VF Plus dán in hof oor Rampbestuurswet

(Argieffoto: Unsplash)

Die VF Plus sal volgende week virtueel in die hof verskyn om die geldigheid van die Nasionale Rampbestuurswet te betwis en aan te voer dat die regering dié wet misbruik te midde van die Covid-19-pandemie.

Wouter Wessels, woordvoerder van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê die saak is aanvanklik vir die afgelope Woensdag op die hofrol geplaas. Die waarnemende adjunk-regterpresident het egter intussen besluit dat die aansoek voor ʼn volbank regters aangehoor moet word.

Volgens Wessels sal die saak nou volgende Vrydag omstreeks 10:00 voor regterpresident Dunstan Mlambo, regter Jody Kollapen en regter Raylene Keightley aangehoor word. Die aansoek gaan virtueel plaasvind en nie in ’n ope hof nie, het Wessels verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig die VF Plus het reeds in Mei aangedui dat hy ʼn dringende hofaansoek by die hooggeregshof gaan indien rakende die voortgesette algehele landwye afsondering.

Dít nadat pres. Cyril Ramaphosa in daardie stadium aangedui het dat vlak 4 van die koronavirus-afsonderingstydperk nog vir twee weke sou geld voordat vlak 3 in groot dele van die land ingestel kon word.

Dié vlak van afsondering is intussen sowat drie weke gelede ingestel.

Volgens dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is dit baie belangrik om ʼn sinvolle balans te vind tussen die verspreiding van die nuwe koronavirus en die ontsluiting van die land se ekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JohanR ·

ʼn Volbank regters . Ek hou nie my asem op nie. Die sigaret saak wat dringend bestempel is, het nog nie ‘n beslissing in 9 dae nie. As ek ook soe na die regters kyk wat die saak gaan aanhoor het ek nog minder hoop – regterpresident Dunstan Mlambo, regter Jody Kollapen en regter Raylene Keightley.

Renee ·

Hierdie saak sal ook voor behou word vir solank dit hulle pas

Hennie J ·

Johann, jy vrese is nie ongegrond nie en ek deel jou sentimente. Tog snaaks dat dit ewe skielik n volbank moet wees waarvan van die regters nou nie onbekendes in vreemde uitsprake is nie .

Francois ·

Dit is net slim speletjies van die regering. Hulle weet volgende vrydag is so te se einde vsn die maand en soos dinge nou aangaan neem dit n maand om tussen vlakke te beweeg. So net as dit voor die hof moet kom dan duik die regering op met n aankondiging dat ons dslk na vlak 2 kan beweek

Alexander ·

Met Kollapen daar is die stryd klaar verlore. Hier kom ‘n staatgekaapte uitspraak.

Sarel ·

1. Dankie VFPlus hier het julle my ondersteuning.
2. Julle Span sal regtig baie goed voorbereid moet wees wznt julle sal ook teen die Regstelsel te staan kom

Raadslid ·

Die VF Plus het ‘n baie sterk saak. Ongelukkig as ek na die Regters kyk gaan daar nie veel ag op die feite geslaan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.