Veteraanuitsaaier Ian Crewe sterf

Ian Crewe. Foto: http://www.mtnradioawards.co.za/

Ian Crewe. Foto: http://www.mtnradioawards.co.za/

Die veteraanuitsaaier, Ian Crewe, is Dinsdag in die ouderdom van 75 oorlede.

Primedia Broadcasting het die nuus van Crewe se afsterwe gedeel. “As ʼn veteraanuitsaaier en joernalis, het Ian generasies van EWN-verslaggewers opgelei en sal onthou word vir sy talle ander bydraes, sy warmte en sy skerp sin vir humor,” het die maatskappy gesê.

Volgens Primedia is Crewe vroeër die week in die hospitaal opgeneem met ernstige hart- en longprobleme.

Crewe se naam is in 2014 tydens die MTN-radiotoekennings in die eregalery, Hall of Fame, opgeneem.

Huldeblyke vir Crewe het sedert Woensdagoggend op sosiale media ingestroom met verskeie mense wat staaltjies oor hom te vertel het en sy nagedagtenis eer. Sy naam was teen Woensdagmiddag een van die toptien-onderwerpe onder bespreking op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.