Vetkoekverkoper doodgery

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Vrou wat vetkoeke verkoop, is dood toe ʼn bakkie haar Dinsdag in KwaZulu-Natal getref het.

Volgens Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die R103-pad naby Inchanga, tussen Durban en Pietermaritzburg, plaasgevind. Die vrou was in haar 30s.

“Die vrou wou glo die besige pad oorsteek toe die bakkie haar getref het. Sy was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag. Haar liggaam is op die bakkie se kappie aangetref. Die vetkoeke wat sy verkoop het, het oor die straat gesaai gelê,” het Majija gesê.

Die bejaarde bestuurder van die bakkie en ʼn passasier is ongedeerd, maar is vir skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.