VF Plus in Sedibeng dien klagte in teen EFF

Die VF Plus in die Sedibeng-stadsraad (Meyerton, Heidelberg, Vereeniging, Vanderbijlpark ) het ʼn amptelike klag by die raad se speaker, MM Gomba, ingedien na aanleiding van EFF-raadslede se voortdurende onbehoorlike gedrag, intimidasie en kwaadwillige saakbeskadiging binne die raadsaal.

“Die EFF se onbeskofte optrede om sprekers te verskreeu en sodoende konstruktiewe argumente en debat te verhoed, weerspieël nie die gedrag van ʼn politieke party nie, maar eerder dié van ʼn terreur-organisasie,” het Kobus Hoffman, VF Plus-onderleier in Gauteng en raadslid in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit, in ʼn verklaring gesê.

“Die VF Plus sal hierdie optrede nie duld nie en het speaker Gomba gevra om die klagte na die reëls- en etiekkomitee te verwys. Dit is die vierde raadsvergadering wat deur EFF-raadslede ontwrig word.”

Hoffman meen dit is tyd vir swaar boetes omdat die verwydering van opruiende lede geen doel meer dien nie. “Die EFF is geensins ernstig oor dienslewering nie. Hulle bevorder rassehaat en haatspraak en mors ander politieke partye se kosbare tyd. Die EFF se opruiende uitlatings (dat boere hul grond gesteel het) gedurende ʼn raadsvergadering is ʼn blatante leuen en kan nie langer geduld word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lala land ·

“Never underestimate the power of stupid people in large numbers.”

Andrea ·

VF+ het sopas my stem gewerf vir die 2019 verkiesing! Doe so voort. Vat die rooipette vas!

leser ·

swaar boetes “moet” toegepas word
verbied hulle ook die raadsaal, al is dit met polisie bystand
hoop net dit sal / kan / moet orals toegepas word
eff moet nie eers kans in ‘n raadsaal kry om te praat nie, hulle het nie verstand om beskaaf te wees nie
sorg dat mal jêman sy beurt in die hof kry

Ja Nee ·

Leser. Jy droom die VF+ het geen se nie, geheel en al in die minderheid. Die meerderheid sal maak wat hul wil verhewe bo gereg. Hulle wil he en gaan dit vat…. Behalwe as ons n stop daaraan sit…. maar gaan ons?

Christien vd Westhuizen ·

Vat hulle vas hulle is opstokers en hits geweld aan en ondermyn samesprekings

Johan H. ·

Ja Nee ek stem nie saam nie,, Vir elke stem vir vf+ beteken dit een minder vir Da of eff of anc,, So hulle maak n verskil.. Dink net as Mr lekotha en VF+ n party kon stig,, Dan sou hulle verseker n sterk stem he, beter as daaie rooiberet draers.

Thinus ·

Johan H, ek verskil van jou. Die naam Vryheidsfront beteken wat dit sê. Vryheid van ander volkere in n land van ons eie. Dit is al wat vir ons vrede kan bring.

Dafer ·

Nou-ja! Daar het jy dit. Uiteindelik! Kom ons kyk nou om te sien of die VF PLUS ‘n bietjie byt in hom het. Ek hoop so! ek hoop van harte so!

Manie ·

Dit is presies wat hulle nog die heeltyd doen om hulle gedeelte van die nuus dekking te kry. Dit is n uiterste rassistiese party en behoort verbied te word op grond van sy rassistiese uitsprake. Dit is al wat hy sy kiesers kan bied… Rassehaat

Bert ·

Hoogtyd die rooi pette word vasgevat, as ander sulke uitlatings doen word dit as rassisme beskou.

Robby ·

Mense dink met geweld en intimedasie kan jy alles en almal oorheers. Daar is nie hoop vir sulke optrede nie. Die EFF noem hulle die ” untouchables ” yea right. Dink hulle is bo verhewe die wet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.