VF Plus bekommerd oor misdaad in skole

Die metropolisie het tydens ‘n klopjag op verskeie messe beslag gelê. (Foto: Ask the Chief JMPD/Facebook)

Die oënskynlike toename van wapens en dwelms in skole kan nie langer deur die Gautengse departement van onderwys geïgnoreer word nie.

Jean Kriek, die VF Plus se provinsiale jeugleier in Gauteng, sê misdadige optrede mag nie meer geduld word in ʼn samelewing waar dissiplinehandhawing by skole ʼn omvangryke probleem is nie.

In een van die jongste voorvalle het lede van die Johannesburgse metropolisie tydens ʼn klopjag by ʼn hoërskool in Doornkop vyf messe, dagga, dwelms en ʼn moersleutel by leerders gevind.

Twee leerlinge van die Jabulani Technical School in Soweto het ook onlangs poseer vir ʼn foto waar een van hulle glo ʼn 9 mm-pistool vashou.

Die leerder het na bewering met ‘n pistool by die skool in Soweto opgedaag. (Foto: Twitter)

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het in reaksie gesê die leerder was al voorheen in die moeilikheid en het na die skool geskuif nadat hy ʼn graad moes herhaal. Sy ma is glo oor sy gedrag ingelig, maar het nie veel daaraan gedoen nie.

Volgens Lesufi het die seun later aangevoer dit is ʼn speelgoedwapen. Die saak is by die polisie aangemeld en word ondersoek.

Kriek het gesê die nakoming van die Suid-Afrikaanse Skolewet, waarin van skoolbeheerliggame verwag word om dissipline uit te oefen soos in die gedragskode omskryf, het ʼn nuttelose dokument by baie skole geword.

“Daar word nou van die polisie verwag om gereeld klopjagte by skole uit te voer omdat onderwysers en leerders in vrees leef,” het hy gesê.

“Ouers word versoek om deel te neem aan ʼn demokratiese skoolbeheerstelsel en verantwoordelikheid te neem vir hul kinders se optrede op en buite die skoolterrein.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

slimvangsybaas ·

Alles gaan oor dissipline, mens kan nie verwag dat enigeiets reg sal verloop as daar nie eers meer by die huis ‘n goeie pak slae uitgedeel mag word nie. So dan sal ‘n kind mos doen nes hy/sy wil

jaco ·

waarom slaan jy nie net by die huis nie? Wat is nou regtig die kans dat jou kind, na n pak slae, REGTIG polisiestasie toe sal loop om jou te gaan aankla???
Sedert die hofuitspraak teen lyfstraf by die huis weet ek nog nie van een aanrandingsklag wat teen n ouer gemaak is nie. En ek twyfel sterk of ALLE ouers na daardie hofuitspraak skielik opgehou het om hulle kinders te slaan.

Snoefie ·

Onthou gerus, malema en n 9mm het alleen per taxi Jhb toe gereis vir Chris Hani se begrafnis. Uit sy eie !ons.

Matts ·

Kry vir julle – julle wou mos die Bybel en die lat laat verwyder! Dis die vrot vrugte wat julle kweek as gevolg van julle BRILJANTE besluite. Dan le hulle so gerieflik die skuld voor ouers se deure.

Juffrou ·

Matts ek verstaan wat jy sê, maar dis nie die “julle” wat die vrugte pluk nie, hulle sit in gerieflike veilige kantore, dis ons onderwysers wat swaar kry en soms vrees vir ons lewens.

Salamander ·

Die klomp Mallemas met die speelgoewapens, darem! Leer vroeg by ‘n liestorie staan, al is die waarheid daar vir almal om te sien!

