VF Plus help MTN-gebruikers

Argieffoto

Argieffoto

Die Vryheidsfront Plus het Maandag gesê hy bied sy hulp aan vir MTN-klante wat tot dusver nie kon regkom ná foute weens vermoedelik administratiewe probleme ingesluip het nie.

“Verskeie klagtes het die VF Plus die afgelope tyd bereik oor moontlike administratiewe probleme by die selfoon-diensverskaffer MTN rakende rekeninge,” het Anton Alberts, woordvoerder vir die party, in ʼn verklaring gesê. “Die VF Plus het daarom besluit om ʼn diens daar te stel om mense met probleme te help.”

Alberts het gesê die klagtes herinner baie aan dié wat met die e-tolstelsel se fakturering ondervind word. Dit sluit in buitensporige rekeninge en selfs rekeninge van duisende rande wat vir ongebruikte dienste uitgereik word.

Mense wat die saak reeds opgeneem het met die diensverskaffer (MTN) en nie gehelp kon word nie, word genooi om te skryf aan Neels Hattingh by [email protected].

Volgens Alberts kan daar sodoende ʼn dispuut verklaar word oor die saak en die party sal intussen die saak by die verbruikerskommissie aanmeld. “Indien ʼn dispuut verklaar is en ʼn verbruiker het sy saak daarby gevoeg, beteken dit die diensverskaffer kan nie teen so ʼn persoon optree totdat die dispuut afgehandel is nie,” het hy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann Marx ·

Gaan die VF+ dit ook doen vir miljoene blanke huishoudings in dorpe en stede wat buitensporige en verkeerde munisipale rekeninge kry?

Piet ·

Johann Marx
VF+ is reeds besig om ons te help veg teen die skelmstreke van MTN.
Vra intussen die DA om met die munisipale rekeninge te help.

Frik Lotz ·

Baie goeie werk deur die VF Plus. Dit wys die VF Plus dra mense se belange op die hart en help waar hul kan. Dis tyd dat almal begin om die VF Plus te ondersteun en sterker te maak sodat VF Plus n mag kan word waarmee rekening gehou moet word. Doen so voort met die uitmuntende werk!

GES ·

Ek is baie dankbaar dat ek ‘n skuif weg van MTN gemaak het. Dit was ‘n nagmerrie ondervinding, nie weer nie.

Tommie ·

Die swakste kliente diens! Gelukkig het my selfoon kontrak verstryk en kon ek skuif.

Vatso! ·

Wat van Vodacom wat sommer kontrakte verander en ons kliente moet net betaal? Ekt kontrak geteken en 3 maande daarna het dit net verander en ek moet dit net eenvoudig betaal. Ook kan bietjie gekyk word na die televerkopers wat aanhoudend bel en behoorlik kontrakte aan mense afsmeer, al se jy dat jy nie belangstel nie. Hulle hou aan en aaan en aaaaaaaan.

Jeanette ·

In Brits help die VF+ reeds met munisipale rekening ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.