Vetkoek Maleis-man rig glo wapen op inspekteurs

(Argieffoto: Marcus Trapp/Pixabay)

Die eienaar van ʼn wegneemete-restaurant in Centurion het Dinsdag ʼn vuurwapen op twee arbeidsinspekteurs gerig wat die onderneming besoek het.

Die departement van indiensneming en arbeid het ʼn klag van die rig van ʼn vuurwapen teen die eienaar van die Vetkoek Maleis-franchise in Hennopspark in Centurion aanhangig gemaak.

Adv. Michael Msiza, die departement se hoofinspekteur in Gauteng, sê die twee inspekteurs het op die dag inspeksie by ondernemings in die sentrum waar die winkel geleë is, gedoen.

“Hulle het teen die middag slegs drie ondernemings oorgehad om te inspekteer. Omdat hulle tyd min was, het hulle besluit om met dié ondernemings te reël om op ʼn later stadium ʼn inspeksie te doen. Vetkoek Maleis was een van dié ondernemings,” sê Msiza.

Die inspekteurs is na die winkel om kontakbesonderhede te kry om ʼn afspraak vir ʼn latere besoek te doen.

“Die eienaar van Vetkoek Maleis het begin kwaad word toe die inspekteurs sy kontakbesonderhede vra. Hy het begin skree, sy hemp uitgetrek en merke op sy lyf gewys wat hy beweer is weens ‘julle mense’.”

Hy het deure toegeslaan, na die agterkant van die restaurant gegaan en teruggekeer met ʼn vuurwapen wat hy op die inspekteurs gerig het.

“Die inspekteurs was baie getraumatiseerd na die voorval en moes vir berading gaan. Dit is onaanvaarbaar. Die departement veroordeel die voorval.”

Msiza sê die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (BCEA) bemagtig inspekteurs om persele binne te gaan om voldoening aan arbeidswetgewing te verseker. Dit kan ook sonder vooraf kennisgewing gedoen word.

Die departement het die eienaar van die winkel nou gedagvaar om volgende week voor inspekteurs van die departement te verskyn. Indien hy versuim om op te daag, sal regstappe teen hom volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Suzette ·

Miskien moet hierdie ou nie ‘n restaurant besit nie – wat gaan hy maak as ‘n kliënt ontevrede is met ‘n vetkoek??? :)))

Persheks Adri ·

Rig van vuurwapen is ‘n baie ernstige klag! In vandag se lewe kan ons ook niemand vertrou nie, maar maak seker voor jy rig hel. Dalk het die ou ‘n rede, maar dis steeds teen die wet ongelukkig vir ons

Dries ·

Ek is seker daar is nog meer agter hierdie storie.

En, dink net, ons arme boere behoort dan elke liewe dag berading te kry vir hoe hulle behandel en geterroriseer word.

Phillip ·

Dit kom daar van as daar so baie moorde winkel roof voor kom sou dit ook doen om eindom tebskerm in die piesang ribliek van van dag

Eiervrug ·

Ek stem Phillip. Veral hierdie tud van die jaar…. Enige iets na middel Oktober is mos “happy hour” vir diewe…

Sylvia ·

Dit is baie duidelik dat hierdie man getraumatiseerd is, daarom het hy sy hemp uitgetrek en merke gewys, seker soos wat hy voorheen aangeval en beroof is. “Rig van ‘n vuurwapen is ‘n ernstige klag”, maar as die ander “Kill the boer kill the farmer” sing en tart en plase aan die brand steek, is dit alles in orde. Miskien moet ons almal begin sing wanneer ons aangeval word, ons moet net nog die regte liedjie kry …

Nie Verbaas ·

Nie goed van eienaar om dit te doen nie. Ons het egter nie sy kant van die saak nie. Wonder of hulle taverns ook besoek.

Deon ·

Ek glo hulle doen, hoe anders gaan hy mahala bier en take aways kry?

Kaal Keiser ·

Jy kan met ‘n drom olie langs die pad vetkoek verkoop sonder inspeksies… moet net nie ‘n winkel besit nie. want dan word jy geinspekteer. Die mense doen hul voor as werkers en roof dan die eienaars…daarom sy optrede. Verstaan die agterdog van die man.

Wielspore ·

Iets is nie pluis nie, as inspekteurs ‘n winkel besoek is dit met ‘n afspraak of sonder ‘n afspraak, nog nooit gehoor van ‘n persoonlike besoek om ‘n afspraak te maak. Dit wil eerder voorkom of die twee beamptes besig was om omkoopgeld te eis en toe hulle rieme styfgeloop het.

Sarel ·

Gits maar die arme mense kry gou berading.
Hietdie ou was dalk voorheen beroof en het nie
Berading gekry nie.
Dit is ‘n berugte sentrum

Derek ·

Mens wonder net of dit die volle waarheid is, het die inspekteurs hulself geindentifiseer. Selfs die regering het mense gewaarsku om versigtig te wees. Hoe weet jy regtig met al die misdaad? Dit die uitvloeisel van korrupsie in die land

Oom Jaap ·

Sjoe, iets klink nie lekker nie.
… maar uit ervaring kan ek sê hulle vetkoeke is baie lekker

Tino ·

Ek het nou nie meer info nie maar my gevolgtrekking is dat hulle nie hulle werk gedoen het nie en vir hoeveelste maal weer wou uitstel.

Die merke op die eienaar se lyf wys dat hy berading nodig het van ‘n voormalige traumatiese ervaring maar die liewe departement het nie ‘n belang nie of iets om te verloor nie

Genis ·

Nee wat ek en Serfaas ruik n rot… klink vir my na n ou vrou storie die….

Regverdigheid ·

Want mens kan niemand vertrou. mense leef in vrees en dan tree hul op.

pompies ·

Hierdie storie klink nie reg nie, n winkel eienaar sal nie sommer net n wapen rig op iemand nie. Daar is mmer as wat hier geskryf is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.