Leon ·

Iemand hoog op het geld nodig en hy/sy maak goed geld uit die kinders uit. Hoekom sal hulle dit nou stopsit.
Met die gedrag kan hulle troepe kweek wat hulle eendag kan gebruik.

schaun ·

Die VF+ moet die onderhandeling begin vir n selfregerende tuisland waar ons skole kan he wat gedisiplineerd is en waar kinders in vrede en veiligheid kan leer,hierdie piesangrepubliek skole is ongelukkig reeds verbydie punt waar daar nog iets te red is.

gatiep ·

Hulle is ons toekomstige leiers.
Ons eie mense kan nie wakker word wat hier gebeur nie,ons mense probeer eerder om maatjies te maak met die duiwel.
Ek wil eintlik nie eens meer saam my eie mense bly nie,want kan hulle ook nie vertrou nie.Ek weet nie meer waar ek in pas nie.Ons gaan seker eendag opeindig in n police state waar alles wat jy doen beheer gaan word.

Outoppie ·

My vrou is onderwyseres. Sy word deur ń 10jarige gedreig dat hy haar gaan doodmaak. Sy wou saak gaan maak maar word gekeer. Hoe kan jy ń kind wil aangee by polisie. So wat moet sy doen?

ES ·

Outoppie – ek sal vir daai 10-jarige ‘n helse pakslae gee. Want wie dink hy is hy om enigiemand met die dood te dreig, veral ‘n grootmens?

Sal die vrees in hom in tugtug.

Doris ·

Ek wil net sê vandag se kinders is te groot vir hulle skoene hulle word in die skole bloot gestel aan al die verkeerde dinge waar is die dae wat ons met n pakslae groot gemaak is toe was daar nie sulke bedorwe kinders soos vandag nie .Kyk met watse wapens daag hulle deesdae by die skole op vat op hierdie foto ‘n kind met n vuurwapen ek hoop nie dit is n Polisie vuurwapen nie, want dit is mos wat hulle gebruik. Ouers en onderwysers daardie kindertjies sal nooit reg kom sonder pakslae nie. Nouja nou mag hulle nie meer pakslae kry nie en sielkunde gaan nie werk nie.

capitan ·

Julle oes nou wat julle saai, dit gaan net erger word. Haal God uit alles uit, wat anderrs kan jy verwag?

Moedeloos ·

Die skole is PATETIES man.

Ek het vanoggend n boelie sommer self gaan uitsort by die skool. Vir hom mooi laat verstaan wat ek met hom gaan maak as hy my kind weer so slaan.

As die skole niks doen nie sal EK!!!!

Ouer ·

Hoofde en onderwysers se hande is afgekap en hulle mag nie veel doen nie. Detensie werk nie. Die swaarste straf wat hulle mag gee is skorsing vir maksimum van 7 dae vir erge oortredings. Dit is onmoontlik om ‘n kind permanent te laat skors. Die departement sien die boelie as die arme “victim” wat berading moet kry, maar hulle gee niks om vir die ander leerders nie. Ek stel voor jy gaan maak ‘n saak van aanranding by die polisie.

Moedeloos ·

Dis wat ek vir daai seuntjie gese het. Slaan my kind nog een keer dan gaan maak ek n saak teen jou en jou ouers wat jou duidelik nie maniere kan leer nie.

Gert van Wierdapark ·

Lyk my misdaad het nou al selfs n “skoolvak” geword?!

Maro ·

Daar is meer as genoeg bewyse dat sekere kinders n goeie pakslae kort. Geen gaan sit in die hoekie vir 10min gaan hier werk nie. Dis so n jammerte want al wie werklik hieronder ly is die kind self. Met goeie dissipline sal daar n beter respekvolle kind aan die anderkant uitstap.

Michael P ·

N leerder met n pistool by die skool. Is hulle besig met opvoeding of skiet hulle movies?

KO ·

Net een oplossing, plaas jou kind in ‘n
privaat skool. Probleem opgelos

Onnie ·

Ek is self in die onderwys. Ek moet bieg, openbare skole is die slegste plek waar jy jou kind kan plaas. Goeie privaat skool is die beter opsie.

Verkeerd ·

Was nou net by die skool kind al 5 keer geskors maar Hoof bly se sy hande is afgekap is nou self besig om dit uit gesorteer te kry met n prokureur,skool al vir pa n ander skool aanbeveel kind het gedragsprobleme maar pa bly die skool blameer

Anoniem ·

Skrik wakker, Lesufi, jy het regte werk om te doen. Los Afrikaans uit.

