VF Plus bepleit spesialiseenhede vir boere se veiligheid

Die aanvallers se wegkommotor is later in die gebied gekry maar die verdagtes was egter skoonveld. (Foto: Verskaf)

Die VF Plus het gesê landelike beveiliging in Noordwes moet dringend aandag geniet.

Die party hou vol dat spesialiseenhede gestig moet word om die veiligheid van boere te verseker en sal aanhou om in die parlement te eis dat die eenhede op die been gebring word.

“Dit is kommerwekkend dat vergaderings wat in die gebied deur die polisie gereël is, nie self deur hulle bygewoon is nie. Dit skep die indruk dat landelike veiligheid nie die nodige prioriteit geniet nie, het Jan Smith, VF Plus-raadslid van die Madibeng- plaaslike munisipaliteit, in ʼn verklaring gesê.

Dit volg ná die plaasaanval Donderdagoggend op Boet Pienaar (88) en sy vriendin, Jessie Lewis (57) in Noordwes.

Die party het Pienaar en Lewis Donderdag besoek en bygestaan ná die aanval op hul plaas Barnardsvlei, in die Mooinooi-omgewing. Dit is die tweede keer in twee jaar dat hulle op die plaas aangeval is. Hulle is vir ernstige beserings behandel.

Maroela Media het vroeër berig drie persone het hulle vroegoggend met ʼn hamer aangeval. Die polisie ondersoek sake van huisbraak en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

“Misdaad in Noordwes raak almal. Die provinsie kan dit egter nie bekostig om landbouers te verloor weens plaasaanvalle nie,” het Smith bygevoeg.

Die VF Plus sal ook in ʼn amptelike versoek aan die LUR vir polisie eis dat sy departement dringend met gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) vergader om oplossings vir aanvalle op plase te vind.

“Die VF Plus sal aanhou terugslaan teen plaasaanvalle en misdaad in Noordwes en druk op plaaslike owerhede plaas om die veiligheid van inwoners te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Lollie ·

Hulle sal niks doen nie want dit is hoe ons mense van die plaas verjaag word sodat hulle op die ou einde die grond kan vat. Indien hulle nie die grond self verlaat nie word hulle vermoor! ANC ens. se taktiek!

Eben ·

Van al die VF+ se bepleit kom dadels. Die ANC lag vir… amper sê ek “ons” maar ek stel nou nie meer belang in die VF+ se multikulturalisme nie. So die ANC lag vir julle. Maar dit is reg so VF+: “Staan vir minderheidsregte”, “Slaan terug (Marelize)”, “Bepleit”, “Soebat”, “Staan bakhand”… oftewel “Mors julle tyd”. Sonder ons eie land gaan die blankes wat kan na hul nuwe “eie land”, weg van hierdie mense wat die blanke so haat en hulle verjeug in die seerkry van die blankes. Maar dit is reg so VF+… “bepleit” terwyl ons almal uitgemoor word en die land ten gronde gaan. Ons redding lê in “bepleit”!

Liza ·

Stem saam Eben, “slaan terug” met fluweel handskoene help nie. Daar moet werk gemaak word met die vestiging van ‘n tuisland, baie vinnig.

Drieks ·

Hoekom kan ons almal nie misdaad en aanvalle teen ons van die regering terug eis nie. Daar is mense wat hul werk verloor weens liggaamlik skade na aanval. Dit sal miljarde beloop en sal regering dan wakker skrik. “””Hoekom nie”””???

willem Botha ·

Die polisie glo ek nie is bevoeg om hulself veilig te hou nie bring die kommando stelsel terug of die boere moet hulle eie stelsels inbring om hulle veilig en paraat te hou.

Anna ·

Wilhelm, weet jy van die Boerelegioen? As jou eie veiligheid vir jou belangrik is, sluit aan. SIt en wag dat ander jou moet veilig hou, is totaal uit!

Jan Seerot ·

O ja, maar julle het vergeet dat dit einste Terror Lekota was wat die Kommando’s ontbind het.
Kort geheue; die mense wat COPE se lof besing.

Gemaskerde Sopbeen ·

In die goeie ou dae was daar ‘n stelsel wat genoem was “Kommando”. Onthou julle nog? Hoeveel plaasaanvalle was daar toe?

John ·

Zuma het destyds tydens ‘n vergadering aangekondig dat ‘n mega-boerderyprojek met mikro-plasies vir grondhongeres daar in die vooruitsig gestel word… Die ANC wil wes van Johannesburg so ‘n projek begin, vandaar dat die gebied ‘skoongemaak’ word en g’n polisieman is dus gepla nie. Sjinese en Indiese groenteplasies met versukkelde swart werkers word beplan… laasgenoemde wil hul goeie werkgewers vervang en eerder die slawe van uitlanders word. Kyk… Dit kom. Spyt kom altyd te laat.

