VF Plus: ‘Die harde werk begin nou’

Dr. Pieter Groenewald. Foto: VF Plus

Die VF Plus het sy steun in die pas afgelope verkiesing meer as verdubbel, maar dr. Pieter Groenewald, dié party se leier, sê die harde werk lê nou eers voor.

“Sukses bring natuurlik groter verantwoordelikhede. Die VF Plus besef dit en verbind hom daartoe om sy ondersteuners, en al die mense van Suid-Afrika in groter landsbelang, met toegewydheid en harde werk te beloon,” het Groenewald in ʼn verklaring gesê in reaksie op die party se prestasie by die stembusse.

Die VF Plus het vanjaar 414 864 nasionale stemme gewerf – in 2014 was dit 165 715 stemme. Waar hy voorheen vier setels in die nasionale vergadering beklee het, het die party in die sesde demokratiese parlement tien setels. En die VF Plus word in agt van die nege provinsiale wetgewers verteenwoordig waar hy altesaam 11 setels sal beklee.

Die party kon ook vanjaar daarin slaag om in minstens 114 stemdistrikte landwyd te wen – in 2014 kon hy slegs in vyf stemdistrikte die meerderheid stemme op hom verenig.

Beslis ʼn groei in steun waarvan ander politieke partye sal kennis neem.

Maar ondanks die party se prestasie meen Groenewald steeds kiesers se stemme en steun kan nie meer as vanselfsprekend aanvaar word nie. “Ná dese kan die regering en ander opposisiepartye die VF Plus nie langer ignoreer of as irrelevant afmaak nie,” sê hy.

“Die boodskap wat die VF Plus saam met sy ondersteuners met hierdie verkiesingsuitslag uitgestuur het, is hard en duidelik: Die mense van Suid-Afrika het genoeg gehad. [Ons is] ʼn party wat sê dat die agteruitgang in die land nie langer kan voortgaan nie.

“Ons kiesers het hulle verbind tot die VF Plus se siening dat daar teruggeslaan moet word teen die beleid en vergrype van ʼn regering wat die land tot op die randjie van ekonomiese ineenstorting gelei het en onder wie menseverhoudings ʼn kommerwekkende laagtepunt bereik het.”

Groenewald sê die VF Plus is daartoe verbind om hom te beywer vir selfbeskikking en die beskerming van minderheidsgroepe en om te help bou aan ʼn Suid-Afrika waarin al sy inwoners geborge en veilig kan voel met gelyke regte en geleenthede vir almal.

“Die finale uitslag van die 2019-verkiesing is die begin van hierdie pad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

202 Kommentare

Johan ·

Die VF+ is die dinamiese stem van die minderhede en verdien ons almal se steun.

Elna ·

Johan ek stem saam met jou een honderd persent. Ons hoop dat die VF+ sal slaag om iets vir almal te doen deur vir almal n beter lewe te skep in die koerupte Suid Afrika.

Selfregering is noodsaaklik ·

My stem was vir julle selfbeskikkingsbeleid, maak dit nou gebeur want dit is ons groot hoop vir n toekoms sonder onderdrukking.

Lewies ·

Ek hoop net van harte dat die partyleiers nou ‘n meer aggressiewe openbare beeld sal nastreef en sal afsien van sy onder die radar posisie!

Boerboel ·

Stem saam Johan. Ons hoop en vetrou dat dit die begin van goeie dinge is vir ons.

Lollie ·

Net baie jammer dat daar so baie blankes is wat draad sitters is! Hulle wil ook net die bestelling vir hulle en hulle families hê maar ag dit nie belangrik om te stem nie!
Ek ken ń vrou van 73 en ń gesin van 3 wat nog nooit eers geregistreer het nie!! Pateties!
Waarom het die EFF so goed gevaar? Hulle het baie foute maar 1 ding wat ons beslis van hulle kan leer is om saam te staan! Wanneer sal blankes saamstaan? Wanneer dit te laat is!

Niek ·

Die DA het hulle blanke kiesers begin verguis. Die Schweizer-Reneke debakel het baie skade aangerig. Die VF+ get dalk nou kritieke massa bereik. Hulle het dalk egter hulle plafon bereik. Hulle is na my mening ‘n niche party en vir het vir daardie rede beperkte groeipotensiaal.
Nietemin baie geluk VF+!

Andreas ·

Ek is bly jy is versigtig en sê, “dalk egter”. Kyk hoeveel mense is daar wat nog DA, en vir van die ander partye soos die ACDP gestem het, ‘n paar halstarriges wat nog ANC stem omdat hulle nie wil toegee dat daardie party nie werk nie. Kom ek sê vir jou daar is nog heelwat oor die miljoen mense wat by die VF+ tuis hoort, die Nuwe Groot Trek het sopas begin.

Wilma ·

Die DA leierskap is swak, maar daar sal drastiese veranderings kom. Die gemarginaliseerde Afrikaners in die DA wat vir die VF+ gestem het sal die VF+ dan soos ‘n warm patat los en terugkeer na die DA.

Andreas ·

Wilma, ek haal aan:

There was a time when men were kind
When their voices were soft
And their words inviting
There was a time when love was blind
And the world was a song
And the song was exciting
There was a time

Then it all went wrong

I dreamed a dream in times gone by
When hope was high and life worth living
I dreamed, that love would never die
I dreamed that God would be forgiving
Then I was young and unafraid
And dreams were made and used and wasted
There was no ransom to be paid
No song unsung, no wine untasted

Erica ·

Nee wat,Andreas geen groot trek! Die wiele val nog uit oor klippe en te veel wegbreekbokke,so reg ini eff+anc kraal in

Pieter du plessis ·

Nick die VF+ het n streep in die grond getrek en nog lank nie hulle plafon bereik nie,onthou VF+ is nie n party vir wit mense nie maar vir minderhede wat se regte vertrap word deur die anc en die da stem daarmee saam so watter alternatief is daar vir ons.

fred ·

ek denk die DA sal ook nie meer baie groei nie…hulle het die blankes geïgnoreer en die swartes sal liewer vir n swart party bly stem dan n kans vat by n liberale mengelmoes wat die DA nou is…
Die DA is nog altyd voorstander van BEE en konsentreer op die swart kieser…die ANC gee die “arm” swartes al wat hulle nodig het: social grants,HOP huise,gratis water,krag gratis of minimum tarief en vergeet nie dat in hulle extended families minstens 1 persoon vir die staat werk met toegang tot allerlei freebees???
Die swart elite het natuurlik BBBEE wat hulle ter alle koste wil behou…
Waarom sal hulle dan ooit vir ander partye wil stem…..hulle is nou in die beloofde….

kolla ·

Ek is bly hy praat nou weer oor selfbeskikking, het bietjie stil geraak hieroor in die laaste paar jaar. Ek dink die meeste VF+ onderseuners sal nou iets daadwerkliks wil sien gebeur. Die idee moet so gou doenlik in die parlement getoets word, behoort interessant te wees.

Kerneels ·

Dit is tyd om die vuurtjie van selfbeskikking weer hout te gee…

kolla ·

Wel, in hierdie stadium is alles onduidelik. Al hierdie planne sal baie duidelik uitgelê moet word sodat mense opsies kan oorweeg en ingeligte besluite kan neem. Dis een ding om te praat oor selfbeskikking, dis ‘n ander ding hoe prakties haalbaar dit is en hie dit uitgevoer kan word. Hulle het nou die geleentheid om te verduidelik, kom ons kyk wat gebeur.