Feite ·

Dankie ‘Droom voort”- orals in Afrika kan n mens dieselfde tendens sien, Altyd n blink motor en die nuutste ontwerpers klere maar daar is nie ordentlike paaie en sypaadjies nie. Groot huis maar net die nodigste word gedoen. Buitekant ry die gekose élite’verby die wat krepeer van ellende sonder n gedagte of hart. Niks word na gekyk of waardeer nie. Dit is net ‘me, myself and I’ vir die NOW oomblik.

marous ·

Vat hulle by die busse vol en gaan laai hulle met hul tasse op sy huis se stoep af . Hy kan dan geskok en hartseer word vir ewig .

Spook op thaba ·

Hy lyk heel gemaklik met daardie wapen. So ek wil glo dit n speelgoed wapen

Linda J ·

Snert, snert en nogmaals snert. Hulle (die regering) het dit oor hulle self gebring. Kinders mag mos doen net wat hulle wil en niemand mag iets maak nie. Dankie Vader my ouers het my ‘n goeie loessing gegee wanneer dit nodig was. Hulle moet sommer die dwelm eenheid terug bring, vandat die beheerliggaam eers in kennis gestel moet word voor die polisie ‘n klop jag mag doen is sommer nonsens. Die polisie moet geregtig wees om enige tyd enige plak by die skool op te daag. Nou dat die beheerliggaam eers inkennis gestel moet word, word die kinders ook eers gewaarsku, want baie van die bloedjies speel mos rugby, krieket ens.. vir die skool en mag hulle nie gevang word nie, ek praat uit ondervinding. Die onderwys departement leer ons kinders sommer van so vroeg soos voor skool al dat jou ouers jou nie mag pakslae gee nie. Kry vir julle, julle maak die kinders vir die Hel groot, nou wil julle kom huil. JM het mos vir hulle almal ‘n voorbeel gestel, maak soos julle wil want julle is ontasbaar. JM doen net wat hy wil en hy kom niks oor nie so sy volgelinge gaan veel erger wees. Suid-Afrika is besig om die streid teen misdaat te verloor al lankal.

Dries Moolman ·

Dis mos Lesufi se jurisdiksie. Hy behoort afgedank te word want duidelik misluk hy in sy pos. Omdat hy heeldag op twitter le!

Seeing is believing ·

Perhaps a reflection of the wonderful continent’s progressing civilization?

Hanlie ·

Daarom he my dogter besluit om Tuis Onderrig te doen met haar kinders. Dit werk fantasties, hulle is nie uitgelewer aan boelies en ander allerhande onheilighede nie. Hulle punte is baie goed, het altans verbeter vandat hulle tuis onderrig ontvang. Hulle doen nog steeds hulle sport en het goeie maatjies.

Schalla ·

Ek lag my ‘n papie vir die beriggewing dat ou Lesufi glo sê hulle weet van die kind met die wapen, dat hy ‘n graad moes herhaal, en dat sy ma ingelig is oor die situasie maar nie veel daaran gedoen het nie hahahahaha. Selfs al wou sy, wat kan sy doen noudat julle dit onwettig gemaak het vir haar om die kind ‘n loesing te gee????

NOU wil ek sien hoe al die ou SJW’s voorstel ons met hierdie DISSIPLINE probleem moet deal noudat lyfstraf selfs in die huis onwettig is want DIS WAAR DISSIPLINE BEGIN. Wat ons hier sien is die oorspoel van ‘n gebrek aan dissipline wat by die huis al begin. Asook ‘n kultuur van minagting van gesag en wet en orde.

Ek kry so lekker as die ANC ministers pleit by die mense dat die struggle verby is en dat die kultuur van wanbetaling moet ophou! Wel ek het nuus vir hulle. Ek is ook klaar met betaal. Maar ek doen dit wettig. Ek gaan my TV se tuner laat uithaal en ophou TV lisensie betaal. En ek gaan oorgaan op sonkrag en ophou ESKOM betaal. En as my kinders ongehoorsaam is by die huis gaan ek hulle pakslae gee! Wie ookal iets daaroor te sê het kan gaan vlieg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.