – as almal werklik oor die selfde kam geskeer was sou al die spelers (blank en nie-blank) wat ‘n honderdtal in daardie toets aangeteken se lof gesing gewees het, nie net een swartspeler nie. Dubbele standaarde!

JP ·

Ek stem.
Waarheid is waarheid, maar as wit man dit sê dit rassisme?
Mense moet wakker skrik

Gert van Zyl ·

Absoluut niks verkeerd met sy stelling. Dit dra geen haat, dis nie afbrekend, dis nie ‘n aanval op ‘n ander ras groep nie. Dit gee erkenning aan twee Afrikaner mans. Net soos erkenning gegee was deur duisende aan die ‘swart’ sterre deur die loop van die reeks, net so het hy die reg om erkenning te gee aan die Afrikaner sterre. Dankie Dan, mooi gestel.

Disselboom ·

Ander tye, ander onderwerpe, ander konteks, en tog net soos Hendrik Biebouw se uitroep “ik ben een Africaander” na aanleiding van waarskynlik sy minder netjiese gedrag in die straat, gaan dit hier oor iets minder belangrik, naamlik sport en oordrewe belangrikheid van sportmanne; en bring dit die spontane emosie na vore dat ons trots is op ons eie, ongeag. Dis dalk die voordeel van ‘n twiet: dit gaan vinnig uit, met spontane waarheid!

Maar AB de Villiers se politieke korrekte afkeer in Dan Retief se raak opmerking moet ons ook sien; en ons mag dink van die sportpaddatjies wat ons wil.

NS. Soveel bronne, soveel spellings en frases van Hendrik se naam en van en sy presiese woorde, maar die tema bly soos dit is.

O gonna ·

Ag sies tog KSA is julle hartjies nou seer? Ai , laat daar nou alewig iemand moet wees wat die waarheid so moet uit blaker. Gaan koop vir julle pyn stroop by die kafee vir die intense pyn.

Andre ·

OOOPS, daar vergeet ons weer die nuwe Suid Afrika reels:
Jy mag geen Afrikaner trots he nie,
Jy mag nie Afrikaners in n goeie lig stel nie.
Jy mag nie in Afrikaans studeer nie.
Jy mag nie Afrikaans in die openbare sektor gebruik nie.
Ja mag nie medies gaan studeer nie (behalwe as jy uiters, uiters begaafd is)
Jy mag geen verf op jou gesig aanbring nie.
Jy mag nie bevordering kry of selfs vir senior poste aansoek doen nie.
Jy mag nie aandring op vryheid van spraak nie.

Of het ek dit nou heeltemal verkeerd verstaan?

Skep Ties ·

Korrek Andre. As jy jouself wil identifiseer met daardie praktyke op jou lys is jy ‘n rassis. . .sies man, skaam jou! Jy dan nie geweet nie? Daar is net ‘n seker groep mense in hierdie land wat ‘n kultuur mag he . . . ‘n kultuur van klippe gooi en buitebande brand. Ek verstaan natuurlik hierdie “kulturele praktyke” glad nie, maar dit maak hulle gelukkig, so wie is ek jou juis om anders te meen?

Dirk Breytenbach ·

Ek is nou keelvol vir politieke korrektheid. Ek is n trotse Suid Afrikaner en veral n blanke Afrikaner , ek verwerp die huidige rassisme van swart Suid Afrikaners met die groots moontlike minagting. Ek vra nie om verskoning vir die verlede of die toekoms nie ook nie namens Afrikaners wat apartheids gruweldade gepleeg het nie. Ek aanvaar ook nie verantwooedelikheid vir die hernude armoede waarin die huidige regering die swart burgers gedompel het nie. Ek aanvaar ook nie dat die huidige plundery en korrupsie agv apartheid was nie. Ek verwerp ongegronde beweringe dat blankes grond gesteel het met minagting en ek distansieer my van blanke Afrikaners wat skuldig voel oor hulle herkoms. Ek dring aan op my regte soos vervat in die grondwet en is bereid om te bou aan n nuwe SA saam met alle Suid Afrikaners wat gematig is. Ek sal my nie laat intimideer deur boewe en geweldenaars nie. Ek is lief vir my land en gun almal n plekkie in die son, solank ek ook n plek gegun word. Ek is mateloos gefrustreurd met die huidige stand van rassevergoudinge in SA en dis hoog tyd dat ons leiers met durf kry om leiding te neem.
,

Adoons ·

Simpel opmerking van Dan Retief. Amla het fantasties gekolf, terwyl beide Tahir en Rabada uitstekend geboul het. ‘n Span bestaan nie net uit twee mense nie, en spelers soos Amla verdien hulle plek onder die voorste klowers in wereldkrieket deur en deur.