Nee wat ai.. ·

Kolla,lerato en Jerry wat jul mense nie verstaan nie is nie die DA met al sy meerderheid stemme of die VF kan alleenlik n verskil kan maak nie..Die Anc meederheid is te groot en so ook die korrupsie…Saam kan al die party miskien n klein verskil maak hier en daar. Maar om vir n party soos die Da te stem wat reguit vir my se as blanke se hy dra nie my belange op hart nie inteendeel hy dra dieselfde sentiment as die Anc die Eff om my van my blanke regte te ontneem is maligheid en verraad teen my eie mense en kinders..Jul kan maar gal braak oor die die DA se afname in stemme en dit op die VF blameer soveel jul wil maar weet dit jul lieg vir julself jul weet waar die probleem le…Ek sal jou sommer help die EFF..Hulle stemme het vermeerder want hul maak radikale beloftes …..Dit is hulle en die Anc wat die land tot in sy pietjie toe druif niemand anders….Julle maak jul bed met die DA so respekteer die wat nie saam jul en jul Da bedmaatjies saam stem nie….

Mike ·

Die DA se val het begin daar is nie meer omdraai kans nie. Die blanke wat ‘n minderheidsgroep is en teen wie die DA se leier openlik sê hy wil diskrimineer sal nooit maklik weer stem vir hulle nie, dis meer ‘n party vir die links ekstremiste. Ek dink die blanke is besig om stadig maar seker te besef die DA is nie ons mense nie, dis nie ‘n party wat minderheidsregte en selfbeskikking as belangrik beskou nie en dis juis wat belangrikker word wereldwyd.

Ek is verheug oor die DA se afname in steun en die VF se groei dit beteken baie vir die afrikaner en ek dink dit opsigself sal ons mense weer optimisties maak.

Judge Dredd ·

Kolla, moet nou asseblief nie maak of jy selfbeskikking steun nie – jy bly mos so lekker in die DA beheerde Wes-Kaap.

Jimmy ·

Daar stry julle al klaar oor wat selfbeskikking is of nie. Maak op jul minds, of is dit die begin van ‘n skeuring.

Jerry ·

Voor die verkiesing was die VF en sy burgerregte organisasies gewaarsku dat die regte aksies reg gedoen moet word en dat te veel openlike weerstand kan lei tot n versterkte verenigde front en aanslag deur die revolusioneres teen die Afrikaner. Nou na die verkiesing is dit duidelik dat presies dit waarteen gewaarsku was gebeur het! Soos wat steun vir die VF groei, groei steun vir die EFF wie saam met die ANC die twee derde meerderheid in die parlement gaan gebruik vir radikale verandering. Die VF se vreudevure gaan van korte duur wees sodra die parlement open. Soos Pieter Groenewald tereg se, harde werk le voor en soos ek se, harde werk le voor omrede julle n lat vir julself gepluk het!

Kerneels ·

Jerry, jy laat my dink aan Genl Christiaan de Wet se eie broer wat vir hom kom vra het “het ons nog enigsins ‘n kans om die oorlog te wen?” Sy antwoord was “Is jy mal” Sy broer het toe saam die pommies gaan veg – joiner.

Manie van Worcester ·

sies tog, bly maar by blou anc en gaan saam met hulle agteruit. Ons en VF+ sal vorentoe gaan

Hannes ·

Jerry.
Dit is nou die belaglikste verskoning nog vir DA se agteruitgang.
Nou gaan julle seker nog meer na links (liberaal) beweeg om die steun wat EFF by julle gevat het terug te probeer kry.
Van DA se nierassigheid het dadels gekom.
Dit het begin toe julle, en veral julle leiers teen Helen Zille uitgevaar het oor haar siening oor kolonialisme en verwysing na Singapoer as voorbeeld om na te streef.
Harder werk en minder skreeu en dreig!!

Pieter du plessis ·

Ek stem gladnie daarmee saam nie maar respekteer jou opinie

James ·

Dis eintlik NET MOOI ANDERS OM. Wie het identiteitspolitiek begin bedryf?

Wakker word ou maat..dis laat in die dag.

Ai nee wat! ·

Jou kop raas Jerry..So nou is dit VF se skuld. Al die ander partye betrap die Afrikaner en sy regte, die skelm DA insluitend maar stadig begin sommige blanke se ogies oopgaan en begin stem vir n party wat meestals na hulle en my belange omsien en jy se wat?? Laat my raai jy is DA ne! Sien reg deur jou Jerry! Voel jy bietjie suur oor jul soveel stemme verloor het Jerry ? Stemme wat jul in in elk geval net misbruik , hul eie stemme waar die Afrikaner se eie stem vir kanonvoer teen hulself gebruik word!
Oe genade hoe belaglik.Een groot grap..Doen jouself net bietjie n guns in die toekoms en dink n bietjie voor jy dwase oningeligte nonsens soos wat jy nou kwyt raak op n sosiale medium sit..Dit stel jou regtig in n slegte lig….

fred ·

Jerry, die DA draai swart toe ,en nog altyd BEE voorstaan….hulle gaan nog blanke steun verloor naarmate hulle meer en meer swart word…..het Maimane in Dobsonville dop gehou,met hierdie toitoi en amandla kan maar min blankes hulleself identifiseer…

Mike ·

Jerry die VF se vreugdevure gaan permanent brand, die DA se vlammetjie is besig om te verflou die verkiesing het dit bewys. Die DA staan nou met sy een voet op ‘n piesangskil en die ander een in die graf.

Judge Dredd ·

So, die EFF het vooraf geweet die VF+ se steun gaan groei – en toe sy reserwe dubbelstemmers ingespan om sy eie steun op te stoot?

Moenie Twak praat nie – versoen nou maar eerder met Afroforum/Solidariteit en die VF+.

Jimmy ·

Mike, die VF+ gaan ook skeur, dit is hoe Afrikaners maar is.

Joe Olivier ·

Baie geluk en baie sterkte Dr Groenewald en VF+. Ons as kiesers het vir julle gestem omdat ons julle vertrou deur wat ons reeds in die verlede van julle gesien het. Ons vertrou dat julle die enigste party is wat die wil het om iets vir ons minderhede te doen. Ons staan bankvas agter julle en glo julle gaan nog verder groei.

Hans Richardt ·

VF+ sal moet werk aan hul plig met 23 April 1994 Akkoord, selfbeskikking begin deur bevryding van Afrikaners se denke van tonnelvisie. Selfbeskikking is om beheer van eie onderwys te neem en dit Afrikaans te hou, al moet daar meer CVO skole gestig word en uutgebrei word in groter dorpe. Al begin dit in onderbenutte kerksale en geboue. Mense kan hulself net bevry, as dit hul denke is. Niemand van buite die individu bevry enige individu nie, nie VF+ of regering nie, net Piet homself.

Weskusklong ·

Begin dadelik te werk vir geografiese selfbeskikking en die toekoms van die Afrikaner. Los die ANC se vergrepe vir die DA en ander opposisie partye om te beveg. Daar is dit swart teen swart. Die dae dat Afrikaners die groot nasionale debatte oorheers is verby, want Afrikaners sal altyd ‘n klein minderheid wees. Wees nederig, maar ferm. Dan sal swart mense die Afrikaner met empatie begandel.

Danie ·

Ons sal saam staan vir ons eie land, maar in hierdie sinkende skip kan ons nie meer bly nie.