Se maar net ·

Vf+ julle mors julle tyd. As dit so maklik was sou dit al lankal gebeur het. Ongelukkig ontbreek die fondse om sulke eenhede te vestig en te onderhou. Des te meer as ons praat van spesialis eenhede en nie van gewone privaat sek maatskappye nie.

humor ·

Waarom so kla oor VF + se pogings en omgee om ander mense te beveilig. My magtig man, lig jou uit die egte leer gemaklike rusbanke, laat hoor jou stem, staan dan saam en doen dan self die ding. Glo my VF+ sal dit baie verwelkom en heelhartig saam maak

Frik Lotz ·

Humor, ek stem saam met jou. Daar moet ophou kritiek gelewer word teen die VF Plus as hul iets positief probeer doen. Nee man, werk eerder saam met VF Plus om oplossings te vind en n goeie begin sal wees om VF Plus te stem. Maak die party n krag om mee rekening te hou en sodoende dinge te kan verander en n beter toekoms te skep.

humor ·

Miskien het u nou teen die tyd my kommentaar gelees. Ek kap dit in klip uit teen more, volgende week se einde, volgende maand se einde en oor 6 maande en oor n jaar het u nog niks gedoen nie.

Dries du Toit ·

@humor. Presies hierdie wat so kla is dieselfde kreature wat nog altyd teen die VF stem en agter die DA aanhardloop. Gee die VF+ n behoorlike mandaat en jy sal n groot verandering sien. Seker sal hulle nie weet hoe werk die politiek nie.

Leon ·

Dries, ek sal vir die VF+ stem indien die party onmiddelik begin werk aan ‘n tuisland waar Afrikaners hulself kan regeer. Ek wag nou al 25 jaar vir tasbare vordering, maar steeds niks. Nou is ons verder in die moeras en nou vra jy ‘n behoorlike mandaat om ‘n groot verandering te sien. Klink al hoe meer na ou NP beloftes.

Koos de Meyer. ·

Jammer dat daar altyd mense is wat kritiek lewer maar self niks doen nie. Die beste stuurman staan mos op die wal.

Dries du Toit ·

Leon daar word al jare lank gewerk aan alle vorms van selfbeskikking. Eerstens moet daar ondersteuning by die verenigde Nasies en wereld magte gekry word. Maar dit kan net gekry word as die VF+ kan se hy praat namens n volk. Daar is 4 miljoen blankes in hierdie land. Ons het ten minste 2 miljoen stemme nodig om aanspraak te maak op so volke reg

Leon ·

Dries, daar is miskien 4 miljoen blankes, waarvan ongeveer 60% dalk Afrikaans is. 70% van hulle woon dalk nog in SA, maar word nou oud. Die tyd loop uit, moet ons nog 25 jare wag? Die VF+ boesem egter min vertroue in om ons saak te stel.

Adam ·

Dries, jou argument bewys hoekom selfbeskikking onmoontlik is. Van die 4 miljoen blankes is ‘n groot persentasie Engels, ‘n enorme gedeelte is onder die ouderdom van 18jaar en nie stemgeregtig nie en nog ‘n groot deel beskou die tuisland gedagte as ‘n onding. Kortom gestel, die VF+ het ‘n hopeeloos te klein poel kiesers waaruit hul ondersteuning en selfbeskkking is gedoem tot ‘n onrealistiese droom.

Liza ·

Dries, ek is nou deurmekaar. Die VF+ soek ‘n mandaat voordat julle vir selfbeskikking kan veg. Solidariteit sê, kry selfbeskikking strukture eers in plek en dan is daar motivering om dit verder te neem met die owerhede. Klink vir my ‘n geval van wat kom eerste, die hoender of die eier. Terloops, die VN en buitewêreld gee nie ‘n snars om vir klompie Afrikaners nie, ons is op ons eie in ‘n genadelose wêreld.

Liza ·

Adam, getalle is irrelevant. Daar is onafhanklike lande in die wêreld met ver minder as een miljoen mense. Gaan kyk maar na die IMF en VN statistieke. Afrikaners wat reken ‘n eie volkstaat is onrealisties en ‘n droom kan mos in SA bly en belasting betaal, of hoe? Mense wat nie met jou saamstem nie kan mos werk vir alternatiewe.

marco polo ·

Wanneer gaan ons ophou om vir die regering te vra vir goed wat hulle in der ewigheid nooit sal toestaan nie, want dit pas nie hulle agenda nie. Hoekom kan ons dit nie self doen nie? Om net te rapporteer oor “druk” wat op die regering uitgeoefen word, klink vir my al te veel na politiekery.

Net nog 'n comme(n)t ·

Hoekom? Met trane in my hart… vra ek hierdie “vrag”… MORS ONS ons tyd hier?? Dit is tyd… Mark Shuttleworth, NASA, kan julle vir ons een MASSIVE spacecraft bou dalk? Ons gaan parkeer hom dan daarbo in die milky way vêr weg van hierdie aarde waar ons dan in vrede kan bly aangesien ons nie hier welkom is nie. Ek is seker die Here sal verstaan, Hy besit tog die heelal.

Dries du Toit ·

Mense kry uit julle koppe dat daar niks gedoen word uit ons eie geledere. Daar is uitstekende en hoogs intelligente mense wat daagliks werk om ons te beskerm teen hierdie vyandige massas. Al wat van julle gevra word ondersteun die VF, Afriforum, Solidariteit en baie besighede wat deur hulle daar gestel is. Sonder hierdie organisasies kan ons maar oppak en vlug

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.