VF Plus-jeug vier Erfenisdag en knap erfenisterreine op

Elke Suid-Afrikaner moet die waarde van sy of haar erfenis ken, verstaan en bewaar, sê Tammy Wessels, VF Plus-nasionale jeugleier.

“Ons moet weet waar ons vandaan kom, sodat ons kan weet waarheen ons op pad is. Baie erfenisterreine word verwaarloos en die waarde van die geskiedenis word onderskat.”

Sy het gesê die VF Plus-jeug vier vandag Erfenisdag deur onbekende en verwaarloosde erfenisterreine, -gebiede en -monumente in elke provinsie te besoek en skoon te maak om sodoende ‘n bydra tot die behoud van ons erfenis te lewer.

“Afrikanergeskiedenis en die geskiedenis van minderhede in Suid-Afrika word verwring deur die meerderheid om die narratief van die regerende party en radikale partye soos die EFF te pas. Ons erfenis word as politieke speelbal gebruik en dit is onaanvaarbaar.”

Die Vrystaatse Jeug het die Kroonstad Konsentrasiekampkerkhof besoek en skoongemaak. Hier het ongeveer 2 000 vroue en kinders gedurende die Anglo-Boereoorlog tussen 1899 en1902 gesterf. Die Gauteng Jeug het die Burgershoop konsentrasiekamp-begraafplaas (Krugersdorp) skoon gemaak en daar gebraai. In Limpopo het die jeug ‘n skoonmaakaksie by die Moordrift Monument in Mokopane (Potgietersrus) en in Noordwes is daar ‘n aksie in Koster en die Noord-Kaapse Jeug gaan Magersfontein besoek.

“Ons Suid-Afrikaanse gedeelde erfenis bevat beide goed en sleg, maar ons het die reg om trots te wees op wie ons is, waar ons vandaan kom en op ons voorgangers wat op verskeie wyses bygedra het tot Suid-Afrika se sukses. Daar is krag in geskiedenis en om dit te ontgin moet ons dit ken en verstaan. Die VF Plus-jeug beywer hom daarvoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

James ·

Kan ons fotos kry wat die EFF jeug liga doen ook asb. Hmm dalk waar n rookie is..

Blah blah blah ·

Ek weet wie my pa en pa se pa is. Ma en ma se ma. Ek ken my familie en lief hulle….
Erfenis? Waarom is dit belangrik?
Waar kom ek vandaan? Waar gaan ek heen?

Waar ek heen gaan maak nie saak wat my erfenis is nie – ewigheid is soveel dieper en beter as my erfenis ….

AJ ·

Die dag as jy jou self aanvaar soos jy is met al jou swak – en sterkpunte. Daardie dag het jy “grootgeword”!

Dieselfde geld vir jou herkoms as Afrikaner … !

As jy nie weet WIE of WAT jy is nie … is jy soos ‘n tiener wat op soek is na ‘n eie identitteit … met baie potensiaal maar nog ONVOLWASSE.

Monna ·

Trots op ons jeug. Ons moet almal ‘n poging aanwend en nie net sit nie!

Dankie ·

Dankie…..
baie meer !!!! as ‘n gebaar dit is ‘n
LIEFDEBLYK wat diesulke mense se optredes dryf.
Respek vir jouself en andere wat bitter skaars is, maar LEWENSVATBAAR ipv geweldadige optogte

Jerry ·

Omdat ons weet waar ons vandaan kom moet ons ook weet wanneer dit tyd is om terug te keer na ons lande van oorsprong. Die laaste kans om terug te keer na ons lande van oorsprong is gedurende CR se termyn wanneer die ekonomie herstel en die rand versterk. Na CR is die kanse weer uitstekend dat die Afrika plunder sindroom homself gaan herhaal en dat die monster in die ANC homself voor die wereld gaan ontbloot! Nodeloos om te se dat dit nie n mooi gesig gaan wees om te aanskou nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.