Pieter du plessis ·

Stem 100% saam n onafhanklike staat soos waaruit Europa bestaan

Lammie ·

Ek is nou gladnie n vf+ nie, maar kom ons gee HULLE nou n kans,om te wys wat steek binne HULLE!
Praat is inderdaad makliker as DOEN

Manie van Worcester ·

Sit terug en kyk, jammer jou stem was nog by blou anc of da maar jy sal ook huis toe kom

Kerneels ·

Dis nog lank nie die einde nie. Daar is nog baie mense wat dink hulle moet DA stem om 1) ANC uit te jou 2) ‘n groot opposisie 3) hulle dink hulle mors hulle stemme op ‘n “klein” party. Alles DA leuens. Nog 1mil kon Vf+ gestem het en sou niks aan.DA se polisie verander het nie maar ons minderhede sou meer se in parlenent gehad het.

kolla ·

Ek is ”oop kop” en bereid om te luister. Kom ons hoor hulle planne want tans is daar niks tasbaars op die tafel nie, net “lugkastele”.

riaan ·

“Praat is inderdaad makliker as doen” SOOS DIE DA SO MOOI GEILLUSTREER HET IN PRETORIA EN JOHANNESBURG!!!

Chris Ws ·

Baie geluk Dr.Groenewald!Die groei in die VF+ is baie verblydend en hoog tyd.EK en my vrou is deel van die VF+ vir 25 jaar en ons was nog nie ‘n dag spyt nie.Mag die VF+ van krag tot krag gaan vorentoe.
Ons is bly dat sommige mede blankes begin sien het dat die DA net ‘n “anc -lite” party is.Hul beleide is grotendeels presies dieselfde.Wie wil met my stry?Gaan maak eers seker van jou feite!

Hendrik UAE ·

Dammit!So lank dit hulle dit en hulle dat en gee hulle nou ‘n kans bly,en dit nie ons word nie staan ONS nie ‘n kat se kans nie!

Derek ·

SKOONVELD Corné, darem iets om regtig DANKBAAR voor te wees…!!

Ben ·

Jy moet dit nie eers vra nie….los hulle net en dink hulle bestaan nie!

Erica ·

Nee wat,Andreas geen groot trek! Die wiele val nog uit oor klippe en te veel wegbreekbokke,so reg ini eff+anc kraal in

Lerato ·

Mooi beloftes Dr Groenewalt.
Die vraag is hoe gaan u dit bereik?
Die DA het deurentyd terug geslaan deur die ANC hof toe te sleep.
Wat het u party gedoen?
En wat gaan hulle doen?

Met ons hulp ·

Met ons wat saamstaan se hulp. Niks kom verniet nie. Al wat van stilstaan kom is om van jou eiendom beroof te word.

Sê maar net... ·

Praat jy nou,Lerato! Wil ek ook weet, ons sal maar kyk hoe lyk hulle hofsaak vertonings,mos bsie oor die DA te sê gehad..

Anti- DA ·

Ag asseblief tog, die DA het nog niks vermag nie. Al wat hulle goed voor is, is om na die eff te vry. Pretoria en Johannesburg het nog niks verbeter onder die da se beheer nie. DA beteken niks

TN ·

@Anti DA ___ waarom sal julle tog die waarheid praat ? JHB was bankrot onder die ANC en dit is reeds omgedraaj ! GLO julle nie aan die waarheid nie ?

Chris Ws ·

Lerato dis duidelikm jy lees nie ‘n koerant nie -nerens nie!Die VF+ het BAIE meer gedoen die afgelope 25 jaar vir blankes in die land as wat die DA kan droom om te doen.Kry jou feite agtemaar broer.Jy’s on ingelig.

Hannes ·

Jerry.
Dit is nou die belaglikste verskoning nog vir DA se agteruitgang.
Nou gaan julle seker nog meer na links (liberaal) beweeg om die steun wat EFF by julle gevat het terug te probeer kry.
Van DA se nierassigheid het dadels gekom.
Dit het begin toe julle, en veral julle leiers teen Helen Zille uitgevaar het oor haar siening oor kolonialisme en verwysing na Singapoer as voorbeeld om na te streef.
Harder werk en minder skreeu en dreig!!

Peet J ·

Ek hoop van harte dat die skikkingsooreenkoms wat die prokureurs met Transnet beding het en soos melding van gemaak is deur die VF+ om ons van ‘n leefbare pensioen te voorsien so gou doenlik realiseer. Streng gesproke is van ons pensioenarisse asgevolg van gebrek aan fondse verplig om van minderwaardige voedselsoorte gebruik te maak en sodoende ons lewemsstandaard prys te gee.

Dries du Toit ·

Die VF+ het nou n mandaad om namens n groot deel van die Afrikaner al die ongeregtighede teenoor ons aan die Verenigde Nasies te gaan uitwys. Dit is waar hulle moet begin. BEE, Grondonteiening, regstellende aksie, plaasmoorde, blatante diefstal en korupsie deur ANC. DIT IS WAAR DIE VF MOET BEGIN. Ons het daai simpatie van die wereld nodig om uiteindelik ons selfbeskikking te regverdig

Leon V ·

Goed gesê Dries. Die buiteland moet uitvind wat hier aangaan en ons moet ons mensereg tot selfbeskikking nou voor druk hier en in die buiteland.

Chris Ws ·

Dries du Toit wanneer laas het u Maroela Media gelees?Daar was berigte MET fotos van Dr.Groenewald in Europa waar hulle juis daai inligting gaan oordra het aan die Europese Unie en ander rolspelers.Dis juis EUROPA wat die anc ondersteun het om aan die bewind te kom,moreel sowel as finansieel!Nou dink u en duisende ander die buiteland gaan ONS help?Moenie dat ek lag nie!Hulle slaan als wat hier aangaan met ‘n glimlag gade en sal NIE ‘n vinger verroer om ons te help nie.

Jimmy ·

Afrikaners sal tot in der ewigheid met apartheid verbind word. Buitelanders sal nooit simpatie met Afrikaners hê nie, want apartheid word beskou as misdaad teen die mensdom.

Dries du Toit ·

Die groot aanslag teen die VF+ vanaf die liberale pers en aardskomuniste en linkses sal nou in volle swang begin. Dit is n wereld tendens. Kyk maar na die verwerplike aanslagte teen Trump. Seker sal die wat ou Steve uitgehaal het ook nou hulself loodreg teenoor die VF stel

Marc ·

Die beste manier om die aanslag te weerstaan is om soos Israel ons eie land te skep.

Kassie ·

Ons word nou alweer valslik beskuldig deur mense wat n kind in n kind se kleedkamer ingestuur het om na n wandaad te lyk. Dinge soos die gaan almeer gebeur as ons passief stilsit. Ons moet ons eie land en regsisteem wat regverdig is kry.

willem botha ·

Ek is baie positief oor die VF+ my eerste keer dat ek vir hulle stem en nou kan ek dit met trots my party noem

John ·

Luister mooi, die VFPlus is ‘n veelrassige party. Minderhede beteken alle kleiner groepe landsburgers. Anderskleuriges en ander gelowe en tale en kulture is welkom, net die leier sal wit wees… aanvanklik. Gou gaan die ‘ander’ hul pond vleis opeis. Diesulkes wil nie terug na ‘n wit regering nie en sal ook nie net gebruik wil word vir getalle nie. En waarmee sit die party…. net meer van dieselfde. Hoe dom tog. Die VF+ gaan nie ‘n Afrikanerlandjie iewers oprig nie… hou op hoop!

kolla ·

Kom ons gee hulle kans om hul planne op die tafel te sit. Ons wag in spanning.