Christo Visagie ·

Stem saam met jou,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,was ‘n spanpoging.

tinah ·

ag regtig!!! mag mens geen kleur raaksien of meld nie? ag nee, dit raak nou n pyn

Swanna ·

O hoe onpersoonlik en al weer op die wittes gemik. Toe ons een swart seun die Ingelse stukkend ” gebowl” het moes die wereld daar van hoor oor hierdie wonder swart kind. Hoe iroonies dat dit plaasgevind het in die laaste wedstryd van die toets reeks. Maar nou vrae ek waar was hy nou in die eendag wedstryde om die Ingelse op te kuil. Hy het voor die mis verdwyn en al wat Daan gedoen het is om die werklike feite uit te wys. Hoe kan die media net een seun op hemel en die die ander nie, Is dit nou nie een of ander sistiese benadering nie. Asseblief maroela hierdie is nie ‘n rassitiese aanval nie. As iemand goed doen gee hom die eer maak nie saak van waar hy/sy kom nie. Wees demokraties!!!!!!!!!!!!!!

Flippie ·

Wat van al die swart spelets wat lof toegeswaai word, omdat hulle ondanks hulle agtergrond en velkleur wel presteer? Daar is niks meer verkeerd nie en ons saam met hulle bly waneer hulle presteer. Hoekom nou wenkbroue lig waneer Afrikaners presteer en dit genoem word.

Aan Abie, as jy jou geboortereg verloën, is dit jou saak. Maar my bewondering vir jou is sopas vir ‘n ses geslaan. My game vir die Proteas is uit. Ek dog dit ‘n span wat die dinamiek van herkoms verstaan het en dit transformer na iets positiefs.

Rupert Ashford ·

Maar dit is aanvaarbaar as daar groot gewag gemaak word oor Rabada wat dan kwansuis die sterbouler is? Hoe dan nou meneer?

Sarel Du Plessis ·

Dan Retief ek weet wat jy wou sê maar hoekom nou skielik Afrikaans in spervuur sit. Jy het altyd op tv Engels gepraat. Ek vra maar net

Lynette ·

Belaglik verby. Dit is wel n spanpoging, maar as die twee nie gedoen het wat hul wel gedoen het nie, waar was ons dan? Hou op om so kleinlik te wees as iets goeds gese word van wit Afrikaners! Laat die son oor hulle ook skyn asb.

Koos ·

Stop vir ‘n oomblik. Krieket is ‘n span sport en elke lid op die veld en van die veld af het gehelp vir die oorwinning. Ek dink ek weet waaroor Dan sinspeel, maar as ‘n sportkomentator moet hy van beter weet. Die opmerking sou meer sin gemaak het as dit twee wit mans van Suid-Afrika wat die Davids beker in tennis gewen het, maar nie so ‘n opmerking oor krieket nie asb. Gaan kyk gerus na die statisieke van die wedstryd en die reeks, dan sal julle sien dat alle rasse gehelp het om hierdie geskiedkundige reeks oorwinning te beklink.

Koos ·

O ja, skuus vergeet om die volgende te se: Almal se altyd los die politiek uit sport uit! Laat die beste spelers speel op meriete en nie kleur nie, maar wat doen ons nou weer, sleep politiek reguit in, saam met kleur! Die span het gewen want ek glo dit was die regte span, en het as die beste op die veld gestap, en het gewen. Kom ons vier die oorwinning, sonder politiek asb.

DD ·

Ai tog, KSA die waarheid maak tog so seer en die minderwaardigheidsgevoel is ewig teenwoordig.

Reinhardt ·

Alhoewel ek saamstem met wat hy sê en alhoewel dit waar is, kon hy dit nie op n slegter tyd genoem het nie. Ek sê nie jy mag nie trots Afrikaner wees nie, maar jis man, dink voor jy jou mond (of te wel, jou Twitter) oop maak.

Kaspaas ·

Ek kyk nie meer krieket agv politieke inmenging en ek kyk meer 6 nasies, Aviva reeks en Heineken reeks as plaaslikke rugby. Soos dit nou aangaan sal ek teen volgende jaar glad nie meer plaaslikke rugby ook kyk nie.

