VF Plus begin eie fonds om SEB teen te werk

(Argieffoto)

Die VF Plus het Donderdag ʼn projek van stapel gestuur wat onder meer hulp aan kleinsake-ondernemings gaan bied wat geen staatshulp mag ontvang weens swart ekonomiese bemagtigingsvereistes nie.

Tammy Breedt, jeugleier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê die party se jeugafdeling het ook ʼn inisiatief as deel van die projek begin wat die fokus op die huidige ongeregtighede weens swart ekonomiese bemagtiging (SEB) plaas.

Die projek samel skenkings in om kleinsake-ondernemings te help wat weens SEB-vereistes nie vir staatshulp kwalifiseer nie. Die projek sal ook ʼn databasis en ondersteuningsnetwerk skep vir dié ondernemings, word daar in die verklaring verduidelik.

Luidens die verklaring sal die fonds aanvanklik fokus om as waarborg te dien vir sagte lenings aan ondernemings in die skoonheid- (haar- en manikuursalonne, en so meer), gasvryheid- (gastehuise, troulokale, en so meer) en tuindienstesektor.

Die fonds sal die lenings toeken in samewerking met ʼn geregistreerde finansiële instelling. Die projek se langtermyndoelwit is om ná die Covid-19-pandemie as stimulus te dien vir kleinsake-ontwikkeling.

“Die projek se doel is ook om mense wat weens rasgegronde wetgewing benadeel word, se verhale en die gepaardgaande gevolge daarvan te vertel en onder die publiek se aandag te bring.”

Volgens Breedt het die party reeds honderde video’s van die eienaars van kleinsake-ondernemings ontvang wat hul nood verduidelik. “Hierdie verhale skets die rampspoedige gevolge vir vele ondernemings wat weens SEB nie ramphulp ontvang nie. Dit vertel die stories van entrepreneurs wat hard gewerk het om hul ondernemings op te bou, maar nou nie hul werknemers kan betaal of ander verpligtinge kan nakom nie,” skryf Breedt in die verklaring.

Luidens die verklaring is die VF Plus gekant teen rasgegronde wetgewing. “[Die party] is van mening dat velkleur nie gebruik kan word as ʼn veralgemeende aanduiding van minderbevoorregting nie. Daarom moet velkleur nie as voorwaarde vir bemagtiging geld nie,” lui die verklaring.

Maroela Media het reeds berig ʼn regter het vroeër vandeesweek in die Pretoriase hooggeregshof beslis dat die departement van toerisme wel ras as kriterium vir die toekenning van finansiële hulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) kan gebruik.

AfriForum en Solidariteit se regsverteenwoordigers het Maandag ʼn appèlaansoek in die Konstitusionele Hof teen dié uitspraak ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Phil ·

Help asseblief vir ons kunstenaars, sangers en mense in die vermaaklikheidsbedryf. Ons mag eers weer werk in vlak 1 en niemand gaan weet tot hoe lank dit gaan wees nie.

Frans ·

Ek is in ma my geld gaan net vir wit anders stel ek nie belang wa is die details om geld te skenk

M ·

Frans, Adriaan ( net bo jou berig ) het die adres gegee. Sterkte vriend.

Francois ·

Ek stem saam. As die eienaar wit is en hy het 10 swart werkers gaan hulle glo die ANC het hulle gehelp

Wondermaarnet ·

Ek stem saam. Ek betaal belasting wat reeds feitlik net so aan almal behalwe wit mense gaan. Ek help slegs my eie nasie!

Erik ·

Dit is fantasties. Ek wens Oppenheimer en Rupert kon hul biljoene oorplaas na die fonds. Nou moet die Afrikaners net saamstaan en die wat kan moet skenk. Bloedneus vir die ANC!

Eerlik ·

Wonderlik, ek hoop die VF kry nadese baie meer ondersteuning vanaf ons volk.

Herpiet ·

Hierdie uitsluiting van wittes gaan nog “backfire” terug anc toe. Vertel net jou swart werkers hoekom jy hulle kan help nie…

Pieter ·

Is daar n waarborg dat die hulp net vir blankes gaan wat nie deur die staat gehlep wil word nie? Alle nie-blankes word mos reeds deur die staat gehelp, dus is dit mos regverdig dat VF net blankes help.

Jaco ·

Solidariteit het klaar ‘n fonds. Solidariteit dink 99% dieselfde oor die politiek as die VFG-Plus. so waarom dan nou 2 fondse? Maar nou ja, so ken ek ons Afrikaners: verskil ALTYD onder mekaar, selfs in ‘n krisis.
Dis hoekom daar in die ou dae die KP en die HNP was: presies dieselfde beleid, maar WEIER om saam te werk.
en behalwe die gebrek aan samewerking, is daar ook nog by baie van ons die gebrek aan belangstelling om by politiek en solidariteit ens ens betrokke te raak. kla lekker oor alles wat skeefloop, maar sy vir hulle se raak betrokke, dan volg doodse stilte of flou verskonings.
Eendag wanneer die Afrikaners finaal verdwyn het, sal ons grafskrif lees: TEN GRONDE GEBRING DEUR ONSSELF.