Bianca ·

Nee,wat John…ek stem saam VF+ oortuig my ook nou nog soos in gladnie,maar kom ons gee hulle n kans….
Ekt net so idee die vreugdevure se kole is binnekort koud en die dop op

Adam ·

Baie goed opgesom John. Die VF+ se plafon is nie bokant 3 % nie want sy kieserspoel sal al kleiner word, tensy hy die nie-rassige roete volg, Die party vir “minderhede” in stede van ‘n Afrikaner party is net ‘n foefie. Die grooste verskil tussen die ANC en die VF+ is dat die een inkompetent is en die ander impotent( dit verwys natuurlik slegs na die politieke terrein).

Andreas ·

Kom ons vier fees met ‘n braai.

Graag rig ek ‘n uitnodiging aan almal hier wat vir die VF+ gestem het, ons braai vanmiddag saam, ons sit almal Skype aan, ek steek die vuur aan, ons sit gesels oor ons opgewondenheid, tuur in Skype na die vlamme, elkeen met ‘n glasie in die hand, nou en dan lig ons dit in eenstemming in ernenning van die ander se kommentaar. So by vyfuur vanmiddag krap ek die kole, almal sien op hul Skype die vonke staan, later ruik hulle die tjops, boerewors. Die biefstuk word later oor die oop vlam gebraai. Die potbrood en slaaie is al vroeër gemaak, ook is daar paptert, nou en dan sny ek so ‘n puntjie van die wors, heerlik sag, die vetjies drup so.

Adam ·

Dit is soos ek my mede-broers ken. Bid voor die tyd en drink na die tyd.

Dries du Toit ·

Uitstekend Andreas. Ek kan n lang pad saam met jou en boerboel loop

Merkur ·

Baie geluk aan die VF Plus!

Ek stem nogal saam met Hans Richardt in sy kommentaar verder bo.

Weet iemand hoeveel Afrikaners stemgeregtig was in die binne- en buiteland? Is daar ´n statistiek oor hoeveel Engelse vir die VF Plus gestem het? Het bruin mense en ander-kleuriges ook vir die VF Plus gestem?

Cherokee ·

Érens was ‘n foto van Ramaphosa wat sy stem-kaart in die kas gooi maar geen manier om te raai waarvoor hy gestem het.

Bianca ·

Nee,wat John…ek stem saam VF+ oortuig my ook nou nog soos in gladnie,maar kom ons gee hulle n kans….
Ekt net so idee die vreugdevure se kole is binnekort koud en die dop op

Werner ·

Met so min as wat die DA kan regkry sal die FV kan regkry want as julle iets kon doen sou die grap van n verkiessing tot niet verklaar gekry het en dit kon nie eens gebeur nie nou wat gee julle die idee dat julle iets kan vermag dit is nou DA en FV kan julle nie tel nie

alwyn burger ·

Die DA is veranrwoordelik vir die bes bestuurde deel van SA. . Wat meer wil jy hê?. Die DA is nie daar vit HZ of Schweizer nie. Die DA is vir SA. Al die punte van beswaar wat teen die DA gehou word is bloot akademiese niksseggendhede

Andreas ·

Uit wie dink jy bestaan die ‘bes bestuurde deel’ van SA, watter mense? Ek het idee dis vanuit die ou NP en die ou DA stal.

Kom braai liewers saam met my, sit jou Skype aan en val in by die fees.

Oom Ekonoom ·

Die DA regerr slegs die provinsie wat demografies die mees westers is, en veral was. Dit is nie tedoene aan die DA se oorwinning paar jaar terug dat die Weskaap die beste bestuur is huidiglik nie, dit is as gevolg van welvaart opgebou oor honderde jare heen en nog die minste afgebreek deur die ANC. Moet asseblief dit nie die vorige generasies se harde werk aan die DA toeskryf nie.

kolla ·

Oom Ekonoom – Jy praat twak. Die DA het in 2009 ‘n bankrot Wes-Kaap oorgeneem en dit die trots van SA gemaak wat dit vandag is.

Pieter du plessis ·

Ek onthou in die apartheid regering het Transvaal ,vrystaat KP gestem as dit nie vir die kaap provinsie was wat alewig groot gegaan het met die Np het die KP SA geregeer en sou daar nie n fw of n kortbroek gewees het nie .

Boerboel ·

GEE N KANS ASB.
Daar is nog hoop. Ons haal asem. Ons lewe nog. Laat ons ons vetroue stel in die leierskap van die VFPlus en mag die Hemelse Vader hulle die regte rigting lei. Ons moet ons vetrou op God plaas. Ons kan nie nou al tou op gooi nie Dinge het nog nie eers begin nie. Gee Kans. Goeie goed kom met tyd. Ek is seker die VF plus sal nie hulle kiesers teleurstel nie. Met die Hemelse Vader wat aan ons sy is is daar hoop. Ons moet net vertrou en gehoorsaam wees. Tyd sal leer.

Andreas ·

Op ‘n ernstiger noot sonder dan mens proes of lag:
Opgedra aan Hendrika
03/04/2019

DROOMVLINDER

In afwagting van jou raak, wag ek,
nie lank nie, voel ek ‘n briesie van daar ver,
vir ‘n oomblik, ‘n vlinder wat streel,
‘n skoenlapper, raai ek in die donker,
sag, soos een wat stuifmeel steel,

ek wonder hoe jy lyk, jou kleure, lyne,
kontoere wat komplimenteer,
het jy kolletjies op die vlerke?
My vel krimp skugter,
wagtend op die gevoel van ‘n onbekende gewaarwording,

soek,
skaam, maar nuuskierig,
baie,
in opwinding van jou volgende raak,
die fluister van vlerke soos jy oor my fladder,
toe, skielik, is jy weg,

gespanne, in oormaat van sintuie wat por,
tot breekpunt,
dan hoor ek jou
sag dartelend nader,
en ruik die stuifmeel
van elders wat jy deel.

Dries du Toit ·

Aan al die doemprofete hier bo. Behalwe vir die hoop van selfbeskikkingsreg kom ons kyk na al die legio redes waarom ons vir die VF+ moet stem. Dit is die enigste party wat saam met Afriforum, Solidariteit, Helpende hand teen al die onregte en wreedhede van minderhede veg. Dit is by verre baie goeie rede om net vir daardie redes jou kruisie agter hul naam te trek. Met 4 LP’s het hulle al bitter ver gekom. Nou is daar 10 LP’s. Dank die Vader daarvoor. As dit nie vir hulle was nie sou die wereld nie geweet het dat Ceryl n blatante leuenaar is nie. As dit nie vir hulle was nie sou ons nie gesien het hoe duisende in Flaandere die stem gesing het om aan ons hulle solidariteit te bewys nie. Soos hulle se “watch this space”

fred ·

Dries, dit is VLAANDEREN, nie Flaandere nie.?
Ons het daar ons eie Vlaamse regering .
dit is waar ek gebore is…….

