VF Plus eis Lesufi se kop

Panyaza Lesufi. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die VF Plus eis in ’n skrywe aan David Makhura, premier van Gauteng, dat Panyaza Lesufi, provinsiale LUR vir onderwys, afgedank word nadat hy hom uitgelaat het oor die feit dat die hoogste hof van appèl Pieter Doorewaard en Phillip Schutte onskuldig bevind het. Dít nadat die burgerregteorganisasie AfriForum hulle appèlkoste betaal het.

Die opposisieparty beskou Lesufi se kritiek as “onvanpas en onbestaanbaar met sy posisie as LUR vir onderwys in Gauteng”.

Adv. Anton Alberts, nasionale voorsitter van die VF Plus, sê in ’n verklaring die LUR het homself die afgelope tyd telkens besig gehou met kwessies wat niks met sy pos as LUR te make het nie. Dít terwyl daar ernstige probleme in sy departement is.

Alberts verwys onder meer na die tekort in skole gegewe die demografiese groei in Gauteng. Volgens hom verkies Lesufi om eerder Afrikaanse skole te teiken as om anderstalige leerlinge in te neem.

“Die VF Plus het dit reeds gestel dat die teistering van Afrikaanse skole onwettig en immoreel is gegewe die feit dat Afrikaanse skole slegs 6% van alle openbare skole in Gauteng uitmaak. Daarby is daar elke jaar geweldige probleme om leerlinge in skole te plaas weens die gesentraliseerde aanlyn stelsel wat nie effektief funksioneer nie.

“Daar is nog talryke ander probleme wat leerlinge se opleidingstoekoms in gevaar stel wat nie aandag geniet nie weens die politieke leierskap onder Lesufi wat aandag gee aan sake wat nie relevant is tot die departement nie.

“Dit is lankal tyd vir Lesufi om verwyder te word,” meen Alberts.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum het óók die LUR daarop gewys dat hy eerder op gehalte-onderrig moet fokus as op kleinlike aanvalle oor kwessies wat niks met onderwys te make het nie.

Lesufi het Sondag aangekondig dat meer as 41 000 leerders wat volgende jaar vir gr. 1 en 8 geregistreer moet word, steeds wag om in skole geplaas te word. Die plasingsproses in Gauteng het vanjaar eers op 1 Oktober afgeskop en duur tot Maandag 30 November. Die LUR het ook aangekondig dat laat registrasies van 22 Desember 2020 tot 22 Januarie 2021 gedoen kan word.

Volgens Natasha Venter, AfriForum se adviseur vir onderwysregte, laat dit bitter min tyd oor vir ouers wat nie daarin kon slaag om hul kinders betyds vir die 2021 akademiese jaar by ’n skool te registreer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Juffrou

Gisteraand op die nuus het hy mos so ewe aangekondig dat daar nou baie ekstra klaskamers in Desember gebou gaan word. Die bouers het lank genoeg vakansie gehad sê ta! Hoe absurd.

SomeOne

lefufi moes lankal in die pad gesteek gewees het

Pieter

Gaan maak jy graad een klaar as daar iemand is wat breindood is dan is dit jy VOETSEK

Sarel

Hirdie man is op pad na Premierskap toe. Hy is een van die ” untachebles”

Hennie J

Sy uitsprake ten opsigte van meer klaskamers is lagwekkend en spreek boekdele van sy en sy kaders se onvermoe om te beplan. Totaal onbeholpe, maar baie geholpe as aards- rassis. Sy ongelukkigheid met die vryspraak van die twee jong manne is meer ongelukkigheid met die feit dat hy en sy gespuis se aanvanklike sukses om die verhoorregter te intimideer nou deur regte Regters aan die kaak gestel is.