Eragrostis ·

Die ANC spog so oor hul grondwet en gelyke behandeling, en dat hulle glad nie rassisme voorstaan nie. Sodra veral blankes betrokke is by insidente, selfs al verskil jy van ń swarte, braak die ANC gal en word beskuldigings van rassisme deur hulle geopper. Nou wat is SEB, regstellende aksie, kwotas, finansiële hulpskemas en toelatings by tersiêre instellings in meeste loopbane gegrond op ras, instansies wat beleggings of aandeelhouding reserveer slegs vir swartes (en so kan ek voortgaan) dan anders as rassisme? VF+, kla asseblief die regering of instansies wat hulle skuldig maak aan enige van hierdie blatante vorme van rassisme, aan van rassisme. Hulle noem hierdie vorme van rassisme net ander name behalwe rassisme. Kom ons ondersteun besighede wat aan blankes behoort en help mekaar so oorleef. Selfbeskikking is nou meer ń uitkoms as ooit.

Jaco ·

rassisme is net rassisme wanneer wit mense lelik is met swart mense. ändersom” is dit ”n geregverdigde terugkry vir apartheid. ek weet dis harde woorde, maar dis hoe dit is in SA. Maak vrede daarmee. hou jou by reels wat op ons afgedwing word en hou jou mond. dis AL hoe die wit minderheid nog gaan oorleef.
En dan, na lockdown, begin kyk na moontlikhede om hier weg te kom, as beteken dit ook jy moet van scratch af in ‘n ander land begin. Dit sal steeds beter wees as in SA.

Frank ·

Vyf Boere, vyf politieke partye…. Plaas dat VF Front eerder saam met Solidariteit ‘n verenigde aksie loods. Ek het byvoorbeeld reeds ‘n bydrae aan Solidariteit gemaak, nou wil VF ook iets aan die gang sit.

Pio ·

Daar is vyf groot banke, is daar nie? Jy kan jou geld belê waar jy wil. Sê eerder dankie!

Fedup ·

I agree with you Frank. Combine Solidarity and VF, they will be a hell of a match for any other party.

Anoniem ·

Solidariteit is nie ‘n politieke party nie maar wel VF+

Jaco ·

solidariteit en die VF-Plus dink meer as 99% DIESELFDE oor die politiek van SA. Vreemd dat hulle nie saamwerk nie.

Sarel ·

Hoekom word daar nie hande gevat metcreeds bestaande Projekte nie. Klomp klein projekte waar elke ou op sy eie miershoop sit of een gesentraliseerde projek?

Pieter francois ·

Well gedaan Vf dit is wat ons Wil sien daar is Baie van ons wat n verskil kan maak maar die bee stop ons laat ons saam staan en hulle wys wat ons kan doen dit is nou tyd vir ons wittes om saam te staan.

Bushy ·

Net deur die kommentare van al die nuusberigte te lees en te sien watter kommentare mense upvote, maar veral wat hulle downvote is een ding verseker. Ons is net so vol van onsself as die regering. Ons wil niks verkeerd van ons self hoor nie, net van ander. Die waarheid maak seer, “An Inconvenient Truth” Dis tyd dat ONS ONS denkwyse oor wat hardewerk werklik beteken verander. Ek ken baie wat gereeld met TROTS VERKLAAR hoe hard HUL werk maar hulle is eintlik useless en besef dit nie. Dis een ding om vir ou “BONTOS” die wit en swart os te slaan, dis maklik, maar n heel ander storie om die juk self op te neem. Ek skuil ook nie agter net n naam nie. I CALL A SPADE A SPADE.
Kom ons sien hoeveel downvotes ek kan kry.

Sarel ·

Hoekom ‘n bykomende fonds en hoekom nie hande vat met ander nie Politieke groepe wat selfde doel het nie. Dit maak mos hande sterker.

Sarel ·

Het VFPlus ‘n Databasis van Besighede wat sekere dienste kan lewer?

Jaco ·

dit gaan nie werk nie. daardie besighede wat nie kwalifiseer vir staatshulp nie, omdat hulle BEE nie reg is nie, kan en gaan iewers na lockdown maar nog steeds deur die staat gedwing word om BEE reg toe te pas. sou hulle weier, word hulle eenvoudig deur die staat oorgevat en aan BEE besighede gegee. So dan het die VF-Plus se fonds bloot gehelp om ‘n besigheid aan die gang te hou todat die BEE vereistes maar net weer toeslaan

Christel ·

En nog steeds is ongeregistreerde eenmansake wat ook maar n lewe moet probeer maak uit die equation uit ai hoe maak ons nou, my man is geretrench Desember, hy probeer sy eie elektrisiën besigheid op die been bring alhoewel ditn essensiële diens is moet bemarking gedoen word online word dit gedoen maar hy hou van face to face met my karige salaris kan ek nie ons huishouding aan die gang hou nie. hoe meer dae hoe meer dinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.