Andreas ·

DROOMVLINDER

In afwagting van jou raak, wag ek,
nie lank nie, voel ek ‘n briesie van daar ver,
vir ‘n oomblik, ‘n vlinder wat streel,
‘n skoenlapper, raai ek in die donker,
sag, soos een wat stuifmeel steel,

ek wonder hoe jy lyk, jou kleure, lyne,
kontoere wat komplimenteer,
het jy kolletjies op die vlerke?
My vel krimp skugter,
wagtend op die gevoel van ‘n onbekende gewaarwording,

soek,
skaam, maar nuuskierig,
baie,
in opwinding van jou volgende raak,
die fluister van vlerke soos jy oor my fladder,
toe, skielik, is jy weg,

gespanne, in oormaat van sintuie wat por,
tot breekpunt,
dan hoor ek jou
sag dartelend nader,
en ruik die stuifmeel
van elders wat jy deel.

Andreas ·

DROOMVLINDER

In afwagting van jou raak, wag ek,
nie lank nie, voel ek ‘n briesie van daar ver,
vir ‘n oomblik, ‘n vlinder wat streel,
‘n skoenlapper, raai ek in die donker,
sag, soos een wat stuifmeel steel,

ek wonder hoe jy lyk, jou kleure, lyne,
kontoere wat komplimenteer,
het jy kolletjies op die vlerke?
My vel krimp skugter,
wagtend op die gevoel van ‘n onbekende gewaarwording,

soek,
skaam, maar nuuskierig,
baie,
in opwinding van jou volgende raak,
die fluister van vlerke soos jy oor my fladder,
toe, skielik, is jy weg,

gespanne, in oormaat van sintuie wat por,
tot breekpunt,
dan hoor ek jou
sag dartelend nader,
en ruik die stuifmeel
van elders wat jy deel.

Jerry ·

Hoe dit ookal sy, ek sal maar duim vashou vir die Afrikaner, die wat vir alle opposisie partye gestem het, omrede alle opposisie partye verteenwoordig die Afrikaner. Dit sluit die VF in wat gewys het dat hulle kan taai wees, hulle gaan egter hierdie keer baie taaier moet wees oor die volgende 5 jaar. Die VF kan nie genade verwag van die revolusioneres nie en nog minder so uit eie geledere, synde die bybelse aanhaling hier vanuit eie Afrikaner geledere van toepassing gaan bly op die VF van “tugtig diegene wie jy liefhet”! Afrikaner kiesers gaan nie net ja en amen se wanneer hulle partye fouteer nie, kiesers gaan krities wees soos wat die DA tereg op die harde manier moes leer. Die VF moet kennis neem dat hulle wel op die regte pad is en dat daar inderdaad harder werk voorle, want die meerderheid Afrikaners het nog steeds nie huistoe gekom nie. Die vreugde vure kan dus nog nie te hoog brand nie, want net dalk verbrand julle jul vingers!

Judge Dredd ·

Tyd om te versoen Jerry – julle moet nou saamstaan met die VF+.

Jimmy ·

Judgie, die VF+ gaan skeur. So, vind solank ‘n nuwe tuiste.

humor ·

Jerry stop tog jou ” hond met stert tussen die bene wat nader kruip belyd” Nerens het dit nog in Afrika gebeur nie. Die Afrika mens stel nie belang om te deel nie hy wil alles he en wil algeheel die septer swaai. Al lewe hy n pondok standaard met vervalle morele waardes en lewensstandaarde skep dit by hom die opvatting dat hy heers. Die massa wat onbegryplik anc en eff gestem het bevestig tog baie duidelik hierdie waarheid.

Piet Retief ·

Jys reg humor, kyk na wat met piet retief hulle gebeur het wat die afrika styl vertrou het. Ons gaan nie naief wees nie. Ons gaan die ergste verwag en vir die beste werk, en die beste wat ons kan kry is selfregering.

Lia ·

Eunice, ek het nouself hier by my selwers gelag vir Adam! Hy het ogal ‘n punt beet hoor!

kolla ·

VF+ maak ‘n groot gewag daarvan dat hy vir minderheidsgroepe baklei. Hulle sal hul stembasis geweldig moet uitbrei onder minderheidsgroepe van alle rasse voor mense hulle gaan ernstig opneem.

Andreas ·

So vierhonderdduisend mense wat vir die VF+ gestem het word nie ernstig opgeneem nie?

kolla ·

Wel, die DA het 3 miljoen stemme en mense het hulle nie ernstig opgeneem nie. So terloops – jy gaan aan oor die VF+ wat so veel doen vir minderhede. Wat het hulle eintlik gedoen? Universiteite se taalbeleide het verander en VF+ het sonder groot geraas maar ingeval. Plaasmoorde word gepleeg en die enigste party wat tot dusver ‘n optog na ‘n landdroshof gereel het was die DA. Waar’s die VF+, wat doen hulle?

Andreas ·

kolla, jou naam moes lasarus gewees het, uit die slaaproes soos ‘n rip van winkel opgestaan.

Derek ·

Kolla,kom ons stig n NOODfonds, vir n nuwe pak klere en das, vir die Groot Trek se leiers..??

Jimmy ·

Ja, Andreas, en die ander 17 miljoen gaan seker nie ernstig opgeneem word nie.

Jimmy ·

Derek, die leiers sal safari pakke dra met boshoed, vellies, lang groen kouse, en ‘n kam om die vleiskuif te versteek.

humor ·

Dr Groenewald inderdaad wag daar baie harde werk vir ons want hierdie klomp negatiewe mense wat die naam Afrikaner vir hulself toeeien maak dat n mens wil braak.

Dries du Toit ·

Pragtig Jerry. Party dae is dit lekker om na jou te luister. Jy is reg . Ons sal moet taaierer word. Ek het daarvoor hoop met God aan ons kant. Hy ly ons tans deur die woestyn en hy sal ons nie versaak nie. Ek is ook sterk van mening jy is ook maar aan ons kant. Jy speel n noodsaaklike rol in ons debat sodat ons bly introspeksie hou.

RATEL ·

Baie geluk Dr Groenewald en span. Ekt op 9 Mei opgestaan met n lied in my hart en kon myself goed in die oe kyk in die spieel na ek ophou stem het vir “the best of the rest” en vir my mense gestem het. Hoop jul 10 setels en 114 distrik oorwinnings kom ons goed te staan. Glo ook met al hoe meer invloed en steun van solidariteit en afriforum kan jul van krag tot krag gaan! Nogmaals knap gedaan! Slaan Terug!!!!

Jerry ·

Stem saam Kolla, die VF is nog oppad, hulle is nog nie daar waar ons vir hulle staan en wag nie. Ons is geduldig, so ons sal wag!

Ne! ·

So se my asb bietjie die wat so sarkasties sê die vreugdevure brand hoog vir die VF wat n minderheids party is en moet nou groot veranderings maak! Se my asb ek is maar dom maar jul wat so sarkasties is verduidelik net mooi en stadig vir my sodat ek jul kan verstaan wat dink of verwag jul moet hul die VF vermag terwyl julle nogsteeds DA stem???
Suurknolle bietjie?? Jul is mos DA die meederheid so kom maak jul eie planne en lig Suid Afrika uit sy penarie…toe kom nou!

kolla ·

Nee, nee wag so bietjie. VF+ het gesê die DA het gefaal en doen niks vir die mense nie. Verder het VF+ die maan en die sterre aan hul kiesers belowe. Ek dink dus net billik om “the new sheriff in town” by sy beloftes te hou, die DA is mos uitgekryt as leuenaars.

