Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport, sê Ehrenreich en Cosatu se uitsprake oor die Springbok-rugbyspan en Victor Matfield se skrumpet getuig van “absolute intellektuele bankrotskap en is simptomaties van vakbondmentaliteit om eerder af te breek en te kritiseer as om by te dra en op te bou.”
“Cosatu bevind hom in ‘n wêreld waar die invloed van vakbonde toenemend afneem en hy self ‘n afname in ledegetalle ervaar. Om die hele tyd negatief, kwetsend en afbrekend te wees, gaan niemand help terwyl Suid-Afrika deur vele uitdagings op ekonomiese gebied in die gesig gestaar word nie.
“Ehrenreich en Cosatu het egter nie die intellektuele vermoë om enige positiewe bydrae te lewer nie. Hulle haak vas aan die verlede en maak rassistiese uitsprake oor minderhede terwyl vakbonde die land se ekonomie aftakel met vernietigende stakings.
“Hierdie styl en optrede help nie ‘n beter toekoms skep nie en is gelykstaande daaraan om kommunisme aan te hang in ‘n wêreld wat tot dusver net ekonomies bevry geraak het deur ‘n vryemarkstelsel wat selfs in China toegepas word.
“Dit volg dieselfde trant as Cosatu se gewaande teenkanting teen die Gautengse e-tolstelsel. Hy kon self hof toe gegaan het om dit te beveg indien hy werklik erns daarmee gehad het, maar het uit gewoonte net ‘n leë geraas gemaak en niks gedoen nie.
“As Cosatu so aanhou, sal die geskiedenis hom wreed ontmasker en hom slegs onthou as ‘n vernietiger van werksgeleenthede en van die land se ekonomie,” sê adv. Alberts.
Lees ook:
Cosatu kap Victor Matfield oor kopskerm
En hoe is Matfield betrokke by die gedrang ?
Kommunisme gebruik jou net vir n bepaalde tyd en vir n sekere doel dan gooi hul die uitgesuigde
lemoen weg. Ehrenreich skiet natuurlik entelektueel tekord om te besef dat dit al met hom gebeur
het.en kan nie agterkom dat hy al meer uit pas raak nie. Cosatu kan gerus n studie maak van Britanje se geskiedenis en leer wat se ellende vakbonde oor hul ekonomie gebring het. Die regering kan gerus vakbonde wat nie positief en opbouend gerig is nie beeindig.
“absolute intellektuele bankrotskap”: Adv. Anton Alberts. Daardie was een van die beste beskrywings ooit.