Max ·

Watter rol geld weer in hierdie reeks gespeel ? Hoeveel paaltjies het Geld geneem en hoeveel lopies het Geld betaal ?

Chrisjan ·

Is daar regtig nog iemand wat krieket kyk? Kan iemand nog omgee?

Mara Lategan ·

Goeie hemel, ek glo dit nie. Dit is nou pure kinderagtigheid van KSA. En toe vra Dan sowaar om verskoning!!!! Vir wat? Vir die waarheid? As die twee wittes nou swart was, sou Dan met vrymoedigheid kon se dat twee swartes hulle afgedra het. Ag nee wat, wat te erg is is waaragtig te erg. Waar gaan dit eindig?

Ampie ·

Snaaks dat niemand kwaad was nadat Bavuma onlangs opgehemel is as die eerste swart speler wat ‘n honderdtal aangeteken het in toetse nie. Ook Rabada se swartheid word gereeld beklemtoon as hy presteer. Ek bly trots op Afrikaanse spelers soos AB, Faf, Morne Morkel en Riley Rossouw. Hou aan presteer manne.

Wil net sê ·

Dan Retief. Jammer dat ons in ‘n land bly waar Vryheid van spraak nie beteken jy mag sê wat jy regtig bedoel nie. Jammer dat jy MOET verskoning vra al voel jy nie regtig jammer nie. Ons verstaan. Maar dankie dat jy gesê het, want ons almal weet die waarheid. Ons sal dit maar net nie meer vir mekaar kan sê nie.

Eddie ·

Om eerlik te wees ek kyk oor die algemeen glad nie meer sport nie. Dit het so vol politiek geraak is om van naar te word. Regtig dit is nie eers meer lekker om snooker te kyk nie want een van die dae gaan dit rasisties wees dat die wit bal gebruik word om die swart te sink. Wens regtig hierdie gevoelige mense wil wakker word en eerder tyd maak vir job creation.

DPJ ·

Goed gestel Dan Retief. Ek is wit en is trots daarop. Wit is mos ook ‘n kleur hoekom moet ek dit nie noem as dit my guntelin kleur is nie.
Ek stem saam krieket is ‘n spansport en nie soos kolf óf tennis wat enkeling spoort is nie.
As ‘n speler presteer hoekom dit nie noem nie. Jaarlik word die beter speler uitgelik. Wat is die verskil?

Maar net mens ·

Ja ..wil net sê, STEM SAAM. WAT HART VAN VOL IS LOOP BY MOND UIT. as mens DONKER binne is raai wat kom uit? EK Almal moet trots wees op hoe MENS EERLIKE GEDAGTES BEWOORD indien mens agterna spyt kry, plaas WAG voor “MIND”en MOND ASB. Dankie.

DEE ·

Hoekom teleurstellend Haroon Lorgat? Omdat Dan dit genoem het dat 2 wit spelers uitstekend was? Hulle was mos! Is julle dan nie bly daaroor nie? As dit 2 swart spelers was soos almal mos ook bly gewees het. Wen is wen. AB moet maar ophou klik oor nonsens om bietjie aandag te kry. Hy veloor steun.

Stellie ·

De Villiers in Stellenbosch, De Villiers in krieket en ai, ongelukkig was van my voorsate ook De Villiers!!!

TM ·

Ek is trots op wie ek is maar ek dink hy moes dit net ‘n bietjie beter gestel het.

elizabeth ·

pragtige kommentaar Retief, net jammer jy loop staan en maak toe die fout om jammer te se…..

Sonet ·

Hy het net bedoel hul praat trotse Afrikaans en nie Engels of een van die swart tale nie!

Oom Boer ·

KSA word tog net groot en wees konsekwent in jul optredes asb. Dan Retief, waarvoor vra jy nou eintlik omverskoning, want dit was die waarheid of omdat jy nou wit is? Hierdie dinge op alle vlakke raak nou holgery in sport, politiek, skole, universiteite, ag op elke liewe vlak. Wat wil jul nou eintlik hê van die sogenaamde minderheids groepe?

Rupert Ashford ·

Die ironie van hierdie hele sirkus is dat Afrikaanssprekende wit outjies eers regtig begin deurkom het in die SA krieketspan na isolasie (of is ek te jonk om die geskiedenis voor dit te ken?) maar ons word deur die huidige politieke klimaat weerhou om die Kepler Wesselse en al die Afrikaner-seuns wat na hom gekom het te vereer…snik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.