Andreas ·

kolla, waar val jy uit die bus? Gooi ons met die feite, aanhalings, statistiek, jy noem dit en ons sal soos ‘n uitgeteerde honger perd na hawer wat met plat bleekgeel tande gekou word smag en water wat daarna teen die kakebeen oor die trog af drup.

Pieter du plessis ·

Ek stem die DA het my gefaal omrede hulle so magsbehep is dat hulle vergeet het van al hulle lede,net soos die DA raadslede ook gaan sien wat gebeur as ons buurte agteruit gaan onder julle bewind.

Jimmy ·

Pieter, die VF+ is in baie dorpe en stede deel van die koalisies met die DA. So, jou party is ook te blameer.

Nooit! ·

Kan nie help om te dink nie maar soos ek sommiges se kommentaar oor die VF se vermeerdere stemme lees dat 90% DA ondersteuners is sekerlik ook tog Stormpies ondersteuners!!!
Hul moan presies dieselfde elke liewe keer met sarkasme sonder konstuktiewe oplossings , net verwaande doellose dreigemente oor hul nie hul sin kry nie… en ek wel ek kry hul eintlik jammer dat hul so jammerlik is…

Judge Dredd ·

Hulle bly nog so lekker in die Wes-kaap met oogklappe en al op.
Hulle besef nie hulle paradise gaan eindig waneer die ekonomiese migrante die meerderheid is.

Jerry ·

Ne! Jy is reg, die VF het al die goeie goed wat jy se reg gedoen en die DA het dit verkeerd gedoen, dit is hoekom so baie Afrikaners huistoe gekom het, maar o wee, toe gaan staan Pieter Groenewald en hy praat Steve se veralgemening van swartmense goed en net daar en dan besluit die meerderheid Afrikaners dat die VF nog oppad is, hulle is nog nie daar waar hulle moet wees nie, want net daar het die verkeerde onderrok weer uitgesteek! Die VF moet kennis neem dat “two wrongs does not make it right”. Die Afrikaner is gatvol vir rassisme, hetsy vir of teen! Die volgende 5 jaar se “slaan terug” sal moet gepaard gaan sonder rassisme teen rassisme. Die VF moet alle aksies wat wit en swart teen mekaar afspeel onvoorwaardelik veroordeel, ook die uit eie geledere, dan en slegs dan behoort die meerderheid Afrikaners huis toe te kom. Die volgende 5 jaar is n tyd met gesonde verstand, nie net met die hart nie. Dit is daardie enkele onbewaakte oomblikke wat ons praat voordat ons dink wat ons nog steeds duur te staan kom! Die boodskap bly ononderhandelbaar. Hou aan om die regte dinge reg te doen en veroordeel dit wat verkeerd is, ook in eie geledere!

Ai. ·

Maar jy reken ek moet DA stem dieselfde lot wat my ook wil ontneem van my wetigge bekomde grond! Dieselfde DA wat skitter in sy stilswye terwyl my nasie wreed vermoor op plase word! Die einste DA wat salig min doen om haatspraak van die EFF te veroordeel teenoor my nasie, my mense, ek..
Jy en kolla en lerato reken ek n blanke Afrikaner moet versoen met die lot en my naam agter die DA sit nes soos julle…Se my hoekom jy Jerry dink ek moet??

thinus erasmus ·

Julle praat baie, beledig, vernedig, maak verdag. Ek is te jonk maar ek is seker ek herken ń hele klomp bloedSappe.
Die punt is, as die Afrikaner nie besluit het genoeg is genoeg nie, dan was SA vandag nog net die WesKaap. ( groot trek)
Dit verg durf en daad van sterk en beginselvaste mense om ń saak te wen. Nee die VF kan en sal nie alle minderhede of rasse verteenwoordig nie, maar ons veg vir die reg dat minderhede net soveel regte as die meerderheid het.
Maar ons die Afrikaners hoef geen verskoning aanbied om ons belange bo die res van enige ander groep te bevorder nie. Niemand anders doen vir ons nie, hoekom moet ons vir die res van Afrika veg maar almal veg teen ons? Dankie Pieter en span.

Boerboel ·

Ja Kolla. Het jy nie so paar dae terug
die VF + beskuldig van Walglikke rassisme. Kan jy dit verduidelik ?

kolla ·

Nie sover ek weet nie. Soek maar daarvoor eers dan praat ons weer.

Nee wat! ·

Ja die einste kolla ek onthou ook so iets!!! Of was dit jy onder een van jou skuilname?? Bolla ,bollie….maar ek onthou jou aantuigings van rassisme teenoor die VF..

kolla ·

Ek het gesê Apartheid was ‘n walglike, rassistiese stelsel ek het ook gese dat die VF+ ‘n groot prestasie rassiste in hul geledere het. Ek volstaan by albei hierdie stellings.

Anti-DA ·

Kolla, wat jou boeties en sussies by die da, anc en eff doen verre weg erger as apartheid en groter rassiste as ons by die vf+

Dries du Toit ·

AI , moenie dat Jerry jou ontstel nie. Hy weet nie regtig waar hy staan nie. Ek vermoed hy speel duiwels advokaat. Hy ondersteun die VF+ maar geniet dit om bietjie te roer en ons warm om die kraag te maak. Hy val nou vir Steve Hofmeyer aan maar hy kan geensins bewys dat Steve n rassis is nie. Hy hou maar net nie van hom en selfs nie eers van Flip Buys wat n stuk Afrikaner uit klip gekap is nie

Pat eties ·

‘n Mens moet darem maar kinderlik pateties wees wanneer jy dink dat sowat 3.5 miljoen siele iets teen ‘n oormag van 90+ miljoen sal vermag, en dan boonop daaroor wil “braai en suip”. Al wat van die minderheid in die hool gaan oorbly is die armes, oues en die dommes. Die res gaan emigreer omdat hulle die skrif teen die muur korrek gelees het. En daarna gaan die oorblywendes totaal oorweldig en verswelg word, kwyn en binne 3 of 4 geslagte uit sterf.

Ou redenasie nie meer geldig ·

In die verlede het slimmer en ryker mense inderdaad gevlug na ander wit lande maar ander wit lande word nou ook getransformeer soos dit hier begin het, geleerdes het uit skuilplek gehardloop in n groot mate en groter wordende mate, hulle word nou ook oorval met immigrante van oraloor, en die ekonomie wereldwyk stagneer, so ons jonges en geleerdes kan nie meer net vlug nie, ons moet nou bly en die plek vir ons beter maak.

jaco ·

Almal hierbo wat vra vir selfbeskikking en ‘n eie land sal dit net kry as julle die ANC en die EFF vra om die grondwet as volg te verander:
1. Onteiening sonder vergoeding begin dadelik in alle provinsies behalwe die Wes Kaap.
2. Rassisme word finaal in die grondwet omskryf as slegs wit mense wat lelik is met swart mense. Die grondwet sê ook wat is die strawwe.
3. Wit mense wat ook burgers is van ander wit lande of wat dit maklik kan kry, word gedwing om te gaan.
4. Alle wit mense word verskuif Wes-Kaap toe.
5. Hulle mag net daar stem vir hulle eie plaaslike regering.
6. Buitelandse beleggings word wel daar toegelaat.
Dis net my hoofpunte. Daars baie meer en dit het die potensiaal om te werk. Uiteindelik lyk die Wes-Kaap soos Macao en Hong Kong. China laat hulle toe om hulle eie ding te doen en beloof om dieselfde met Taiwan te doen. So waarom doen die ANC dit nie met ons wit mense nie? Hulle is dan sulke groot vriende met China.
My voorstel kan werk. Dit sal sukkel om die begin, maar op die langtermyn gaan dit ‘n sukses wees. En dan is die gehate wit rassiste met hulle uitbuitende wit monopolie kapitaal mos eenkant waar hulle nie verder kan kwaad doen nie.

Ne..ai ·

Steve hofmeyer se aanval was nie net n aanval op Steve Hofmeyer nie maar n algemene aanval op die blanke en veral die Afrikaans sprekende Afrikaner en dit is wat julle net nie wil in sien nie oor julle reken ons blankes moet skuldig pleit tot die einde van dae en versoen tot ons die afgronde in is, waar trek n mens die streep Jerry!
My siening oor die liberale en anti Afrikaner blank politieke partye, Swart ekonomiese bemagtigings bevoordeles is dat die Afrikaner mindersheids groep as n slaansak gebruik vir hul die Anc en DA en EFf se eie politieke gewin en maak hom die Afrikaner die blaam dra vir n klomp korrupte onbevoegde lot se verbroude pogings ! Ek dink baie Afrikaner blankes het versadigings punt bereik.
Plaasmoorde op blanke Afrikaners word geignoreer en daar is geen erkenning van partye soos die DA wat aan albei kante van die vuur wil sit maar terselfde tyd doelbewus en moedswillig die blankes se nood kreet vir help ignoreer nie, Dit het hulle in gehaal!
Die lesufis onderdruk ons moedertaal die Malemas se openlik dat witheid keelaf gesny moet word sonder vervolging.Ons kinders word ontneem van werk net omdat hulle blank is en waar is die dekselse DA wat jy se ek voor moet stem? Hoe ver dink jy is ek gewllig om te versoen totdat ek sien dat dit nie help nie Jerry!? Ek staan nou vir my eie!

Cherokee ·

Waarskynlik, heel waarskynlik was hierdie die laaste verkiesing, want betroubare inligting vanuit ingeligte bronne sê, weens die verkiesings-bedrog as gevolg van swak ink, sal die blou op duimnaels aangebring word met ‘n 2 pond hamer. Die stempersentasie sal dus 0 wees.

Andreas ·

Nee, vals duimnaels met blou op gemerk, nogal met die datum inge-ets, sal ‘n paar dae voor die volgende verkiesing by supermarkte ge-koop kan word.

Andreas ·

Die OVK het mos juis ‘n dag of so gelede beduie dis nie nodig dat SA na ‘n digitale stelsel oorkakel nie, so dis nou die haas wat hulle uit die hoed getrek het.

Cherokee ·

Daai blou duimnaels met datums ingeëts by PnP en Checkers, is skerp, Andreas :-)))

Cherokee ·

Maroela, het julle werklik in jul argiewe slegs een foto van Pieter Groenewald? Of dalk twee, verwysend na die foto van hom en Hendriks.

Minderheid ·

Help my reg asb as ek verkeerd sou wees:

1) Dit was n DA lid wat die Sweizer debakel begin het. Die persoon is toe ook nooit deur die DA in die publiek geroskam nie.

2) Ek het nog nooit gehoor dat die DA regtig standpunt geneem het oor plaasmoorde

As dit verkeerd is het ek verkeerd gestem

kolla ·

Dit was ‘n DA Jeugliga-lid, nie die party se amptelike standpunt nie. DA is die enigste party wat al ‘n optog gereel het na ‘n landdroshof na ‘n plaasmoord. Jy kan stem vir wie jy wil, ons het ‘n demokratiese land nou waarin all rasse kan deelneem aan verkiesings.

Cherokee ·

Kolla, verwys ons asseblief na ènige skrywe waar die DA die “volgens jou, DA jeugdige lid” afgewys het.

kolla ·

Cherokee – Dr Lotriet se debat met Dr Mulder om een te noem.

Vintcent ·

Die werk van Afriforum en andere het mense tot insig laat kom en baie stemme vir VF+ verseker. Sosiale media help ook om die oë te laat oopgaan. Links-liberale mediahuise in SA probeer mense intimideer deur net DA, ANC en EFF propaganda te dek.

Boerboel ·

Kolla jy het OP 7 .Mei OP die ACDP blad die volgende bewerings gemaak en ook Dolf het jou Gevra om dit te verduidelik
Ek haal aan woord vir woord: Ek sal ACDP stem bo VF+ VF+ sal ek nooit voor stem nie weens die baie groot persentasie wit rassiste in daai party. Hulle ontkenning van Apartheids walglikhede is ook rede om te vermy. Gaan Lees self en Dan verduidelik jy as jy man genoeg is wat se walglikhede is daar wat jou pla. Lees ook Dolf se reaksie OP jou onsmaaklike boodskap. Die uitdaging on te verduidelik.

GP ·

Kolla drink jy water wat uit damme kom? Ry jy op 90% van die land se paaie. Werk familie of vriende by maatskapye uit die apartheids jare? Indien so se dankie apartheid want jy kry groot voordeel daaruit.

kolla ·

Korrek, ek staan by al daai stellings. Ek dink nie ek hoef uit te brei oor die walglikhede van ‘n stelsel wat as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar is nie, mense wat se menseregte vertrap is omdat hulle nie wit is nie, ens. Rassisties en walglik, sies.

TN ·

@Boerboel __ kolla is groot genoeg om namens homself te praat maar antwoord jy my aub ; glo jy NIE dat apartheid ‘n walglike stelsel was nie ?

Kerneels ·

Maar dis mos laaaaankal nie meer die geval nie, ou kolla. Beweeg aan man!

kolla ·

Ons moet die rassistiese walglikhede van Apartheid erken voor ons kan aanbeweeg. Dit blyk moeilik te wees vir die vele konserwatiewe apartheidsimpatiseerders.

PaulV ·

kolla; ek dink nie ek hoef uit te brei oor die walglikhede van die nuwe stelsels van die afgelope 25 jaar wat minderheidsgroepe se menseregte tot in die aarde vertrap, net omdat hulle nie swart is nie. Rassisties en walglik, né kolla, sies.

Andreas ·

kolla, ek leef nie in die walglikhede van die verlede nie, ek leef in die walglikhede van die hede.

Kerneels ·

Jys 100% reg Vincent, maar nou moet julle my verskoon. Ek gaan nou weer vi ou laas braai, sukkel nog steeds om smile van my bakkies af te kry!

@ kolla. ·

Kolla pluk alweer die Apartheid holrug geryde truuk uit soos ter verwagte wanneer sy standpunt wankelrig raak en blaam wil verskuif nes die Anc…
Stem VF dan is jy n rassis se hy, staan op vir jouself dan is jy n rassis reken hy.. Wat is daar verder om te se…Wel dan is ek seker maar n rassis in jou oë ou kolla..Maak in elk geval nie saak nie..
Ons kan tot more toe stoei met onbenullige woorde maar dit gaan niks verander nie..Ek glo nie in die Da nie, die VF lyk tans die meeste vir my na n party wat dink wat ek dink en daarom stem ek vir hulle..Jy is verkeerd as jy dink hul is rassisties en alleenlik net vir Afrikaner belange..
Dit is jammer dat twee Afrikaans sprekendes soos ek en jy nie die selfde standpunt kan inneem nie maar dit was nog altyd die probleem van Suid Afrika.
Die tweespalt onder sy eie land se mense..
Wie weet miskien kan die DA wat na jou belange omsien saam die VF wat na my belange omsien saam die ACDP ens staan om saam n positiewe verskil te maak teen die EFf en die Anc wat die land en sy mense so laat verniel! Wees net versigtig met jou rassisme stellings sonder feite Kolla..Mense mag verskil in hul standpunt en om belledigend te word as jy nie jou sin kry nie is ongevraagd en laat n wrang smaak agter..

Jerry ·

Kerneels ek gun jou dit om met n smile op jou bakkies te braai, jy het lank genoeg daarvoor gewag. Ek is A-polities en weet daarom hoe lekker dit is om elke dag met n smile te braai. Welkom by die “braai met n smile” klub!

GP ·

Dankie VF+. Julle bring darem bietjie hoop. Julle en ons almal moet probeer om die nie stemmers te kry om vir julle te stem.

Boerboel ·

Kolla van 94 was apartheid taboo. So waar val jy uit? VF plus is gestig net voor die 94 verkiesing deur Genl Constant Viljoen. So wanneer het dit gebeur in die party? Shame was al al toe gebore?

Boerboel ·

Apartheid was verkeerd. Ons kan nie die verlede Verander nie maar wel die toekoms. VF + het beslis niks hier mee te doen nie. Apartheid was lank voor dit in die land. Ons moes ons twee jaar diensplig doen of 6 jaar in die tronk gaan sit. Rassisme in VF + nee ek glo nie.

Andreas ·

kolla, kom die volgende liedjie se woorde by my op;” Siembamba ….. “

Kerneels ·

Ek nou al dik gebraai, Boerboel! Maar nog steeds dik tevrede!

Pieter du plessis ·

Ek kan nie glo daar is so baie oningeligtes of sommer plain stupid mense in SA nie niemand wil terug beweeg na apartheid nie ons wil vorentoe gaan en n beter lewe vir ons kinders verseker

Piet parys ·

Dankie vir Vf + vir wat julle vir die minderheidsgroepe doen . Vir die mense wat so negatief is gaan lees die beleid van die Vf + en as jy dit nie verstaan nie vra die bestuur om jou te verduidelik . Te veel mense maak aannames . Kolla kry vir jou ñ werk dat jy die land kan bou en nie af breek nie. Daai staats toelaag wat jy kry kom van die mense af wat werk . Jyt blykbaar baie tyd om niks te doen nie . ALTYD VRYHEIDSFRONT + My oê het met die ontstaan van Vf.+al oopgegaan en welkom aan almal wie se oê wel oopgegaan het.

Boerboel ·

Bly jy het hom geniet
Selde hier. Ek kry so soet smaak in my mond. VF plus soet

Dries du Toit ·

Boerboel en Kerneels. Is ek ook welkom by daardie smile en braai klub.

Gielie Hill ·

Baie Geluk. Julle is die enigste party wat vir die blankes baklei met waardigheid en trots. Daar word vir ons baklei waat dit saak maak in die parlement vat die vyand aan van aangesig tot aangesig. Nooit is daar onaanvaarbare uitsprake of tweets gemaak nie.

kolla ·

Die arrogansie van die VF+ lede is lagwekkend. Dis nou ‘n party met 2,4% van die stemme wat aangaan asof hulle die politieke landskap oorgeneem het. LOL

Kolla se polla ·

Ag ou Kolla, jy het seker BLF OF EFF, OF ANC gestem. ? arrogansie? gaan skaar jou by jou party; jy is seker 1 van diegene wat lekker kruip en nie kan staan waarin jy glo nie?

VFPlus bo!! ·

Dankie aan ons HEMELSE Vader; dankie aan die VF+ vir wat julle reeds vermag het. Dankie aan elke persoon wat vir die VF+ gestem het. Ons moet saamstaan, saambid.

Attie. ·

Kom ons bou nou saam met Dr Pieter Groenewaldt aan die toekomstige VF+. Hou op modder gooi na mekaar en wees ‘n voorbeeld vir ander groepe en as elkeen van ons deur ons gedrag net twee kiesers kan oortuig om saam met ons te staan, dan slaan ons die ander partye bloedneus in 2024. Deur onderlinge getwis sal ons egter die stryd verloor. Die DA het hul leier verloor en die huidige een is te lig vir die taak. Ons het egter leiers wat op ‘n eerlike manier die VF+ tot nuwe hoogtes kan neem. Ek is ‘n ou man wat hoop om nog eenkeer te kan stem in 2024 en ek wil ‘n voorspelling maak dat die Afrikaanses nog gaan saamstaan in die land en dat ons, net soos na Republiekwording in 1961 die Engelssprekendes gaan saambind asook ‘n groot deel van die gematigde kiesers uit ander bevolkingsgroepe. Daar is egter een voorwaarde, die onderlinge moddergooiery soos hierbo moet end kry en ons moet ons God ken in ons besluite.

kolla ·

Om met ‘n regse te redeneer is soos om ‘n plank te kry om iets te verstaan. VF+ lede ontken die geweldige impak wat Apartheid op miljoene se lewens (polities en ekonomies) gemaak het. Hulle verstaan nie dat hierdie posisie reggestel moet word voor ons kan aanbeweeg nie. Regstellende aksie is ongelukkig nodig of jy nou hou daarvan of nie en SAL toegepas word.

Judge Dredd ·

Gee ons asseblief ‘n tydstip teen wanneer die onbevoegde ANC alles reggestel sal he.

riaan ·

Regstellende aksie word toegepas om mense soos jy ‘n onregverdige voorsprong te gee want jy kam seker nie op gelyke voet meeding nie?

In elk geval wat is dit anders as rasissme?

kolla ·

Regstellende aksie is positiewe diskriminasie om die ongelykhede en wanbalanse van die verlede reg te stel.

Jepetto ·

Kom ONS kyk maar of die VF dit sal regkry om Mnr 10% ACE Premier van die die Vrystaat aan te vat

Dries du Toit ·

Kolla ag asb tog. Dit is nou 25 jaar lank wat julle daardie redenasie voer. In 25 jaar lank kon julle nog net afbreek en vat van n klrin klein minderheid. Gee daai minderheid 19 jaar en ons sal vergeet dat daar ooit n Kolla en sy gabbas ooit bestaan het

Jan de Boer ·

Tyd dat die vryheids verdrag van vereeniging na gekom moet word.. Dis op skrif en staan nog..

Judge Dredd ·

O, wat se dit? Ek is geinteresseerd.
En was die vredesverdrag nie in Pretoria geteken?

kolla ·

Ek stem maar nou praat ons oor die hoe en wanneer om regstellende aksie toe te pas. Ek praat van die BEGINSEL van regstellende aksie om die ongeregtighede van die verlede reg te stel. VF+ lede ontken die ongeregtighede onder Apartheid en is daarom heeltemal gekant teen die BEGINSEL van regstellende aksie. Verstaan jy my probleem met die ontkenning dat dinge reggestel moet word?

Thinus Erasmus ·

Ai ai, kwaai suurdruiwe manne – ons sal oor 25 jaar maar weer vir julle se: ons was reg en julle verkeerd. Maar dan sal sake baie beter vir die Afrikaner lyk as vir die res!
Onthou was dit nie vir die Afrikaner nie, sou so stukkie Kaap vandag nog Engels gepraat het en onder HM gestaan het. Dan sou Zimbabwe sommer oorkant die Karoo gele het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.